Momberg in hof vir appèlaansoek

Vicki Momberg. Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency

Vicki Momberg se aansoek om appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis is Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg uitgestel.

Die saak is uitgestel om Momberg se nuwe regsverteenwoordiger, adv. Anesh Sukdeo, kans te gee om die besonderhede van die saak te bestudeer. Die staat het aangedui dat hy gereed is om met die aansoek voort te gaan, maar het nie die aansoek om uitstel teengestaan nie. Die saak is hierna tot 11 Junie uitgestel.

Momberg het tydens haar verskyning in die streekhof in Randburg in Februarie haar regsverteenwoordiger, Kingdom Onah, openlik beledig deur te sê hy is onbevoeg en sy wil hom nie meer as haar regsverteenwoordiger hê nie. Onah het pro bono vir Momberg opgetree, maar toe aansoek gedoen om aan die saak te onttrek.

Momberg is in Maart verlede jaar drie jaar tronkstraf opgelê, waarvan een jaar opgeskort is, nadat sy in 2016 op video vasgevang is waar sy ʼn polisiebeampte herhaaldelik die k-woord noem. Sy is ook skuldig bevind op vier aanklagte van crimen injuria.

Sy is in Augustus op borgtog van R2 000 vrygelaat hangende die uitslag van die appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis.

Momberg het geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronkstraf vir rassisme opgelê is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GP ·

Sterkte Vicky. Hierdie hele saak is belaglik in die lig van wat ander mense kwyt raak en net niks oorkom nie.

Hanna Hoekom ·

Kyk nou net na die video op Facebook waar die BLF die moord op blankes oop en bloot uitbulder. En dan Malema wat in n onderhoud vra dat blankes “nie nou al” doodgemaak moet word nie, dalk later… MRK het laasweek bevind dat hierdie nie haatspraak is nie. Surprise, surprise! Vici se enigste sonde is die feit dat sy blank is.

Stormjaars ·

Sodra ek sien dat malema en die goed van dlf ook in die hof staan sal ek weet die wet werk.

Corné ·

Verstaan ek reg dat sy tans op borgtog uit is en NIE in die tronk is nie?

Ma ·

Ai kom ons wees net geduldig met mekaar op hierdie kommentare. Ni nodig om mekaar so te hap ni. Ek is ook ni altyd seker ni omdat dit ni al is wat ek doen nie. Ek werk ook nog tussen in en loer net vsn tyd tot tyd vinnig om op hoogte te bly

ne ·

Vicky, jy het in woede opgetree. Ewe skielik is die “k” woord ‘n vloek woord. Ons het so groot geword en gebruik die woord nog gereeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.