Momberg se appèlsaak moet wag tot 2019

Vicki Momberg tydens ‘n vorige geleentheid in die hof (4 April 2018). Foto: ANA.

Vicki Momberg (49), die Johannesburgse vrou wat tronkstraf opgelê is nadat sy ʼn polisiebeampte herhaaldelik die k-woord toegesnou het, se appèlaansoek teen haar skuldigbevinding en vonnis is Maandag in die Randburg-landdroshof uitgestel.

Kingdom Onah, Momberg se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê die direkteur vir openbare vervolging het nie ʼn datum vir die appèlaansoek verskaf nie. “Ons wag dat die DOV ons ʼn datum gee wanneer die appèlaansoek aangehoor sal word,” het Onah gesê.

“Ons glo die vonnis is te swaar. Die skuldigbevinding moet omgekeer word. Ons glo ten sterkste ons appèlaansoek sal suksesvol wees,” het hy gesê.

Momberg het geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronkstraf vir rassisme opgelê is. Sy is in Februarie 2016 op video vasgevang waar sy die polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, die k-woord noem.

Vicki Momberg in die hof (9 Maart 2018). Foto: ANA

Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat Momberg dié woord 48 keer in die video gebruik het. Daphne Naidoo, ʼn beampte vir die departement van maatskaplike ontwikkeling, het tydens die verhoor in haar vonnisverslag aan die hof gesê Momberg het gedurende die eerste onderhoud wat sy met haar gehad het gesê die mense wat sy die k-woord toegesnou het, is net daardeur beledig omdat hulle self glo hulle is die k-woord.

Gedurende die tweede onderhoud het die beampte haar van die saak onttrek nadat Momberg haar ook beledig het.

Momberg is in November verlede jaar skuldig bevind op vier aanklagte van crimen injuria. In Junie verlede jaar het die gelykheidshof ook beslis dat Momberg R100 000 skadevergoeding aan konst. Clement Mkhondo moet betaal.

Sy is in Augustus vanjaar op borgtog van R2 000 vrygelaat hangende die uitslag van die appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis.

Momberg se appèlaansoek is tot 20 Februarie volgende jaar uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

legens ·

23 dae gevangenis per uiting van die gewraakte k-woord , is hopeloos te min .
60 dae per woord is meer gepas . Ek stem saam , die vonnis moet aangepas word ….. opwaards .

Anoniem ·

Die arme vrou is ‘n reuse onreg aangedoen, die enigste persoon met so oortreding wat tronk straf gekry het, die ander loop skot vry af en weg. Ek hoop haar appel slaag

$ ·

… en die handsakDIEF (wat moes tronk toe gaan vir DIEFSTAL en ROOF) ´lives happily ever after ´.

GP ·

Baie sterkte aan Vicki. Bly om te sien sy staan nog sterk.
Sy behoort vergoed te word omdat sy ‘n slagoffer van misdaad was terwyl sy belasting betaal vir beskerming. In my opinie is hierdie hele saak belaglik.

Johan ·

@legens – ek stem saam jou 60 dae is meer gepas. Maar jy sit die pot totaal mis met jou “23 dae” LOL LOL Sy is effektief tot 2 jaar gevonnis – maar…… ek stem steeds saam jou oor 60 dae. Baie meer gepas.

Die regstelsel se oneffektiwiteit word weer uitgelig met die dat die saak uitgestel is. Hulle gaan hom uitstel en uitstel en uitstel tot die 2 jaar verby is. Ons regstelsel gaan haar in die steek laat -hoe durf sy die “k” woord te uiter. Regstelsel is ‘n sirkus.

Anoniem ·

Ek stem glad nie saam nie – tronkstraf is nie die regte straf nie. Sy moes glad nie tronkstraf gekry het nie

christa ·

kan maar net dink wie die regter was. As dit Malema was sou sy lankal ontslaan gewees het. Die raskaart word hier gespeel

Straf ·

Hierdie saak word nou onnodig uitgerek. Hoe moeilik is dit nou om ‘n finale uitspraak te gee. Stuur haar tronk toe of laat haar vry. Ek voel sy het haar les geleer (en ek is seker dit dien nou as ‘n waarskuwing aan ander) en dat tronkstraf onnodig swaar is. Die tronke is alreeds so vol. Gee haar ‘n boete en laat haar gemeenskapsdiens verrig. Gee eerder meer gepaste strawwe vir “groter” misdade soos moord en verkragting. Selfs daai vrou van die Springs gruwelhuis het niks oorgekom nie. Hoe verduidelik die howe nou dit?

Gert ·

Wat kommerwekkend is dat anderkleuriges kom weg met hulle uitlatings soos boertjie, kill a boer, whitty, one bullet one settler, en al die uitlatings wat self in parlement gemaak word. Goed wat selfs moord aanblaas. Waar is gelykheid? Geld dit net vir wittes? Los haar dat sy gaan, haar gewete om mee saam te leef.

Bekommerd ·

Sterkte Vicky, ons is almal (veralgemeen moedswillig) met jou en besef en weet dat die regstelsel net eenkant toe werk, maar die wiel is aan die draai

Bekommerd ·

Sterkte Vicki, ons is almal (veralgemeen moedswillig) met jou en besef en weet dat die regstelsel net eenkant toe werk, maar die wiel is aan die draai

Andre ·

Hoekom twee verhore en twee vonnisse. Die stelsel is belaglik. Die vonnis ook. Tronkstraf oor iets wat een persoon n ander persoon noem ?

Buurman ·

Sy moes net R 500.00 boete gekry het en “over and done with”

Patriot ·

Dit is belaglik, sy het niemand fisies leed aangedoen, niemand vermoor of verkrag nie. En die weermag majoor word geskors en moet omverskoning vra, en dis al ? Sterkte Vicky!

Hoe nou....... ·

NEE – daar moet n punt bewys word! K woord is erger as P woord of F woord.

LLB (Pretoria) ·

Hierdie hof uitspraak maak my bekommerd oor die standaard van LLB graduandi. Hier is al ‘n paar uitsprake die afgelope tyd gemaak wat mens laat wonder of die landdros of regter ooit die binnekant van ‘n regsfakulteit gesien het. Uiters kommerwekkend.

Ed ·

Vergelyk die k woord met aanstokery om witmense te vermoor. Die een kry tronkstraf maar die ander een loop lekker los rond. Dis tog siek

Gatvol ·

Hulle mors tyd om mense aan te kla oor die k-woord. Dis belaglik. Die arme vrou was seker uitgetart en sy kon dit nie langer hanteer nie, toe ontplof sy en gebruik ongelukkig die k-woord.
Plaas konsentreer hulle op die misdaad in hierdie land.

Ek weet ·

Daar is baie vrouens wat weet presies hoe sy moes voel. Mens word elke dag getyster as vrou waar jy jou ookal alleen in Johannesburg bevind. As dit nie mans is wat hulself reg voor jou ontbloot en net daar urineer nie, is dit mans wat jou met klippe bestook wanneer jy jou honde vir ‘n stappie in ‘n park neem waar die sekuriteitswagte hul ruê op jou draai. Selfs waar jy dink dis veilig in jou eie woonbuurt word daar allerande tekens en suggestiewe aanmerkings gemaak. Alles deel van die aftakelings proses teen sagte teikens. Ek wil hierdie vrou omhels en sê: ek weet, maar ons moet eerder net stilbly en ander pad kyk en tog net nie die K-woord gebruik nie.

Ek weet ·

Cherokee,
Ek is nie rasisties nie, ek gebruik ook nie vloekwoorde nie en volgens my is die K-woord ‘n vloekwoord maar in my opinie het Vicki ‘n senuwee ineenstorting gehad agv moontlike insidente soortgelyk aan wat ek hierbo beskryf en boonop die feit dat haar motor gekaap is. Hierdie goed gebeur op ‘n daaglikse basis, ek het self vandag weer so insident beleef waar ‘n man homself ontbloot en urineer. Ek het hom konfronteer en nou kan ek nie slaap nie want moontlik word ek nou geteiken. Dit gebeur met wit vrouens en ons leiers vaal ons. Sou dit met swart vrouens gebeur, sou die hel los wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.