Momberg moet dalk haarself verteenwoordig

Die Randburg-landdroshof. Foto: Lindi Masinga/ANA

Vicki Momberg, die vrou wat verlede jaar op videokamera vasgevang is toe sy ʼn Johannesburgse polisiekonstabel die k-woord genoem het, sal haarself moet verteenwoordig indien haar regsverteenwoordigers nie by haar volgende hofverskyning is nie, het ʼn Randburg-landdros Dinsdag gewaarsku.

Landdros Pravina Raghoonandan het tydens Momberg se vlugtige hofverskyning aan haar gesê geen verdere uitstel sal toegelaat word nie. Indien Momberg se regsverteenwoordiger weer nie teenwoordig is tydens die volgende hofverskyning nie, sal sy self haar slotbetoë moet lewer.

Greg Morris vir die verdediging het Dinsdag die hof versoek om die saak uit te stel omdat adv. Joe Davidovitz nie teenwoordig was nie, aangesien hy ly aan erge stres en Parkinson se siekte. Morris het ʼn doktersnota by die hof ingedien waarop aangedui word dat Davidovitz eers op 13 Oktober weer beskikbaar sal wees.

Die prokureur het toe aan die hof gesê die saak kan eers einde Oktober voortgaan omdat Momberg na KwaZulu-Natal wil reis. Raghoonandan het gesê sy het begrip daarvoor dat Davidovitz nie gesond is nie, maar gaan slegs uitstel tot 17 Oktober toelaat.

‘n Skermskoot uit die video wat deur eNCA op YouTube gelaai is.

Adv. Yusuf Baba, die staatsaanklaer, het dit op rekord geplaas dat Momberg dus 21 dae tyd het tot haar volgende hofverskyning en daarom dring hy daarop aan dat die hofverrigtinge voortgaan, of sy nou besluit om haar huidige regsverteenwoordigers verder te gebruik of nie.

Tydens Momberg se vorige hofverskyning het Davidovitz aangedui hy wil sy dienste van die saak onttrek omdat die situasie tussen sy firma en Momberg onhoudbaar geword het. Momberg het glo geen vertroue in haar regspan nie. Die hof het die versoek om te onttrek geweier.

Momberg is in Februarie 2016 op beeldmateriaal vasgevang waar sy beweerde rassistiese uitlatings teenoor ʼn polisiebeampte maak nadat ʼn grypdief haar motorvenster stukkend geslaan het. Tydens haar vorige hofverskyning het die staat gesê sy het die k-woord 48 keer in die video gebruik. Die video is kort ná die voorval wyd op sosiale media versprei.

Momberg staan tereg op vier strafregtelike aanklagte van crimen injuria vir haar beweerde uitlatings.

Lees alle vorige berigte oor Vicki Momberg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leahim ·

Ek vind hierdie lagwekkend die Australiese kommentator Rod Kafer was verlede week op Supersport en geen haan het gekraai nie

Zumie ·

Weereens ‘n saak waarmee die gewone blanke die vrees mee ingeboesem word indien die kroonwild benadeel word….

Dit raak ‘n patroon…
borg geweier….
geen beserings maar saak eindig op in Hoogeregshof…
Groot en verdoemende media beriggewing…
Jillende skares met rooi en groen klere wat koppe eis…..
oor en oor dieselfde patroon…
Mens noem dit intimedasie…

snoefie ·

tot momberg se verdediging, sy was tydens die insident pas n slagoffer van roof onder die hande van swart rowers. wat gesiel die sapd om dan n span swart offisiere na so n insident uit te stuur? kan iemand asb die president vra hoe logies dit is. verder is dit mos baie aanvaarbaar as swart mense blankes boere noem volgens hulle tradisie. was die gewraakte woord wat me momberg rondgegooi het nie ook tradisie nie? sy was in n toestand van skok en woede.

Jou beurt is jou beurt ! ·

Kry haar jammer………so onregverdig. Gaan staan in haar skoene dan praat ons weer.

Alida ·

Die SAPD voel ‘n veer. Toe ek in my huis aangeval is deur ‘n swart man het die OB ‘n swart SAPD lid by my gelos terwyl hulle die inbreker gaan soek het. Dit was baie traumaties vir my. Op daardie stadium wil jy hulle nie sien nie maar hy was baie ordentlik gewees en het selfs aangebied om vir my tee te maak.

Callie ·

Die volle mag vandie gereg om haar te laat boet vir woorde. Geen genade word betoon. Swarte skiet n wit ongewapende vrou. Nog niks het gebeur nie. Hou die spasie dop en vergelyk die strawwe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.