Molewa stuur bemiddelaar na Kanada vir SA-brandbestryders

Die Working on Fire-span wat op 29 Mei 2016 na Kanada vertrek het om dié land te help om hewige veldbrande in Alberta te blus Foto: Working on Fire, Facebook

Die Working on Fire-span wat op 29 Mei 2016 na Kanada vertrek het om dié land te help om hewige veldbrande in Alberta te blus Foto: Working on Fire, Facebook

Die minister van omgewingsake het ʼn bemiddelaar van Working on Fire na Kanada gestuur om die dispuut op te los tussen die maatskappy se bestuur en 301 Suid-Afrikaanse brandbestryders wat ontplooi is vir hulp met veldbrande in Alberta.

Minister Edna Molewa stuur Trevor Abrahams van Working on Fire (WoF) en ʼn hoëvlakbestuurspan van WoF saam met Membathisi Mdladlana, die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris vir Kanada, om met die stakende brandbestryders te vergader en hul besware aan te spreek.

Maroela Media het vroeër berig pres. Jacob Zuma het Saterdag Molewa versoek om in te gryp om die saak op te los.

“Die minister is vol vertroue dat die saak op ʼn wyse opgelos kan word waar alle partye tevrede sal wees, waarna die brandbestryders gedemobiliseer kan word en veilig kan terugkeer na Suid-Afrika,” het Molewa se kantoor Sondag in ʼn verklaring gesê. “Indien ʼn oplossing nie gevind word nie, sal die bemiddelingspan seker maak dat die brandbestryders gedemobiliseer word en veilig na Suid-Afrika terugkeer.”

Molewa stem glo ten volle saam met die goewerneur van Alberta, Rachel Notley, dat vergoeding vir die brandbestryders regverdig en billik moet wees (meer inligting hier oor Notley se uitsprake).

Die departement sal gevolglik direk met WoF-personeel en die Kanadese regering vergader oor die voorwaardes waarop die Suid-Afrikaanse brandbestryders nou en in die toekoms ontplooi word.

Dit sluit glo ʼn memorandum van verstandhouding tussen die regerings van Suid-Afrika en Kanada in, asook ʼn gepaardgaande implementeringsplan tussen die agentskappe in Kanada en Suid-Afrika. Dié plan sal in konsultasie met WoF-brandbestryders saamgestel word.

Die 301 brandbestryders het op 29 Mei 2016 na Kanada vertrek om te help om veldbrande in Alberta te bestry.

“Working on Fire bestaan al sedert 2003 en het internasionale erkenning ontvang vir sy rol in die bewaring van die omgewing, bydrae tot die volhoubaarheid van ekostelsels en opheffing van gemeenskappe deur werksgeleenthede en vaardigheidsopwikkeling van deelnemers,” het die ministerie bygevoeg.

Jong mans en vroue van benadeelde gemeenskappe word opgelei in brandbestryding en -voorkoming asook noodhulp, houtwerk, kookkuns, gesondheid en veiligheid, spanwerk, leierskapsvaardighede en kommunikasie.

“Working on Fire is deel van die regering se uitgebreide openbarewerkeprogram wat ten doel het om werksgeleenthede te skep vir Suid-Afrikaners wat nie werk kan kry nie, en hulle met die nodige vaardighede toe te rus en hul kapasiteit te verhoog om ʼn inkomste te verseker en die formele werksplek te betree,” het die ministerie verduidelik. “Twee jong voormalige brandbestryders van Working on Fire het verlede jaar met ʼn vlieëniersopleidingsprogram by WoF se implementeringsagentskap begin en hulle sal na verwagting een dag WoF se brandbestrydingsvliegtuie vlieg.

“Ons is geweldig trots op ons goed opgeleide brandbestryders wat oor ʼn aantal jaar uitstekende werk gedoen het en deur die internasionale brandbestrydingsgemeenskap erken word.”

Lees alle vorige berigte oor Working on Fire/Kanada op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Sum ·

Die Kanadese is almal rassiste!!!
Hoekom verwag hulle werk van die ouens, ek bedoel W E R K ? Betaal hulle en laat hulle hul vakansie geniet en laat hulle sommer die toi-toi vloekdans geniet…hahaha

Mixi ·

Hehehe. Ek kan julle belowe dié was n “fatale strike” gewees en n hengse klap in die gesig vir die buite land. Hier is wat die buitelandse anti-apartheid krete hulleself ook nou begin oor die vingers tik.

tamboti ·

O vet groot lekkerkry, wakker word. As hul nie wil hoor nie, arresteer hulle , deporteer terug na SA en “FIRE” hulle, dit sal die regte optrede wees.
Maar in SA sal hul met GOUE handdruk terug gelok word en verdere beloftes van hoe poste in die regering – en dan natuurlik APARTHEID blameer!

Sum ·

jy kan hulle nie fire nie… hulle het almal brandblussers…
Kanada het te laat agter gekom die ouens hou meer van vuur MAAK as blus,.
Kanada ASSEBLIEF hou hul daar.- hulle is almal werk skeppers… vir bouers, om skole wat afgebrand is te herbou. Vir vullis verwyderaars’… na ‘n shopping. Vir panneel kloppers… na ‘drive through’. Vir polisie… na shopping. Vir apteke… alle Kanadese soek skielik pille, aaaag en vir baie ander dinge. Geniet hulle Kanada

Gys ·

En daar slaan Suid-Afrika, ons vrye demokratiese land, met sy mense regte, ons naam weer met ‘n plank.

Slegs God weet waarnatoe ons beweeg.

Jan maak n plan ·

Wat n skande. Is hulle dan nie al terug gestuur SA toe nie. As ek die Kanadese regering is dan betaal ek hulle nie n sent nie.

Gys ·

En die beste van alles is, word ons belasting weer aangewend om die kostes te dek

Vandag kaviaar, maar more brood en water !

Wat-ek-lees ·

Hulle weier glo om die land te verlaat!!
Maroela, wat is vaardigheidsopwikkeling? Sou dit die kuns wees om te staak?

Luister ·

Die ding is: daar is nou so baie teenstrydige stories, dat mens nie meer weet wat om
te glo nie. Bv. dat WoF baie geld maak, em min betaal. Ook dat die werkers nie wou staak nie, maar vehinder is om te werk. Sal seker nooit die waarheid hoor nie!

suzet ·

Sal graag albei partye se mening wil hoor wat aanleiding gegee het tot staking. Dit is nou jammer want ons is Suid Afrika.

Jan maak n plan ·

Absolute skande. Is hulle dan nie al klaar terug gestuur SA toe nie. As ek die Kanadese regering was het ek hulle nie n sent betaal nie.

Marc ·

Ek was onder die indruk dat SA vir Kanada gaan help het uit die goedheid van hul hart. Nou is salarisse n twispunt. Ek sien in die berig “voorheen benadeelde” mense word opgelei. Mense wat alles verniet en ten duurste wil hê. Ek kan nie glo hulle is so arrogant om hulle streke oorsee te gaan tentoonstel nie. Eish!

Garath ·

Ek dink dit gemeen om iemand anders wat jou hulp bemodig op te saal met petty issues wat voor die tyd uitgesorteer kon word. Die manne moet terug kom en uit eie sak betaalvir die onkoste wat aangegaan is.

John ·

Gisteraand met Kanadese naby die gebeure gepraat. Die mense lag hulle dood vir die arrogansie van ‘the darlings of the world’. Danksy die’ petalje in die rampgebied verstaan hulle die probleme in ons land nou baie beter. Ons regering moet ook nou self die ‘vure’ gaan doodslaan vir hul bedorwe brokkies.

Frik ·

Dis Afrika Staan bakhand en die wereld moet gee Maar sodra hulle vetgevoer is begin hulle met hul eise Geen waardering vir wat hulle het nie Sal eerder meer en meer eise stel Wat n verleentheid

jennefer ·

Weet nie of dit waar is, maar blykbaar “pocket” die regering die grootste deel van die geld????Daarom dat hul “strike”.

Dirk Kroonstad ·

Ek wonder of die brandslaners besef hoeveel skade hul aan ons land en hul eie persoonlike reputasie verrig het. Een ding is seker naamlik hul het veral die anc se karakter geopenbaar. Die wêreld weet nou waarmee het hul te doen met anc. Die optrede van die brandspan en anc se swak hantering steek oms land in die skande

Emile ·

Soos voorheen genoem

Die regering se dade haal hom in. Hierdie groep is met groot gejuig na Kanada gestuur oa ” “for repaying a debt to the Canadian people for their support for the anti-apartheid struggle”

Baie mooi dankbetuiging wat die 300 in Alberta betoon het.

Ook baie ironies dat 300 Spartane 2500 jaar gelede heldhaftig Sparta se naam hoog gehou het by die legendariese antieke Thermopolaye (Hot Gates) veldslag, en dat overgesetsynde 300 SA apartheidsdankseggers vandag SA se naam krater maak by Alberta se Hot Gates.

Ons vertrou die Kandese maanlig-en-rose illusie oor SA se massas word nou opgeklaar.

Nita ·

Dis nou stank vir dank! Opleiding word verskaf! Werk word geskep! Geleenthede word gegun! Alles verniet! Voorafbenadeelde bly so onvergenoeg soos gewoonlik!

Minette ·

Daar is ander artikels op die web dat die kanadese simpatiseer met brandbestryders. Die kanadese betaal verblyf ens plus $170 waarvan die bestryders net $50 kry. Waar is die verskil heen?

Johann ·

Die Kanadese vergeet dat hulle steeds hul gewone salarisse by die huis ook kry. Maar duidelik sou iemand lekker geld gemaak het aangesien Kanada 170 dollar per man per dag sou betaal.

Tim ·

Dit kom alles na die werkers besef het die Kanadese brandbestryders daar kry meer geld as hulle. Die SA manne is dan nie burgers daar nie en hul kos en verblyf word betaal, dus hoef hul ook nie belasting te betaal nie. Hul het nie dieselfde verantwoordelikhede as die burgers daar nie so hoekom moet hul dieselfde betaal word?

J ·

Onderhandel dat hulle veilig kan terug keer. Wie is dan nou onveilig in Kanada???? Die strikers of Kanadese?,? Sukkel om dit te verstaan

Ruby ·

ig, jy vat die woorde so uit my mond.

Dis reg, laat hulle hulle streke daar uithaal, dalk verstaan mense van oor die water nou beter ons daaglikse “struggle”.

Sjoe, gratis vliegkaartjie, verblyf, kos, die geleentheid om ‘n ander land te sien en KONTRAK GETEKEN.

Nee wat, kom terug en………. laat ek eerder hier stop anders word my kommentaar nie geplaas!

Tammy ·

Wat n pragtige voorbeeld van die werkers van Suid Afrika. As jy omgekrap is staak jy of vernietig. Ek is so bly dit het juis hier gebeur op so n kritieke stadium sodat die die wereld kan sien en ervaar wat n gemos ons hierdie kant beleef. Dit is net fantasties dat dit gebeur het, nou weet die wereld alles en sommer van ons regering ook. Alhoewel dit op n respekvolle wyse uitgesorteer kon word, is die barbaarse manier gekies. Mooi julle, goed gedoen! He he laat my aan n klomp skollies dink!!!!!!!!!!!!!!!

Vixie ·

Wat vir my nogal ironies is, is dat hierdie klomp nou oorgevlieg is, teen groot onkoste, om brande in Kanada te gaan bestry, terwyl hulle makkers hier in Suid-Afrika links en regs skole en geboue afbrand! Wat my laat giggel is dat hulle niks in Kanada aan die brand kan steek nie, want dit brand klaar! :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.