Momberg ontevrede met ‘onbevoegde’ prokureur

Vicki Momberg. Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency

Vicki Momberg, die vrou wat tronkstraf opgelê is oor haar rassistiese tirade teenoor ʼn polisiebeampte, sal voorlopig tevrede moet wees met haar huidige regsverteenwoordiger wat sy as “onbevoeg” bestempel het.

Momberg het Woensdag in die streekhof in Randburg haar regsverteenwoordiger, Kingdom Onah, openlik beledig deur te sê hy is onbevoeg en sy wil hom nie meer as haar regsverteenwoordiger hê nie. Onah tree pro bono vir Momberg op.

Landdros Pravina Raghoonandan het aan Momberg gesê die hooggeregshof sal moet beslis of Onah sy dienste kan terugtrek wanneer die appèlsaak voorkom.

Onah het volgehou hy het reeds ʼn brief by die hooggeregshof ingedien waarin hy die hof in kennis stel dat hy hom aan die saak onttrek. “Hoe verwag sy ek moet haar bystaan as sy sê ek is onbevoeg?” het Onah gevra.

Momberg het aan die hof gesê sy het adv. Anesh Sukdeo, wat sy beplan om as haar regsverteenwoordiger aan te stel, se besonderhede aan Onah gegee sodat hy vir Sukdeo al die nodige inligting oor die saak kan gee, maar beweer hy het dit nog nie gedoen nie.

Onah het hierop geantwoord hy het vir Momberg gesê sy moet hom ʼn brief kan gee waarin Sukdeo bevestig hy is bereid om Momberg pro bono te verteenwoordig. Hy sê Momberg het tot op hede nog nie hierdie brief aan hom voorsien nie.

Hy het gesê hy het wel al die nodige dokumente voorsien aan die verdediging wat die appèlsaak gaan hanteer, en slegs die betooghoofde is nog uitstaande.

Momberg het toe gesê hoewel sy meen Onah is onbevoeg, is sy teen sy onttrekking omdat sy nie op die oomblik ʼn ander regsverteenwoordiger het nie.

Ná ʼn tydelike verdaging het Momberg ʼn SMS-boodskap aan die hof voorgelees waarin Sukdeo bevestig hy sal haar op 18 Maart verteenwoordig wanneer haar appèl teen haar skuldigbevinding aangehoor sal word. Die saak is toe voorlopig uitgestel.

Momberg is in Maart verlede jaar drie jaar tronkstraf opgelê, waarvan een jaar opgeskort is, nadat sy in 2016 op video vasgevang is waar sy ʼn polisiebeampte herhaaldelik die k-woord noem.

Sy is ook skuldig bevind op vier aanklagte van crimen injuria. Sy is tans uit op borgtog hangende die uitkoms van haar appèlsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

JJS ·

Sy is haar eie grootste vyand…. jy beledig nie jou prokureur voor die landros nie…

Ellisras ·

Jy beledig nie jou prokureur nie. Behalwe natuurlik as hy regtig onbevoeg is. Vir haar gaan dit oor haar vryheid.
As die prokureur dit as net nog ‘n saak beskou, waarvoor hy min betaal word.
Dit sal nie die eerste keer wees wat ‘n prokureur ‘n pro bono saak opmors nie.

Danny ·

JJS Jy moet nooit n mens se optrede veroordeel voor jy nie weet wat sy of haar opsies was nie.

Antoon ·

Ja, JJS ek stem. Kyk ek kan haar nie persoonlik nie. Ek ken ook nie die omstandighede nie. Die beste raad wat my ouers my ooit gegee het is – Jy kan dink wat jy wil, jy kan nie altyd sê wat jy wil nie. As die “odds” reeds teen jou is, is dit tyd om eerder stil te bly en die minste te wees

Lizelda ·

Ek stem 100% saam met jou JJS en Antoon. n Mens weet wanneer om jou mond oop te maak en wanneer om stil te bly, maar ek self dink nie die vrou IS n baie aangename mens nie.

Koos ·

Lizelda: die vrou was die slagoffer van geweldsmisdaad. Sy was bang, kwaad, irrasioneel en gefrustreerd. Mense reageer verskillend op sulke situasies. Om nou te kom sê sy is ‘n onaangename persoon, is sommer net oningeligte afleidings.
Wat haar prokureur betref: as mens gaan kyk na die ou se profiel, sien jy hy is lid van ‘n regsfirma wat trots uitbasuin hulle is 100% swart besit. Hoe hy aangestel kon word om ‘n blanke vrou te verdedig in ‘n saak soos hierdie, verstaan ek ook nie mooi nie. Ek vermoed hy is onlangs gekwalifiseerd en moet nog ervaring kry, en pro bono sake is waar nuwe prokureurs hulle tande sny. So dalk het hy nie regtig sy bes gedoen nie. Al wat ek jou kan sê is dat, vir haar om so iets in die hof te gaan kwytraak, het baie voorafgaande spanning vereis. Miskien het sy ook ‘n 2de (meer ingeligte) mening ingewin.
En oor die landdros se onpartydigheid twyfel ek ook nogal sterk, as ek so kyk na die vonnis en straf.

Pensioenaris ·

JJS ek stem saam. Sy is besig om haar eie graf te graaf.

Wielspore ·

As jy van kindsbeen af nooit geleer het om verantwoordelikheid vir jou verkeerde optrede te aanvaar, gaan jy eendag as jy groot is, iemand moet betaal om dit vir jou te doen

Wielspore waarnatoe? ·

@Wielspore, het jy saam met haar in haar ouerhuis grootgeword of selfs soms net daar gaan kuier dat jy weet of haar ouers haar van kindsbeen af probeer leer het om verantwoordelikheid te neem vir haar dade? Indien nie, bly eerder stil voordat jy jou uitlaat oor ander se opvoeding. Sommige mense word reg opgevoed maar leef nie altyd soos hul as kind geleer is nie – hoeveel kinders rook skelm om die hoekie al sê hul ouers hulle mag nie?

Vicky se bejaarde ouers is kinders van die Here wat BAIE swaarkry weens hierdie ding het en ly emosioneel waarskynlik nog méér as sy of enigiemand anders. Moenie hulle lyding en smart verder vererger deur hulle te blameer vir keuses wat sy gemaak het of steeds maak nie – bygesê, onthou die aanvanklike slagoffer was sy – hierdie is alles ´n uitvloeisel van ´n keuse wat ´n dief (lees: skelm) gemaak het; sy verkeerde, selfsugtige en kriminele optrede was die oorsprong van hierdie kwaad …

Moleste in die Hof ·

Wat ‘n dramatiese mens wat voortstoom om die lewe vir haarself te bemoelik.

Danny ·

Weet jy of die prokureur bevoeg of onbevoeg was en mag n mens nie meer besluit wat is vir jou goed of sleg nie mag sy nie eers ten minste seker maak sy gee haarself die beste kans om uit die gemors te kom nie. Wat gaan aan met julle . Ek ken nie een van hulle nie maar die leunstoel kritisie maak my naar.

Koos Roos ·

Mev Momberg, ek dink nou is die tyd om liewer stil te bly!!

heksie ·

Pro Bono regsverteenwoordiging is gewoonlik nie te wonderlik nie …

ZAR ·

Ek dink nie Vicki is ‘n aangename mens nie, maar ek glo nogtans dat haar straf belaglik is en politiek gemotiveerd is.

Rerig ·

Nee. Sou sy dit EEN keer se uit woede dn miskien was dit politiek ens. Om so baie daai woord te se is verkeerd en sy verdien die strf wat sy kry!!!

Rerig ·

Die vrou kom rerig voor soos n onaangename mens wat dink die lewe skuld haar iets!!!!

Gaitsigubib ·

Mens behoort ook darm seker tekenne te gee dat sy die eerste persoon is wat tronk toe moes gaan vir 4 jaar omdat sy “onaangenaam” is. As dit was vir die “K” woord, dan was daar seker veronderstel om ‘n wet in plek te wees voor vonnisoplegging? Nou ja, in my idiale wereld hoef die wat dom is nie noodwendig te suffer nie, anders het ek dalk ook deurgeloop. Ek dink n paar van julle sou miskien voor my in die lyn staan!

Beslis ·

Die lewe skuld haar iets. Ander knape sê hul gaan wittes uitmoor soos Hitler met die Jode gedoen het. En hy gaan nie tronk toe nie. Kry net ‘n boete. En daar is baie ander voorbeelde. Sy baklei vir oorlewing. Sy het al my simpatie.

Molly ·

Ek stem tyd om nou bietjie stil te bly en nie jou prokureur te beledig nie. Pro Bono word vining vining betaal jou allie af. Danny dit is nie “leuenstoel” kritisie nie. Enige persoon wat helder dink kan besef as jy nou voor ‘n afgrond staan gaan jy spring of gaan jy terug draai. Op die oomblik maak sy dinge baie moeiliker vir haarself en haar gesin. Ons se altyd kriminele moet berou wys vir hul aksies bla bla bla. Vicky het nog glad nie so dan moet sy nou maar in die tronk gaan sit en weer haar hare laat vleg en leer om marog te maak.

Danny ·

Regtig Molly en jy en jou lewe is presies waterpas jy het nog nooit n verkeersoortreding begaan nie ,terloops dit is ook n krimenele oortreding maar jy is nie tronk toe nie of was jy?
n Vrou was ook 2000 jaar gelede aangekla en sy moes gestenig word vir haar oortreding ,maar die wat haar moes stenig was nie een onskuldig nie en sy was ook vrygespreek deur die Prins van vrede en vryheid. As jy waterpas is Molly baie geluk jy is beslis n uitsondering op die reel.

Jerry ·

Duidelik Mev Momberg is n moeilike dame. Sy sal vinnig haar mond moet toe zip.

Lizelda ·

Ek stem 100% saam met jou JJS en Antoon. n Mens weet wanneer om jou mond oop te maak en wanneer om stil te bly, maar ek self dink nie die vrou IS n baie aangename mens nie.

Peet J ·

Hierdie dame word nou verkwalik omrede sy op daardie oomblik wat sy aangeval was uiting aan haar gevoelens gegee het , het sy spesifiek na ‘n persoon verwys , dit kon net sowel enige ander ras gewees het maar sy word nou uitgemaak dat sy rassistiese aanmerkings teen die polisiebeampte gemaak het laasgenoemde het haar mos nie aangeval nie heelwaarskynlik was sy op daardie stadium nie in ‘n regdenkende situasie nie, sy kon haar lewe met so ‘n aanval ook verloor het. Ek dink nie die rassistiese aanmerkings weeg enigsins op teen wat sy op daardie stadium moes deurgemaak het nie. Gaan die straf wat haar opgelê is enigiemand bevoordeel . Nee behalwe die polisiebeamte wat te laat op die toneel verskyn het.

Jack Sadie ·

Die hele beginsel is nog altyd vir my verkeerd. Dat mens vir ‘n mondelinge belediging tronk toe gaan?
Dan is daar ook die feit dat Kill the Boer nie rassisties is nie? Hoe kan ‘n belediging tronkstraf verdien, maar ‘n oproep tot moord nie? Vicky ,wie voorkom as ‘n uiters moeilike mens, is myns insiens die slagoffer. Wat sy gesê het is onaanvaarbaar, maar , mense, ons regstelsel maak nie sin nie. …….en ek haat die feit dat ek so sagtens moet stel agv politieke korrektheid. Dis siek!

JohanL ·

Dankie Jack. Stem saam met jou.

Wonder wat gaan met Maasdorp gebeur? Alle ogies gaan op daai regter wees. Kan nie wag nie.

Gert ·

Stem saam, ongeag haar persoonlikheid, hoe kan Malema heeltyd wegkom met die aanhitsing tot moord, en sy gebruik net ‘n term wat sommige mense aanstoot gee, en sy word so behandel? Baie ongelyke standaarde hier.

christa ·

die polisie se eie skuld dat sy so tekere gegaan het. Sy sou dit nie sonder rede gedoen het nie. Malema mag se en doen wat hy wil maar help my tog as dit ‘n blanke is wat so-iets kwyt raak.

MF ·

Ek dink Vicky Momberg is nie naastenby so ‘n onaangename mens soos sommige van die Maroelalesers nie!

Karlien ·

Sy word nie verplig om Pro Bono dienste te gebruik nie, waarom kry sy nie haar eie verteenwoordiging nie.
Blyk ook dat meeste mense vergeet het dat die polisie betrokke by die insident, haar wou ondersteun en aanvanklik kalm gebly het, hoewel sy soos ‘n viswyf teenoor hulle opgetree het.

Gaitsigubib ·

Ek het gedink dis veronderstel om “obvious “te wees dat mense wat regshulp vra of pro bono prokereurs kry nie ‘n goeie prokereur kan bekostig nie. Dis nie die eerste persoon wat a.g.v skok so tekere gaan nie en dit sal nie die laaste wees nie. Gelukkig hoef die staat hulle nie te bekommer dat hulle selektief mense vir haatspraak vervolg, want die blankes mis die hele punt in hierdie sage – dat daar skreiend teen enige persoon met ‘n wit vel gediskrimineer word! Ek sien dit word bloot net aanvaar.

Hennie ·

Wat jy saai sal jy maai moenie verskonings soek of n ander persoon blameer vir jou foute nie vat jou pak soos n man en gaan aan met jou lewe

GP ·

As sy skuldig was sou ek saam stem. Wat van die swart vrou wat die wit mans seker 2 weke na die voorval geskel en gevloek het waar is haar tronkstraf. Wat van die wat openlik aankondig om wit mense te vermoor? Sy was slagoffer van misdaad en het emosioneel oogetree. Soos baie mense sou.

MTSteyn ·

Vicki Momberg dien gevangenisstraf uit vir die gebruik van ‘n sg, ‘rassistiese’ skelwoord (waarvan die definisie van lg. UITSLUITLIK deur ‘n bepaalde bevolkingsgroep bepaal word), en het hierdie ‘rassistiese’ skelterm gebruik nadat sy – as blanke vrou – onder geweldsmisdaad deurgeloop het, in ‘n land berug vir sy buitesporige hoe vlakke van misdaad teen vrouens, kinders, gestremdes, ens.

Lees weer wat ek hier skryf, oordink dit, en dink terug aan die DUISENDE kere wat jy hierdie ‘rassistiese’ skelterm bedink het, ge-uiter het, of in gesprekke gesit het waar dit gebruik is, en laat sak jou kop in skaamte, en gooi weg die klippe van veroordeling.

Die ople van gevangenisstraf vir bg, maak van SA regstelsel ‘n verdere bespotting; ‘n gefaalde staat inderdaad.

Stem ·

Raak gesê M.T. Steyn. Ag ek was al hoeveel keer uitgeskel vir ‘n “wit boer”. Ek’s trots boer en het niemand aangekla nie. Ek het nie ‘n chip op die skouer nie.

Peet J ·

Ag foeitog waarom moet sy veroordeel word asgevolg van’n foutiewelike uitspraak waarvan sy nie eers bewus was op daardie stadium nie , dit kan met enige persoon gebeur behalwe as hy stom is.

Peet J ·

M.a.w. Momberg is volgens u opsomming onopgevoed dit is ietwat van ‘n belediging gebaseer daarop dat sy uiting aan haar gevoelens ge-openbaar maak het tydens die onderonsie wat sy moes verduur het. Wat was nou die beslissende faktor die gebruik van die K woord of die gebruik van die K woord 48 keer.

jakes ·

Hoekom het Momberg hierdie spesifieke ou aangestel om haar te verteenwoordig? Ek het al verskeie hofsake bygewoon en het my verstom hoe sommige van hierdie knape iemand kan verdedig?

Werner ·

Ek wonder of die hoog heiliges wat hier kommentaar lewer al aangeval was soos war met Vicki gebeur het en dan was julle natuurlik koel en kalm en het almal as mnr en mevrou aangespreek na dit gebeur het sy is onregverdig tronk toe gestuur Malema en daai ou van Blf moes al laaaankal toegesluit gewees het en fan sit sy nog met n onbevoegde prokureer ook sal nou nie die vriendelikheid in enige mens uitbring nie sal dit

JJS ·

Ja Werner ek was al aangeval. So omrede ek iemand kritiseer vir nie logies die kloutjie by die oor bring dat jy nie jou verdediger aanval voor die een wat jou veroordeel nie, wil ‘n hele paar van julle hier impliseer ek weet nie waarvan ek praat nie? Belaglik!

pieta ·

Hierdie vrou moet maar haar lot aanvaar en haar giftige tong in toom hou – soos die Bybel se. Hoop sy sit lank sodat sy daardie belangrike les kan leer. Sy het dit nog nie onder die knie nie.

anton ·

Hier met sommige MM kommentators is dit net weereens n bewys dat ons mense ons eie grootste vyande is!!!
Geen wonder die land is in sy glorie in nie want ons kan nie saamstaan nie en sal eerder ons eie verraai en slag!!!

GP ·

Kan nie meer met jou saamstem nie. Hoe draai hulle so teen hul eie mense?

J ·

So al is sy verkeerd en hoe ongaangenaam met haar “die wereld skuld my” houding, moet ons opkom vir haar?? nee wat, sy moet maar sit.

GP ·

En wat het sy gedoen om 3 jaar tronkstraf te verdien? Het jy al geskel na jy slagoffer van misdaad was en kwaad geword gevloek en skel al was jy nie slagoffer nie? As jy het doen die regte ding en gaan gee jouself oor aan die polisie sodat jou tronkstraf kan begin. Vat jou pak soos n man.

waarheid1 ·

Daar is BAIE onbevoegde ‘regsverteenwoordigers” in S A.
Het dalk in die begin goed voorgekom en toe uit die bus uit geval. Momberg het seker deur hom gesien.
Is al die klipgooiers onskuldige mense sonder foute?
Indien iemand wel is – steek asb die hand op!!

Ander Anna ·

As ek alles moet noem wat mens kan laat lag in hierdie storie, sal ek vir altyd geblok word op Maroela Media.
O liewe Suid- Afrika… never a dull moment!?

Alida ·

Pro bona prokureurs word deur die Prokureursorde aangestel sover ek weet.

fanie ·

My vraag is net hoekom al die bohaai oor haar Daar is Malema met sy eff en blf hulle uiter ook soortgelyke goed maar hulle kom dan niks oor nie hoe dan nou

Adam ·

Dit blyk dat kommentators nie weet wat pro bono is nie. Momberg is absoluut ondankbaar teenoor iemand wat gratis vir haar optree. Dit is nie ‘n prokureur wat deur die Regshulpraad aangestel is nie, tensy die berig die feite verkeerd stel.

Waarheid1 ·

Mmmm Adam het sy hand opgesteek! Hy is foutloos!!!
Sal graag sy handtekening wil kry!!

GP ·

Vicky veg vir haar vryheid. Hoeveel van ons was al in haar situasie? Sou julle net stil gebly het in haar omstandighede? Sy staar n swaar straf in die gesig en moet haarself sover moontlik beskerm. Ek dink sy is n aangename persoon wie heeltemal onnodig gestraf word. Sterkte Vicky wens ons kon meer vir jou doen. Ek sou bereid wees om geld te skenk vir regs kostes sou so fasiliteit beskikbaar was.

Obserweer ·

My vraag is en ek wonder natuurlik of die skurk wat Vicky beroof het die storie volg en wat hy daaroor te se het? Wonder maar net. Dankie vir al die kleurvolle komentaar dit laat my lekker giggle.

GP ·

Word by die dag meer gewalg deur Afrikaners. Boere word vermoor, geen wet en orde onder ons regering nie, maar steeds eenvoudig net te lui vir 20min in tou te staan en ten minste ‘n deel te doen om hul nasie te help nie. Allerhande stupid verskonings.
Hier is ‘n blanke vrou wat deur haar eie mense gekruisig word omdat sy emosionele uitlatings maak na sy ‘n slagoffer van misdaad was.
Werklik ‘n hopelose klom mense sonder hoop.

AH ·

Hoekom word Vicky so deur seker MM kommentators gestenig? Omdat sy die “guts” het om te baklei vir haarself. Ek sou in haar situasie net so opgetree het en as daar nog eerlikes onder die doemprofete is, sal julle erken dat julle waarskynlik ook so sou optree. Ek glo dat haar prokureur onbevoeg kan wees. Uit ondervinding weet ek dat selfs prokureurs van “naam” wat mens ten duurste moet verteenwoordig dit nie met oortuiging doen nie. Ek hoop maar sy kry iemand wat haar saak graag wil laat slaag. Sy het al my simpatie!

GP ·

Dink almal wat haar so stenig is almal trevor noah fans. Hulle voel dieselfde oor die saak as hy.

Bella ·

Ek bid vir Vicky Momberg en haar familie. Ons mense kan nie by mekaar staan nie. Gooi klippe! Ons is ‘n handvol maar sal nie hande vat of mekaar ophelp as een struikel nie. Here U het vir ons sondaars gekom. Wees ons asb genadig. Doen ‘n wonderwerk in Vicky se lewe. Amen??

GP ·

Vicky sou jy die kommentaar lees. Moenie jou steur aan die klomp klip gooiers nie. Sterkte vir jou en ek hoop dat jy binnekort n goeie prokureer sal he. Dankie dat jy so sterk staan. Wens ons kon meer doen om jou te help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.