Momberg: Hof wag op maatskaplike verslae

Vicki Momberg. Foto: ANA.

Vicki Momberg (48), die vrou wat skuldig bevind is nadat sy verlede jaar op ʼn videokameragreep vasgevang is waar sy ʼn Johannesburgse polisiekonstabel die k-woord genoem het, sal eers in 2018 gevonnis word weens uitstaande maatskaplike verslae.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het tydens Woensdag se vlugtige verskyning in die Randburg-landdroshof vir landdros Pravina Raghoonandan gevra om die saak uit te stel.

Momberg was in Februarie 2016 die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval in Northriding in Johannesburg. Sy is kort daarna op beeldmateriaal vasgevang waar sy rassistiese uitlatings teenoor ʼn polisiebeampte maak. Tydens haar vorige hofverskyning het die staat gesê sy het die k-woord 48 keer in die video gebruik.

Baba het gesê Kevin Lawler, vir Momberg, het hom in kennis gestel dat die maatskaplike werkers gesê het hulle het 21 dae nodig om ʼn vonnisverslag op te stel en dat hul kantore vir die feestydperk sluit.

Die saak is tot 26 Januarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

christa ·

word die saak ook nou weer uit verband geruk. Malema mag alles doen maar geen haan kraai daaroor nie. Hierdie land is verander tot ‘n dubbele standaarde land.

Pieter Jooste ·

As iemand jou voor die hof daag vir die woord, se jy is n muslim en dat jy die woord gebruik as n ongelowige. As hulle dit wil daag, dan daag hulle die woord….se ma net

Werries ·

Hoe ver is hulle met die man wat haar geroof het. Hy is mos al gevang of hoe? Ek is seker hulle sal eers vir hom op sluit voor hulle met die snert besig is waar mee hulle besig is.

Cherokee ·

Miskien gaan hulle vir hom ‘n huis persent gee en ‘n bees slag.

Eish ·

Die omie met die baard op die foto wie se oë so dwaal, eish, dit sal n seën wees indien die saak afgehandel is.

Johann Marx ·

Ek is gister ook voorgekeer deur Incompetence. Hy wou my allerhande vragies vra wat NIKS uit te waai het met “verbetering van bestuurder gedrag” nie. Ek het ook 48 keer aan ‘n woord gedink……..Die wag voor my mond gaan hierdie Krismis ‘n bonus kry.

Uvonka ·

Grappie, die woord waaraan jy gedink het was seker Krismis x 48…………….!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.