Moloto-pad gesluit: 4 dood, 60 beseer tydens ongeluk

Foto: Netcare 911

Vier persone is dood en 60 persone beseer, waaronder 10 kritiek, tydens ʼn ongeluk Maandag op die Moloto-pad in Kameeldrift in Pretoria.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 17:15 na die toneel ontbied waar ʼn bus en ʼn vragmotor gebots het. Tien persone het kritieke beserings opgedoen en 50 persone het van geringe tot matige beserings opgedoen.

Die pasiënte word na verskeie hospitale in die gebied geneem.

Die pad is gesluit vir verkeer.

Meer besonderhede volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Avra ·

Mense ry op daardie pad asof die duiwel op hul nek sit en agter hul ore vastrap.

So jammer vir die mense wat oorlede en beseer is.

Kriekie ·

Op ons Whatsapp streekgroep het iemand fotos gedeel van die bus waarvan die voorkant heeltemal weg is en n pantserwa wat net sy neus verloor het. Die hele kajuit is ongeskonde. Daar is n soliede sperstreep op daardie plek maar mense steek nog steeds verby asof hulle dit mag doen.

Annette ·

Dit is baie sleg. Jammer vir al die beseerdes en familie van die oorledenes.

leser ·

netcare 911, julle verrig wondere onder omstandighede, ek SALUEER julle

Gemaskerde Sopbeen ·

Nee, nie pad van die dood nie? Pad vol idioot padgebruikers wat nie verstaan waarvoor ‘n soliede wit lyn daar geverf is nie!!

Gemaskerde Sopbeen ·

As hierdie nou my land was, sou ek voorgestel het dat die Departement van Vervoer ‘n TV veldtog loods om mense bewus te maak van die “regte manier” en die “verkeerde manier” om te bestuur….en dit in ELKE advertensie breuk uitsaai sodat mense gereeld daaraan blootgestel word. Ongelukkig word ‘n 18 jarige vir ‘n week of twee gedril met K53….en dan losgelaat tussen mense wat soos hooligans bestuur………..en binne 2 weke daarna bestuur daardie 18 jariges net so, want dis al wat hulle sien. Voertuig bestuurders in SA verstaan WAT ‘n soliede wit lyn beteken nie………….maar nou ja, soos ek gesê het…AS hierdie my land was, maar dit is nie….Dis nou die “meerderheid” s’n…..laat hulle maar bestuur NES hulle wil!!!

Varkie ·

Ek dink nie dis bloot van sien dat hulle so bestuur nie, maar hoekom moet ek doodstop by n stop teken of wag tot n lig groen is as die taxi dit kan doen sonder vervolging? Ek kry niks daarvoor en mors my eie tyd, so ons almal maak nou ons eie reels, party neem dit net te ver met oor rooi ligte jaag en verby vat om wit lyne

Theresa ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie Avra. Die busse begin nou ook sulke vreeslike kanse vat soos die taxi’s.

Pierre ·

Dit is ongelukkig nie net die Molotto Pad nie, Mabhopane Snelweg, Hornsnek noem maar op, van die gruste ongelukke vind daar plaas. Ek stap daagliks kantoor toe en kruis Hans Strydom by Waterkloof Hoerskool. Dit is slegs genade dat daar nie mense raak of doodgery word by die verkeerslig nie. Mense ry van n oostelike rigting en kom in die linkerkant opgejaag waar daar nie ‘n baan is nie, net om nie te moet staan en hulle beurt afwag nie. Dit is roekeloos van hulle want nou moet die voetgangers uit hul pad uitspring omdat hy onwettig ry. Mense se oordeel is die grootste oorsaak van alle padongelukke.

Johan Pretorius ·

Sperstrepe word oor die hele Suid Afrika geignoreer. Daar is geen orde en geen dissipline op die paaie nie. Padgebruikers ignoreer alle padreels en gaan soos besetendes op die paaie tekere. Dit weerspieel maar net die verval in die land wat die afgelope 24 jaar plaas gevind het .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.