Molesteringsaak verder vertraag

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Die verhoor van ʼn molesteringsaak wat sedert 2018 herhaaldelik uitgestel is, is wéér Woensdag in die landdroshof op Brits uitgestel, dié keer tot Augustus. Die rede vir hierdie lang verloop voordat die vervolging kan begin, is om die beskuldigdes die geleentheid te gee om finansiering vir hul regsverteenwoordiging te reël.

Die saak spruit uit die beweerde molestering van ʼn vierjarige dogtertjie in 2018.

Die saak teen twee mans, asook die ma van die slagoffer, is tydens die voorverhoorverrigtinge eers vir 29 Augustus op die hofrol geplaas.

Die beskuldigdes en hul regsverteenwoordiger moet op 1 Junie aan die hof bevestig dat die finansiering gereël is.

Volgens Natasha Venter, adviseur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, is die verskoning die feit dat die regsverteenwoordiger nie betaal kan word nie, bloot ʼn vertragingstaktiek.

“Dit is ’n skande dat hierdie kind aan soveel sekondêre trauma blootgestel word, bloot omdat die beskuldigdes se regte bó die van die slagoffer gestel word. Hierdie saak is al keer op keer uitgestel om te verseker dat die beskuldigdes se regte beskerm word. Daar is geen agting vir die effek wat dit op die jong slagoffer het, wat nou gruwelike herinneringe moet opdiep oor wat na bewering vier jaar terug met haar gebeur het nie. Dit voorkom nie net dat die slagoffer enige afsluiting kry nie – dit is ook ’n klad op die strewe na geregtigheid,” sê Venter.

Volgens Venter wil die privaatvervolgingseenheid wel die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) komplimenteer met die aanstelling van staatsadvokaat Salomé Scheepers om die vervolging te behartig, aangesien AfriForum meen Scheepers sal haar goed van haar taak kwyt.

Die hof het dit ook gister geboekstaaf dat daar steeds geen permanente streekslanddros op Brits is wat hierdie saak gaan aanhoor nie, aangesien die voormalige streekslanddros op Brits na Ga-Rankuwa oorgeplaas is. Dit het bygedra tot die lang verloop voordat die verhoor kan begin, en dui daarop dat Ronald Lamola, minister van justisie, se stellings in die media dat sake van geweld teen vroue en kinders geprioritiseer sal word, bloot lippetaal is.

Die verhoor is op die hofrol vir 29 tot 30 Augustus, asook 7 tot 9 September geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Swerwer ·

Belaglik. Dit is ‘n kind wat hier te nagekom is, getraumatiseer is. Waarom die saak aanhou uitstel, as die beskuldiges tot nou toe nie finansiering kon kry/bekostig nie, sal hul beslis ook nie teen Augustus dit kan doen nie. Belaglik.

Gert ·

Discusting…… Laat die staat n regsverteenwoordiger aanstel!

Johanna ·

Dit is n skrydende skande teenoor so jonk kind. Trauma op trauma. Ek wonder hoeveel Kinder Terapeute het al gratis Terapie vir die dogterjie aangebied.. Daar is so behoefte aan Kinder Terapie. Ek daag Kinder Terapeute uit om aan te meld en die kind te help om hierdeur te werk..
MAAR N VERSKIL en kyk verby die geld wat jy kon maak..

Jr ·

Twak dan gee jy hom n staats verteenwoordiger wat aangestel is deur die staat.

Misky ·

Absolute snert!!!! Hulle het hul menseregte verloor die dag wat hulle daai arme dogtertjie deur die trauma en molestering gesit het. Staatsprokureur of hul kan self probeer daaruit kom.

Andre ·

En hierdie is net een van vele. As gevolg van die staat se onvermoe kom baie van die gemors weg met wat hulle aan jong kinders gedoen het. Zuma was skelm en useless, maar Cyril is besig om Zumpie verby te vat.

Jaco ·

As jy wit is in dié anti-wit SA, pas dan jouself, jou kinders, jou eiendom, alles BAIE goed op, want as jy met ons anti-wit owerhede moet betrokke raak, sal jy teëspoed kry NET omdat jy wit is.

Porseleintjie ·

In SA is wat reg is verkeerd en wat verkeerd is reg. Hartseer is dat kriminele se regte in die land belangriker is as die slagoffer sn. Hoe anders as die regering dan self die voorbeeld stel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.