Moloto-pad eis nóg lewens

'n Foto van die toneel. Via Ernest Bab'Bongwe ‏@ernesto_dabig op Twitter

‘n Foto van die toneel. Via Ernest Bab’Bongwe ‏@ernesto_dabig op Twitter

Vier mense is Vrydag dood in ʼn trompop botsing op die berugte Moloto-pad, noordoos van Pretoria.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement van veiligheid, het gesê die botsing het op die R573 tussen Moloto en KwaMhlanga plaasgevind.

“Drie mans en ʼn vrou is dood, toe die sedan waarin hulle gery het en ʼn Mercedes Benz-kombi mekaar reg van voor getref het,” het Mabuza gesê.

Twee mense, waaronder die bestuurder van die kombi, wat alleen in die voertuig was en ʼn passasier in die sedan, het ernstige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“Hoewel die polisie steeds besig is om die presiese oorsaak van die ongeluk te ondersoek, lyk dit asof die botsing veroorsaak is deur een van die bestuurders wat ʼn ander voertuig gevaarlik verbygesteek en teen ʼn hoë spoed gery het.”

Pat Ngomane, die provinsie se LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, het ʼn beroep op motoriste gedoen om veiligheid op die paaie altyd eerste te stel en die reëls van die pad te gehoorsaam. Ngomane het sy meegevoel met die oorledenes se vriende en familie betuig.

Die R573 Moloto-pad is berug vir die aantal noodlottige ongelukke wat daar plaasvind. Duisende mense en busse gebruik daagliks dié roete om by hul werk in Pretoria uit te kom. Die pad is smal en het slaggate in sommige plekke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

LoxtoBride ·

Meeste moloto pad verbruikers ry soos F1 renjaers. Die grootste oortreders is die verdoemde PUTCO busdrywers, ek ry elke dag daai pad, nog nie 1 verantwoordelike PUTCO drywers tee gekom nie, dis ongelooflik dat daai busse daai spoed kan bereik. Ongeduldige drywers by verskeie kruisings is net so gevaarlik. Ek sê begin verkeersligte op sit om spoed te breek, want om pad te verbreed gaan probleem net vererger. Karre rol nie op die Moloto pad nie, hulle ry kop aan kop in mekaar vas teen ‘n spoed ver bo die toelaatbare spoed.

dink n bietji ·

Mense ek noem dit ni ongelukke ni. Dis onnosel bestuurders wat ali dood veroorsaak

Cobus ·

Dit is nie die pad nie, dit is die pad gebruikers. Ons sit met algehele gebrek en afwesigheid van wetstoepassing. Verkeersbeamptes dink ongelukkig om die snelheidsgrens af te dwing gaan die sterfte syfer op ons paaie afbring. Ons benodig dringende algehele wetstoepassing en vinniger nood mediese reaksie.

pieterdp ·

So wys dit oor en oor. Metro & SAP wat by robots en stop strate staan , boetis uit ruik en omkoop geld ontvang , nie op die paie patroleer nie is maar geen bevordering vir pad veilighuid nie.

Wicus Jansen Van Vuuren. ·

Daar is niks fout met pad nie ry hom baie, dis die idiote op pad wat ry soos varke.

Deon ·

Stem saam. Sien dit.elke oggend en middag. Geen fout met pad net bestuurders wat glo daar is geen reels nie.

Wolf ·

Die gesindheid van die bestuurders wat hierdie pad gebruik is volgens my die nr1 oorsaak van ongelukke. Geen ag word geslaan op verkeers wette en algemene padreëls nie. Voertuie word lings en regs teen hoë spoed verby gesteek op gevaarlikke hoogtes en draaie. Ek en my gesin gebruik hierdie pad daagliks, ons bid dat ons veilig anderkant sal uitkom elke dag.

Cherokee ·

Die pad is smal met slaggate volgens die berig. Die foto getuig nie van ‘n smal pad nie.

aj ·

Die busdrywers en taxis voel niks vir niemand. Boetes help niks want dit word nie betaal nie. Regering is te sleg om iets te doen teen die bestuurders of instansies.

Lance ·

Verbaas my nie in die minste as mens sien hoe wetteloos die mense ry nie …dis presies wat mens tewagte kan wees !

Manie ·

Die mense het geen respek vir padverkeerswet nie. Daar word daagliks gepraat oor die mense wat glad nie meer stilhou by n stopstraat en die wat oor rooi robotte eet ry. Het gedink dit gaan beter gaan met die DA in Pretoria maar dit is net erger. Begin om lokvalle te stel vir die korrupte verkeerspolisie

karin ·

Wat Nie vir my nie sin maak Nie is die verkeers en Polisie trek motors AF in breedstr Nie eers 6 km van die pad AF Nie .. Skryf boetes wild plaas is hulle op draai pad daardie pad DRA baie meer verkeer maar hulle werk aan kersfeesbonusse in n woombuurt .. Wonder net ????

Karin ·

Dink nou aan iets, my friend Se ma was siek so ons het laat in die nag gery van haar AF en by 2 geleenthede afgetrek en is gebully deur n manlike en vroulik polisemanne. Het Ons motor deursoek en gekrap niks gevind Nie maar Ons gelos nadat Ons gese het Ons sal verkies om polisiestasie toe te gaan. Hulle het iets by Ons gesoek.. Het ook gehoor dieselfde 2 het al geld gevat by mense .. Plaas doen hulle diens op draai pad

Ouvrou ·

Ek het daai pad vir amper 3 jaar elke liewe dag tot amper in Kwamhlanga gery. Dit is nie die Putco busse wat roekeloos bestuur nie maar die ouens wat skaars oor die stuurwiel kan sien. Hul ry soos maniake. Ongelukkig is daar gereeld busse in ongelukke maar vanwee ander roekelose bestuurders se nalatigheid.

Gert ·

Ek het daardie pad twee keer in my lewe gery.Dit was die eerste en laaste keer. Ry eerder n 500 km. draai.my hare rys nou nog en dit was al omtrent 15 jaar gelede.

Johan ·

Ek het met daardie vier mense gesels voor hulle van centurion af huistoe gery het. Hulle het gestop by spar om kruideniersware te koop. Dit was nogal n skok om te sien dat hulle nog daardie middag gesterf het. My innige simpatie aan hulle familie en vriendinne.

Johann Marx ·

Die “nuwe” Suid Afrika wil sooooo graag “Eerste Wêreld” wees dat die regering besluit het ons moet ook, soos in Amerika, aan die regterkant van die pad ry….en links om verby gaan. Toe maak hulle die volgende afkondiging: Van Maandag af sal alle karre, vir die volgende 3 weke, in die regterbane op paaie ry en links verby steek……. As dit werk, sal alle busse, trokke en afleweringsfietse ook oor beweeg na die regterbaan toe…

ha combrinck ·

Enige reel , regulasie en alle wette word deur n sekere bevolkingsgroep gesien as “opression “

Sê-maar-net ·

En nie een keer lees ek “simpatie met die oorledenis se naasbestaandes” nie…..het ons mense dan nie meer harte nie?! Ja, sommige mense ry soos otterjasies, maar dit is steeds iemand se pa’s, ma’s, boeties, sussies wat in die ongelukke sterf……….ek laat my kop in skaamte sak!

Greg ·

It is not the road’s fault that bad drivers cause accidents regularly!! I have often had drivers of all sorts of vehicles (mostly cars and bakes but never a Putco bus) overtake on the left hand side in broad daylight!! There is NO law enforcement present!!

Law enforcement is conspicuous by its absence…….unmarked police/metro vehicles and fixed speed cameras would result in numerous prosecutions of reckless drivers!!

Maybe the new DA City Council can fix this but it is going to take some seriously concerted effort by law enforcement, not just here but nationally too!!

marlien ·

Maak my woedend as mense verby ry terwyl daar n kar van voor kom- gebeur daagliks op die R25. Ek wil al eiers in my kar hou en my swing oefen om die mense wat so voor my inry met eiers te gooi want kyk nou hoeveel mense gaan dood oor haastigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.