Momberg se appèlaansoek slaag; wil nou borgtog hê

Vicki Momberg. Foto: ANA.

Vicki Momberg wil nou om borgtog aansoek doen nadat haar aansoek om verlof tot appèl vroeër vandeesweek toegestaan is.

Phindi Louw-Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Woensdagoggend aan Maroela Media bevestig dat Momberg se aansoek om verlof tot appèl Maandag in die hooggeregshof in Randburg toegestaan is.

“Sy sal nou môre [Donderdag] om borgtog aansoek doen in die streekhof in Randburg,” het Louw-Mjonondwane gesê.

Maroela Media het vroeër berig Momberg se vorige appèlaansoek teen haar skuldigbevinding en vonnis is in April in die Randburg-landdroshof geweier.

Momberg is vroeër tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is, nadat sy in November verlede jaar op vier aanklagte van crimen injuria skuldig bevind is nadat sy ʼn swart polisiebeampte rassistiese beledigings toegesnou het.

Sy is in Februarie 2016 op video vasgevang waarin sy die polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, die k-woord noem. Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat Momberg dié woord 48 keer in die video gebruik het.

Sy het geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronk toe gestuur is vir rassisme.

In Junie verlede jaar het die gelykheidshof ook beslis dat Momberg R100 000 skadevergoeding aan konst. Clement Mkhondo moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Theresa B ·

Sy kan maar vrygelaat word. Kyk wat doen Malema. Kyk hoe smokkel hy met sy volgelinge se “breins” en sweep almal op. Hy sê wat hy wil en doen wat hy wil. Hoekom word daar nie opgetree teenoor hom nie……???!!!

Monica Grobbelaar ·

Momberg is gestraf vir rasisme. WAT VAN DIE VROU WAT ONS VERKEERSMANNE SO GEVLOEK HET. Dit word op TV gewys en toe is dit net doodstil. Die vrou op Khulula het haar werk verloor. Hoor graag van Afriforum in die verband.

Vicky ·

Ek stem, alle ander rassiste en rassistiese uitlatings sterf n stille dood maar Vicky moet gestraf word… Wys net weereens hoe onbekwaam is SA se gereg, hulle is eintlik n groot grap! Dis om van naar te word!

Anoniem ·

Mooi so, want so verkeerd as wat sy was was word daar ander rasse groepe minimaal vervolg en/of dieselfde strawwe opgelê! Die howe moet nou maar begin besin en regverdig wees of geheel en al die klug van rassisme van die tafel afhaal! Moes Mnr. Malema nie dan al lankal ‘n stewige tronstraf opgelê gewees het met sy “Kill the Boer, Kill the Farmer” nie???

Lerato ·

Anoniem
Ek stem 100% met jou saam. Die regters lyk my is bang vir die jong man

Johan H. ·

Hoop jy kom gou uit , jy moes nie eers in die tronk gewees het nie, Daaie oorywerige regtertjie wou net n voorbeeld maak en aan almal wys sy het boek geleerdheid, of wou graag die lotte beindruk, maar glo my daaie wiel gaan nog draaie, hou dop!!Jy sal egter altyd nou getyken word, deur sekeres,hoop jy hou jou kop hoog en sterkte vorentoe!

Anoniem ·

Solank die REG regverdig is en almal dieselfde behandel word

l ·

jy mag God vloek maar mag nie n skewe woord VIR NIETIGe MENSE se nie . Dit is net intersant dat daar altyd n kamera gereed is of dat iemand op n selskerm loer….laat jou wonder?

Theresa B ·

Ja Monica – dis net ‘n klinkklare bewys daardie. Daarvan het niks gekom nie – dis onder die mat ingevee. Niks het gebeur nie. Tipies!!!!

Seeskulp ·

Ek glo Vicky het haar les geleer rondom taalgebruik. Hopelik is sy gou uit die tronk. As sy moet sit moet baie ander van alle rasse ook sit! Nie net n werk verloor, boete kry of n publieke verskoning nie.

Grys ·

Ek staan nie teen dat hulle haar straf vir rassime, maar die tronkstraf stupid man, geld mors… sou eerder daai “community service” vir soos 5Jaar doen of iets, n straf wat darem tot voordeel is vir die land.

Nettie ·

Aan mev. Momberg: as u hier lees, sterkte!!!

Ek dink al ons blanke vroue (en mans ook) staan vas agter u. Ons veroordeel die daad wat u gepleeg het; dit was nie aanvaarbaar om ‘n ander persoon daardie woord wat (skynbaar) so vreeslik afbrekend is, toe te voeg nie en dit ook soveel keer in soveel minute nie.

Maar ons verstaan u omstandighede en ons weet dat daar van u ‘n voorbeeld gemaak is. Ek hoop die Appèlhof bevind dat u ontoerekeningsvatbaar was nadat u pas deur ‘n toeslaan-en-gryp-voorval gegaan het, wat gepleeg was deur ‘n swart oortreder.

Anoniem ·

Voordat die k woord onopsigtelik in woordeboeke na ‘n skelnaam verander is wat nou na kleur verwys, het dit doodeenvoudig “heiden” beteken. Ironies hoe ons dit ook maar so aanvaar en nie kapsie maak dat die begrip van ons taal doodluiters verander word om by die ou rassisme soustrein in te pas nie, nê?

Wat die HART van vol is... ·

….loop die MOND van oor!
MENSE! Hou op om te skuil agter “maar Malema sê sis en Malema sê so”
WEES BETER!

Lana ·

Dit gaan nie oor “wees beter”. Dit gaan oor die feit dat almal nie dieselfde behandel/gestraf word nie.

Siekensat ·

Dit gaan nie oor beter wees nie. Dit gaan oor die onregverdigheid waarmee dit wegkom.

Speedguard ·

Sit ‘n wag voor jou mond en dink wat jy doen dan sal jy nooit te bekommer of hul jou regverdig gaan behandel nie, daar bestaan nie so iets soos regverdigheid in ‘n land wat reeds leeg getap is en die ander nou moet pak kry, DINK VOOR JY PRAAT EN DOEN !!!

Piet ·

Sit n wag voor jou mond dan hoef jy nooit bekommerd te wees dan jy nie regverdig behandel sal word nie, maar in die land is geen regverdigheid nie? Hoe nou?

PJC ·

Al het hierdie dame verlof tot appél gekry in die hooggeregshof is dit nog dieselfde hof wat haar hierdie buitensporige vonnis opgelê het wat moet besluit oor haar borgtog en wil ek amper ń weddenskap aangaan dat dit nie toegestaan sal word nie. Enige persoon wat die saak gevolg het sal mos kan sien wat hier aan die gang is.

IK ·

Op Reitz is een gelos om Attie le Roux te gaan doodslaan. Hoe nou?

Hein ·

Gaan hulle darem haar handsak vir haar teruggee – of is dit te veel gevra!?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.