Momberg: ‘Ek stem nie saam met die uitspraak nie’

Vicki Momberg. Foto: ANA.

Vicki Momberg (48), die vrou wat skuldig bevind is nadat sy verlede jaar op videokamera vasgevang is waar sy ʼn Johannesburgse polisiekonstabel die k-woord genoem het, het Vrydag gesê sy stem nie saam met die bevindings wat die gelykheidshof vroeër vandeesjaar teen haar gemaak het nie.

Momberg was in Februarie 2016 die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval in Northriding in Johannesburg. Sy is kort daarna op beeldmateriaal vasgevang waar sy rassistiese uitlatings teenoor ʼn polisiebeampte maak. Tydens haar vorige hofverskyning het die staat gesê sy het die k-woord 48 keer in die video gebruik.

Momberg het Vrydag in die Randburg-landdroshof ontken dat sy die uitspraak van die gelykheidshof dat haar woorde haatspraak en opsetlik was, betwis.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het haar gevra: “Verstaan ek jou reg? Die uitspraak is verkeerd?”

“Hy [die landdros] weet wat hy doen en ek weet wat daardie aand gebeur het. Ek het nie opsetlik uitgegaan daardie aand nie,” het Momberg gesê.

Die gelykheidshof het Momberg opdrag gegee om ʼn geïntegreerde gemeenskapsdiensprogram asook sensitiwiteit-opleiding deur die Menseregtekommissie by te woon. Sy moet ook R100 000 aan konst. Clement Mkhondo betaal vir wie sy die k-woord toegesnou het.

Momberg het Vrydag gesê Mkhondo het haar hof toe gesleep vir “monetêre redes” en nie omdat hy beledig is deur die woord nie aangesien hy nie die geld aan liefdadigheid geskenk het nie.

Sy het gesê sy is bereid om die voorgeskrewe programme te volg, maar stem nie saam dat haar uitsprake haatspraak was nie.

Die hof moes Donderdag vir ʼn rukkie verdaag toe sy in trane uitgebars het voordat sy vir die vonnisverrigtinge kon getuig, waartydens sy om verskoning vir haar uitlatings gevra het.

“Daar is geen woorde wat kan verduidelik hoe ek gevoel het van die gryp-en-spaander-voorval af tot al die voorvalle daarna nie. Ek besef daar is mense wat daardeur geraak is en ek het probeer om verskoning vra. Talle het dit verwerp en ander het dit aanvaar,” het sy emosioneel gesê.

“Dit is ʼn baie vernederende ding wat ek gedoen het en dis ʼn groot verleentheid.”

Die saak is uitgestel tot 7 Desember.

Lees alle vorige berigte oor Vicki Momberg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Adam ·

In die land kan jy maar roof moor en aanrand en dis reg voor die howe as jy Swart is Jy mag net nie die K woord gebruik as jy wit is nie en die Swarte kan jou maar teister Sy moet vir haar n goeie prokureer kry en apél aan teken

jan_alleman ·

dit is belaglik , blankes word geteiken oor n woord maar niemand se oe of aaah oor rassistiese AANVALLE EN MOORDE op blankes nie !!!

HPV ·

Hoop die hof straf haar regverdig, soos hulle ‘n swart vrou sou straf, nie soos witmense alleen die afgelope tyd vir soortgelyke oortredings gestraf is nie.

Eish ·

Sit liefs n wag voor jou mond.
Ek wonder hoeveel van ons sal so n pak slae kan bekostig?

jan_alleman ·

maar doen moet alle plaasaanvallers ook mos 100000 betaal aan die boere wat hulle geslaan het ?

Boerseun ·

@Jan Alleman: Ek stem saam, maar dan moet swart moordenaars van blankes honderde miljoene opdok vir die gruwelike en wrede rassistiese haatmoorde op blankes!!!

Lientjie ·

Hierdie vrou kan bly wees sy het so lig daarvan afgekom. dit kon veel erger gewees het. leer ook in die vervolg om nie jou goed oop en bloot in jou kar te laat le nie.

Vorige Benadeelde ·

Hoe redeneer die vrou? Omdat die ou nie die geld aan liefdadigheid skenk nie…. Dis mos HY wat die slagoffer was en vergoed moet word vir persoonlike krenking van waardigheid. Toon duidelik geen berou nie. Hoop sy kry tronkstraf miskien sal dit haar leer om eerder haar mond te hou.

fanie ·

Vorige benadeelde
Jy weet nie van wat jy praat nie tot dat jy dit oorkom

fanie ·

Dan is sy nog so ordentlik om verskooning te maak en haar self te verneder in die hof ek wil net graag aan die vrou sterkte toe te wens en aan haar se dat sy nooit haar waardighei moet verloor nie

Freud ·

Gaan die universiteit student ook vervolg en 100k beboet word? Ek dog maar net ek vra….
In hierdie land lyk dit vir my is daar geen gelykheid onder die reg nie… dit is net hartseer dat dit so moet wees.

fanie ·

Sou daar enege moelikheid gewees het as die ander persoon haar privaat besittings uitgelos het en dit gerispekteer het. As hy respek van haar verwag het moes hy haar ook gerespekteer het hy het die ding uitgelok en nou moet die slagoffer die skuldige gemaak word watter klug is dit moet die blankes maar net altyd aan die kortste ent trek genoeg is nou genoeg dit kan nie so aangaan nie volgens my is sy onskuldig dit was n reaksie op skok niks anders nie mens tree abnormaal op in n geskokte toestand haar verhoor is rasisties en onregverdig

Grotman ·

Lientjie en Vorige veroordeelde! Ek wens ek kon tans die regte woorde vind om vir julle te se! Lees maar binne die lyne.

Koos ·

Gaan hy belasting betaal, dit is mos geld wat hy verniet kry.

peet J ·

Of ‘n mens nou die K woord eenkeer gebruik het of ‘n honderd keer wat is nou die verskil, ek dink enige ander mens sal die woord as ‘n vloekwoord op daardie stadium gebruik om uiting aan sy /haar gevoelens te gee dink aan die skok wat jy ondergaan wanneer so- iets jou oorkom die skade wat aangerig is ens.

Riette ·

En hoe verstaan ons wat ander rasse ander mense noem in hul taal?
Net omdat die ‘K” woord algemeen bekend is word dié vrou só hard gestraf.
Daar gaan nuwe howe gebou moet word om haatspraak sake daagliks aan te hoor, sosiale media is bv daagliks vol daarvan ook…….

Charles Skeen ·

Vir interessantheid: HAT : larine of my lanie : rassistiese neerhalende benaming vir ‘n blanke.
“makuvha : rassistiese benaming vir ‘n blanke wat volgens die seer :- nie maniere het nie

Wat daarvan?

Dit word vryelik in die omgang gebruik en geuiter teenoor blankes elke dag.

Lena ·

Wat aan háár gedoen is, word geensins in ag geneem nie. Dít maak duidelik nie saak nie. Erg en aaklig soos die ervaring vir haar as vrou was. Daar word nie in ag geneem dat sy geskok en getraumatiseerd was nadat sy beroof is nie. Wat sy gesê het, was verkeerd, maar wat aan haar gedoen is, was uiters verkeerd. In daardie situasie was die polisie veronderstel om die sterk arm van die gereg te wees wat ‘n weerlose vrou soos sy in ‘n roofsituasie sal beskerm en ondersteun terwyl hulle begryp dat die slagoffer van misdaad bevrees, geskok en getraumatiseerd is en daarom onredelik mag optree. Maar die teendeel is hier waar. Die een wat moet beskerm en ondersteun, word skielik die arme verontregte. Sy wat geskok en in trauma is ná wat gebeur het, word nogeens slagoffer, dié keer van fyngevoelige lamlendigheid. Waar is die krag, logika en ondersteunende empatie van ware geregsdienaars? Polisie voer tog nie ‘n stryd van ras teen ras nie, maar ‘n stryd van reg teenoor verkeerd, ‘n stryd teen misdadigers wat onreg doen aan onskuldige wetsgehoorsame burgers. Nou word daardie onskuldige gebrandmerk as misdadiger as gevolg van misdaad teen haar. Ag nee wat, konstabel. Jag misdadigers, nie onskuldige slagoffers van misdaad nie. As jy ‘n ware polisieman wil wees, wees dan ‘n man. Moenie in ‘n krisissituasie fyngevoelig raak en soos ‘n slagoffer optree nie. Sterkte Vicky. Wees dapper. Die wind sal eendag gaan lê.

HPV ·

Lena, jy is reg, as sy swart was sou sy waarskynlik berading ontvang het! Ongelukkig behoort sy aan die wit minderheidsgroep wat in soortgelyke hofsake genadeloos beboet is.

Andre ·

R100 000 vergoeding aan die konstabel?!! Absoluut absurd! En die swart studente met hul haatspraak op sosiale media word niks aan gedoen nie

Pieter ·

Hoe word die R100 000 bepaal?Word die trauma wat sy beleef het en die feit dat sy geen gereelde inkomste het, in aanmerking geneem? Die hof dop die toets as dit oor regverdigheid gaan, of moet ons nou maar aanvaar dat wittes altyd anders as swartmense hanteer gaan word deur die sg “gelykheidshof”?

BANG JAN SE VROU ·

Maak nie saak hoe ongewild die uitspraak teen mev Momberg is nie, wittes moet leer om hul monde te hou. hier is is dit nou so reg uit die Bybel: DRAAI JOU ANDER WANG.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.