Momberg-uitspraak ‘bevestig dubbele standaarde’

Vicki Momberg. Foto: ANA.

Vicki Momberg, die eiendomsagent wat skuldig bevind is nadat sy verlede jaar ʼn Johannesburgse polisiebeampte die k-woord toegesnou het, se aansoek om borgtog is Woensdag ná twee verdagings van die hand gewys hangende ʼn aansoek om verlof tot appèl.

Sy is Woensdag in die Randburg-landdroshof tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is.

Momberg is die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronk toe gestuur is vir rassistiese uitlatings en sal op 4 April aansoek doen om verlof tot appèl.

Momberg was in Februarie 2016 die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval in Northriding in Johannesburg. Sy is kort daarna op beeldmateriaal vasgevang waar sy rassistiese uitlatings teenoor ʼn polisiebeampte maak. Tydens haar vorige hofverskyning het die staat gesê sy het die k-woord 48 keer in die video gebruik.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê hulle verwelkom die vonnis. Sy het gesê dié saak stel nou ʼn presedent vir ander rasverwante sake.

“Dit is tyd vir die wet op haatspraak om afgedwing te word, dit kan nie langer so aangaan nie. Dit is die eerste keer dat iemand wat om hulp vra almal om haar so mishandel. Die opnames is erger as die beeldmateriaal self,” het staatsaanklaer Yusuf Baba gesê.

Konst. Clement Mkhondo het in Junie 2017 R100 000 skadevergoeding ontvang vir die verbale mishandeling wat hy aan die hande van Momberg gely het.

Die hof het bevind Momberg was by haar volle positiewe en het verstaan hoe verkeerd haar aksies was, en was in staat om haar slagoffers met die mishandeling te teiken.

Intussen het die burgerregte-organisasie AfriForum op Momberg se vonnis gereageer deur te sê dit is “’n herbevestiging van die dubbele standaarde in Suid-Afrika, veral met betrekking tot ras”.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dié vonnis word opgelê enkele dae nadat ’n majoor in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) bloot oor die vingers getik is nadat hy gesê het dat wit mense se oë en tonge uitgesteek moet word.

AfriForum het ook in die afgelope jaar 113 strafregtelike klagtes ingedien teen mense wat moord, verkragting, aanranding en selfs volksmoord teen wit mense in die openbaar aanhits. “Tot op hede is geen noemenswaardige vordering met hierdie sake gemaak nie. Enkele dae nadat Julius Malema, EFF-leier, egter in die openbaar opmerkings oor die volksmoord van wit mense gemaak het, het pres. Cyril Ramaphosa gesê dat hy graag vir Malema in die regerende ANC terug sal verwelkom,” het Roets gesê.

Roets meen Momberg se uitsprake was inderdaad rassisties en moet veroordeel word.

“Die inkonsekwentheid wat in hierdie land met betrekking tot minderhede toegepas word, het egter die vlak van absurditeit bereik. Die werklikheid in Suid-Afrika is dus dat ’n wit persoon wat ’n swart persoon beledig tronk toe gaan, terwyl ’n senior offisier in die weermag wat sê dat wit mense se oë en tonge uitgesteek moet word, mooi gevra word om dit nie weer te sê nie. Boonop word ’n invloedryke politieke leier wat volksmoordpraatjies maak, beloon met ’n uitnodiging om by die regerende party aan te sluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Jurie Zwiegelaar ·

Dit is die rede hoekom ek net die uiterste minagting Engels vertaling contemt, het vir Suid Afrikaans se howe en regstelsel.

Lolla ·

Ag Fantasties. Dan kan Julius Malemma nou summier tronk toe gaan ne?

Francois le Cochon ·

Elke saak op sy eie meriete. Hierdie vrou het selfs die swart maatskaplike werker beledig. Leer sy dan nie!

Alice ·

Ek voel haar uitbarsting en beledigings was totaal verkeerd, maar 2 jaar tronkstaf is so verregaande dat ek geen woorde het om dit te beskryf nie. Ek hou NIKS daarvan as daar na my as ‘n ‘wit boer’ verwys word met die bedoeling om te beledig. Ons word openlik verneder en gedreig met moord.

Wildewillie ·

Nou hoeveel keer het malema nie al geweld teen ons goedgekeur nie, hoeveel keer het zuma nie ons die scapegoat gemaak en sy masjiengeweerlieg gesing nie?

Michelle le Roux ·

Nee wat, ek is ‘n TROTSE WIT BOER. Geensins beledigend vir my nie. Ek sal ook nie skuldig voel net omdat ‘n ander bevolkingsgroep besluit het, uit hulle perspektief, dat ek moet wees nie. Ons verlede was nie perfek, hulle hede is nog minder.
Hulle gaan ons ongelukkig aanhou blameer vir hulle swakhede en met die groeiende hoeveelheid mense wie kos en skuiling gaan soek gaan die blaam speletjie net vererger. Die basis van ekonomie 101 is ongelukkig afwesig. Die situasie gaan erger word voordat dit kan beter word.
Sterkte Vicky, ek kan nie jou optrede goedpraat maar was nie daar en gaan nie verder oordeel. Twee verkeerde aksies maak egter nie een regte aksie, mag daar lig in die tonnel kom.

Zak Engels ·

Nie net Malema nie. Steve Hofmeyr en Dan Roodt ook sommer tronk toe vir haat spraak.

Willie ·

Reg kom ons kyk of Gerrie nou volgens die standaarde vir die uwe malema kan vervolg met dieslefde!

Skote Petoors ·

Die Bulhond het sy aptyt vir veg verloor en is nou op pensioen!
Meer blaf as byt as jy my vra en hy kies sy gevegte selektief!

hendrik ·

Die landdros het hierdie uitspraak gelewer vir haar eie voordeel en bevordering. Waar is die geregtigheid en regverdigheid soos wat dit n regstelsel betaam.

Ek emigreer ·

EN Majoor MOHLALA wat witmense se oe wil uitsteek en hulle tonge wil uitsny kom NIKS oor nie, so ook die student by TUKS wat alle wittes met ‘n BAZOOKA wil vermoor en Malema wat wittes LEWENDIG wil afslag en die Parlementslid wat boere LEWENDIG wil begrawe het absoluut GEEN straf gekry nie . die grootste straf onder bogenoemde was die student wat VERSKONING moes vra op FB en GEMEENSKAPSDIENS doen onder arm blankes .. DIS AL . hoe vergelyk dit met Penny Sparrow se R150 000 boete en Vanessa se TWEE JAAR TRONKSTRAF????????

SA MOORDMUSEUM ·

Dit is waarom n moordmuseum gebou moet word om die wereld in grafiese detail en getalle te wys wat die regering nou aan bejaardes en babas doen.

Dink Self ·

‘n Oorlog is 26 jaar gelede verloor. Hoop dit word nou duidelik. Sien is glo, en voel is die waarheid. Kan ons asb. realisties begin dink en praat aan ‘n weg voorentoe?

Eps ·

Ek stem saam dat daar ‘n museum opgerig moet word. Ek stem verder voor dat ons ‘n Groot monument moet bou vir al die boere, vroue en kinders wat vermoor is. Ons moet ook die menseregte dag se naam verander na Boere Dag Om hulle Te vereer vir wat hulle aan die land verrig het. Wonder boere sou ons land niks gewees het.

Olivier ·

3 Jaar tronkstraf en R100 000 afkoop boete, Hoe PATETIES is dit nie? Majoor en Julius kom weg daarmee. Dubbele standaarde

jakes ·

Dis lagwekkend dog skokkend dat die regbank sulke uitsprake maak, die doodskis saak is nog n voorbeeld daarvan. Waar is geregtigheid?

Eish ·

Weereens bewys dat ons tweedeklas status in ons eie land het en absoluut niks daaraan kan doen nie.
Mag die buiteland kennis neem.

Dink Self ·

Dit is nie jou land nie, dit was jou land. Dit het net jou geografiese ligging.

Rynhardt ·

Ek voel baie jammer vir Vicky.Natuurlik Afriforum word daar dubbele standaarde gehandhaaf,dit word vir 24 jaar al gedoen met rassistiese wetgewing teen blankes waaroor almal tjoepstil bly!?????????????????????SA is nie n land waar drome en ideale uitgeleef mag word nie.Breinspoeling,korrupsie en selfverryking moet gedy!!????????????????????Ek dink aan jou Vicky!?????

PvZ ·

Dit is nou hierdie regstelsel, wat Afrisake sê hulle gaan nader as die eerste grondgryp plaasvind….

wicus ·

AS JY 48KEER DIOE K WOORD GEBRUIK EN ALMAL STAAN VIR JOU EN KYK MOET JY MAAR KRY WAT NA JOU TOE KOM

Adam ·

Sal graag wil sien Hoe reageer jy I’m so n situasie Seker sê mr moet dit nie weer doen nie As die polisie nie so opdringerig was nie en gewag het tot sy kalmeer sou dit nie plaasgevind het nie

Jacques ·

Daarsy Wicus . Skop die dame as sy le , dit is wat jy reg noem . Regtig ?

Haan ·

Wicus, wat sy gedoen het is verkeerd. Daarmee stry niemand. Dis die straf en die onregverdigheid daarvan wat die kruks van die saak is. Dieselfde as die kis-geval, dieselfde as die ander “rassisme” sake waar blankes in die beskuldigdebank gestaan het. Nou vra ek jou, hóe gaan tronkstraf hierdie vrou van haar oortuigings laat verander?? Hoe gaan sy nou ewe skielik n broederlike liefde vir die ander ras ontwikkel? Hierdie gevalle is besig om ons in n hoek te druk. En baie mense is besig om baie, báie keëlvol te raak. Die hartseer ding is dat alledaagse interaksies met ander rasse nou so bevuil word deur die polisiek (oeps spelfout) van die dag
Geen hond baklei soos een wat in n hoek gedruk is nie.

Wil jy nou meer ·

Drie hoeras vir Afriforum en Solidariteit. Ek sal altyd jul ondersteun want ten minste baklei julle vir ons volkie. Doen iets vir die arme mans wat moedeloos is vir die misdaad en iets gedoen het soos ‘n doodskis, en ek praat dit nie goed nie, gelukkig het hy nie kap , steek en skietwonde opgedoen nie, of met sy lewe geboet nie. Arme skepsels maak my siek!! Hul moor ons uit en is erger rasisties as wat ons ooit kon wees. Ek weet ek werk saam hulle. Skynheilig voor ons.

Johan. H. ·

Julle sogenaamde regters saai meer haat as wat julle dink,, Miskien doen julle dit aspris om jul sakke wettig te vul,,

Hester ·

Sy het my skaam gemaak om ‘n wit Afrikaanse vrou te wees. Ek sê dit met groot spyt want ek stem saam met die feit dat dubbele standaarde toegepas word.

blue butterfly ·

Sy was dom en moes gestraf word maar tronkstraf is VERREGAANDE. Weereens word gevalle soos Majoor Mohlala en Malema se skokkende aanhalings en aanhitsing tot geweld en moord op blankes onder die mat ingevee. Dubbele standaarde inderdaad. Dit wil my voorkom asof enige verskoning gesoek sal word om die blankes te stenig, kruisig, uit te moor en te vernietig.

Piet ·

Sy het n persoon gevloek. Nie gedreig om n mens te vermoor of ander groepe aangehits tot geweld nie, tog word sy tronk toe gestuur. n R1000.00 boete sou gepas het by die misdaad. Ons woon nou in die land van waansin!

Magda ·

Laat weet die pers in die buiteland van die uitpsrake in al bogenoemde sake en kyk wat gebeur dan. Die buitewêreld moet weet dat daar rassisme na alle kante toe is in SA

Tokkolos ·

Hoe gemaklik was die foon op video. Ja sy was sekerlik kwaad en toe tart hy haar seker en wala daar begin die video rol . Ek is so kwaad ek kan n kobra se kop afbyt en ja vir haar ook oor die k woord sy het wragtag in n strik getrap . Laat dit nou vir ons almal n les wees byt jou tong vas as iemand jou kwaad maak en loop weg. Maar wragtag 3-1=2 jaar ?????

Oom Kalahari ·

@wicus, wonder darem of jy ook so sou redeneer op die ingewing van die oomblik waar jy of jou vrou of kind ‘n slagoffer van roof is wat skielik as ‘n gryp en spaander verwys word. Pleks daai polisieman sy werk gaan doen om die krimineel aan te keer staan en redeneer hy liewer met die slagoffer. Ook snaaks dat haar optrede opgevang is maar niks oor die voorval van oortreder nie. “Siek land en stelsels. Vicky laat dit nie daar en veg. Waarom moet net sekeres altyd voordeel trek aan boete gelde of skenkings en nie ook aan blanke kinder fonds of aan die Kleinfontein gemeenskap nie, maar R150,000 rand moet betaal word aan Mandela kinder fonds.

Jacques ·

Dit is meer as belaglik . Ek wonder net hoe sou die regter in so situasie reageer het ? In skok en bevrees , regtig ? Kan MM ons aub op hoogte hou van die Majoor sage of is dit n sepie ?

Hans ·

Nou moet daar n massiewe veldtog begin word dat al sake waar daar slegs waarskuwings gegee is tov sg “haatspraak” op hersiening geneem word en gepaste swaar strawwe opgelè word.l

PJC ·

Kyk wie was op die bank dan verstaan ń mens die vonnis wat opgelê is. Ek het hierdie uitspraak myle vêr sien aankom. Ek hoop hierdie maak mense se oë oop en dien as ń waarskuwing vir ander wat hulle in soortgelyke situasies bevind. ń Mens kan dink wat jy wil maar nie so sê nie.

Denise ·

Die k woord is net n woord die VERMOORDE BOERE en ONSKULDIGE mense wat elke DAG VERMOOR word dit is SKOKKEND . Dit is MENSE wat VERMOOR word .

Reguit ·

Die tipe “hof” uitsprake soos hierdie bewys en beklemtoon weer eens die onverdunde HAAT teenoor die wittes. Maar die trop skape blêr voort.

Lana ·

Die vrou was verkeerd. Sy kan haar straf vat. Goed, dis nou afgehandel. Die standaard is gestel deur die hof. Nou wag ons vir die Malemas en kie. in die hof. As hulle in verhouding tot dié gestelde standaard gestraf word, gaan hulle darm laaaaaaaaaaaaank sit!!!!

Johannes ·

En waar is afriforum? Gaan hul iets meer as net kommentaar lewer doen om die dubbele standaarde aan te spreek?

Alida ·

Is jy n lid? En Willie wat so hamer op Gerrie. Daai plaat hak nou regtig vas. Sluit aan by Afriforum en maak hul nog sterker. Niks is verniet nie sluit liewer aan of bly stil.

Rina ·

Vra ek ook Johannes optrede moet kom oor dubbelde standaarde.

Robert Naude ·

Dubbel standaarde ? Eerder omgekeerde rassisme !!!!!

Liendempers ·

Verkeerd is verkeerd. Ons almal weet nou al baie jare dat die word taboe is. MAAR, die saak sal nou gebruik word as riglyn vir alle toekomstige sake. En ja, bring al die vorige oortredees nou voor die hof………

Linda ·

Ek verwelkom hierdie vonnis. Eintlik moes sy 5 jaar gesit het !!!

Joh 3:16 ·

Shoe Linda… Die duiwelse in Sagaria 3 beskuldig die Hoëpriester Joshua dat hy ‘n sondaar is en deur God veroordeel moet word. Dan impliseer die Here dat die duiwelse reg is as God self na Joshua se vuil klere verwys. Maar die Here bied vir hom skoon klere aan. Hoekom? Want Christus gaan betaal vir sy sonde aan die kruis. Die punt is, die duiwelse is reg om te sê Joshua is skuldig, maar die manier wat hy dit gesê het en die motivering was liefdelose veroordeling. Komberse se straf regverdig nie haar oortreding nie. Jou optrede egter is dieselfde as die duiwelse sin: liefdeloos. Onthou maar: jy staan ook onder hierdie onregverdige regstelsel en die Here waarsku: ‘Wat jy saai sal jy maai…’

Valerie Byliefeldt ·

Wat nie normaal is nie Afriforum is die feit dat julle nie jul saak teen Juluis Malema deurgevoer het met die haatspraak wat hy so uiter teenoor die volk, vernaam is sy liede nie. Wat nie normaal is nie Afriforum is die feit dat julle ‘n skikking ooreenkoms aangegaan het buite die hof met Malema. Jul haatspraak teen hom wat julle nie weer na ‘n hof toe sal kan verwys nie. Welgedaan. Ons boere se geldjies word mooi bele. Nou mag nie-blankes ons noem net wat hulle wil en hulle mag moorde aanhits maar word nie vervolg nie. Ek sit met daardie ooreenkoms, jul getekende ooreenkoms met Juluis. Mense jul oe moet begin oopgaan. Dit is nie normaal dat ‘n Organisasie praat van dubbele standaarde maar hy self volg dit nie.

Fanie Kemp ·

Dankie Maroela Media vir op die man af nuusberigte en kommentaar. Dankie Solidariteit en Afri Forum vir die ywer waarmee julle ons Afrikaner in besonder en ander minderheidsgroepe se belange bevorder en voor veg.
Kan Afri Forum asseblief Valerie Bylefeldt se bewerings hierbo in konteks plaas of die werklike feite gee. Tans word Afri Forum verdag gemaak deur sulke bewerings.

At ·

Lana, ek stem. Ons wag nou vir die malema’s en hul trawante om te sien hoe lank hul gaan sit.

Heldin ·

Sy het nou die weg gebaan om malema vas te trek.Sy is n heldin

emiel ·

Yip, en om te dink dat Afriforum ‘n paar jaar gelede na die “Kill the Boer”hofsaak dit goedgedink om met die ANC ‘n ooreenkoms aan te gaan dat die liejdie NIE haatspraak is nie en maar gesing mag word “binne konteks” by sekere byeenkomste.

rollie ·

Hoeveel van julle gaan volgende week betoog by die hof oor die dubbele standaarde? Niemand nie, dis die probleem.

Lerato ·

Ons het altyd gedink die regbank is onpartydig. Wat n teleurstelling

Quintin ·

Ek sou regtig dit waardeer het as die berig in engels kon wees. Sou dit aan almal in die buiteland stuur dat hulle kan sien onder watse slegte omstandighede ons wit mense deurloop.

Andre ·

Ek hoop die magistraat wat die KFC saak doen, is ook van dieselfde kaliber as die een in die Momberg saak. Daai kapokhaantjies wat so “macho man en rambo” agtig was, moet ook soos hulle se “size” toe gebring word. Tronkstraf sonder die keuse van n boete

Trevohr ·

Wel, kan ons dan vra
dat Afri Forum Malema
dagvaar vir Rasisme en haat spraak teen wit mense en hom ook dan maar tronk toe stuur. Dan het ons n voorbeeld gemaak van n swart persoon ook net soos die dame ook van gemaak is. Sy was
nie reg nie, maar iemand soos Melema hoeveel keer ook nie, in teen deel erger en teenoor alle wit mense in SA nie oor
een of twee persone nie. Ek is
gatvol vir die rasisme in die land..

Fanie ·

Haar uitspraak het mos nou n standaard gestel nou kan malema en al die ander rasiste mos op die selfde standaard verhoor word hulle is besig om vir hulle self n gat te grawe waarin hulle self sal val alle oe sal nou op die vervolging van hulle wees (die standaard is mos nou gestel met momberg se vonnis)

Fanie ·

Is die k woord n grooter oortreding as moord ek vra maar net

sarel ·

dit is eiendelik onstellend om die verskillende opinies onder n paar mense te lees. die afrikaner het rerig geen meer kans om in hierdie land te oorleef nie. dit is die eiende verseker

Linda ·

Avra, hierdie vrou het geen respek vir haar medemens nie, en nog minder vir die gereg/hof ! Met hierdie vonnisoplegging sal mense leer om ander te respekteer ! Maak nie saak wie jy is en van watter ras. Ons is almal Afrikane en behoort gerespekteer te word. Hopenlik sal meer mense nou tronkstraf kry vir haatspraak !!! ,As gevolg van haatspraak in die bevolking vermeerder ons haat net meer en meer !!! Ons het almal die reg om in vrede te kan leer !!!
Afriform is pateties, kyk hoe fantasties het hulle vir Tumi Morake ex Jacaranda FM behandel toe hul saam vergader het !!!

Edd ·

Jy gaan nie die haat afleer deur tronk toe te gaan nie! Nog minder gan ‘n voorbeeld wat gemaak word van ‘n wit persoon wat tronk toe gan ander wit mense se haat verminder. Saake soos die wys dat somige sielkundige behandeling kort. Nou maak jy van die wat op die grens gestaan het van rasisme gli dat alles wat deur ander rassiste gesê is geregverdig is.

skillie ·

So gaan Malema ook nou so mooi vervolg word? As die regstelsel nie meer regverdig is teenoor alle landburgers nie, word die groep wat onderdruk word nou absoluut gedwing tot verset. Een man se terroris word gesien as ‘n ander se vryheidvegter. So of mens sit nou maar en word afgemaai en onderdruk, of jy emigreer of jy begin doen wat die anc gedoen het. Kerkstraat 1983.

GAB ·

Aan die Randburg hof regter. Gaan Malema en kie dalk lewenslank tronkstraf kry. Hylle het haatspraak wat geweld opsweep teen wit mense. Ons moet stil bly en hulle kan uiter oor politiek n vuil spel is waarvan julle deel is van. Dit is n skande en veregaande dat julle dubbel standaarde het.

Heri ·

Die wetgewing en geregtelikheid in SA word nou duidelik aangepas om die blanke te banadeel en die meerderheid te bevoordeel. Dis duideliker elke dag. So is grondgrye volgende. Wat dink jy gaan die hofuitspraak wees as hulle jou wit grond beset? Dink maar net

Joe Olivier ·

Ek wil net weet, is die werklike oorsaak wat hierdie gebeure aan die rol gesit het, naamlik die grypdief ooit gevang en vervolg? As die polisie hul werk gedoen het en die regstelsel respek vir die bevolking gehad het dan sou die insident moontlik nooit gebeur het nie. Sy het nie die oggend net wakker geword en besluit om almal as ” nie gelowiges” uit te skel nie.

Susan VL ·

Rerig? DUBBELE STANDAARDE
Reeds word sulke haatspraak jare van malema aangeblaas en hy sit met sy voldoende glimlag.Geen respek vir daardie mense.
Maar ja…ons sal vir haar bid vir vryspraak. Ons God is vol liefde en genade. Dankie vir ons liefde volle Vader Amen.

Jo ·

Kan almal nou ophou praat en sinnelose kometaar lewer en begin saam staan? Ek glo nie. Praat en kla is mos maklik. Skrik wakker.

Mieke ·

Ek stem saam dat die dame haar straf moet vat, maar 2 jaar tronkstraf is verregaande! ”n Boete en/of gemeenskapsdiens sou voldoende wees. Sekere politici en weermag-leiers lewer grusame uitsprake en word bloot oor die vingers getik. Ons regstelsel is’ ‘n grap!

Annie ·

En die grap van als is… as die K woord werklik nagevors gaan word .. die werklike betekenis van die woord is geensins beledigend ….

lulu ·

en moenie vergeet nie……moordenaars, verkragters en kindermolesteerders kry dadelik R500 borg – haar borg is geweier….REGTIG?

Beyers ·

So waar is Adv Gerrie Nel met private vervolgings dan nou ?Vra maarnet.

Anoniem ·

Ek kan nie verstaan hoe 2 jaar tronk straf ge-regverdig word nie in hierdie situasie nie?

In my opinie sal ‘n vonnis van verpligte gemeenskap diens van 1 of 2 dae per week vir 2 jaar tog baie meer konstruktief wees en versoenend? Laat sy eerder gemeenskap diens gaan doen onder swart mense wat sy beledig het. Dit sal ‘n veel beter les wees as die tronk straf sal haar waarskynlik net meer verbitterd maak?

Slegs indien sy dan die terme verbreek van die gemeeknskaps diens of dit nie uitvoer volgens die standaarde nie, kan daar dan gekyk word na tronkstraf.

Vanessa Moore ·

Ek is so kwaad oor die uitslag, ons wit mense moet heeltyd stilbly en mag niks sê of doen terwyl daar haatspraak teen ons gemaak word, ons word uitgemoor, vertrap, maar ons sal sterk staan, julle sal ons nie breek nie, ons sal sterk staan tot op die einde toe. Ons wortels is hier gegrawe, maak wat julle wil. Eendag is eendag…………………………

Fanie kemp ·

Dalk moet AfriForum maar weer breedvoerig verduidelik die doel, funksie en werkswyse van AfriForum se Private Vervolgings Eenheid met Adv . Gerrie Nel en ander hoogs bekwame persone aan die stuur. Miskien sal mense soos Beyers en ander wat skepties is beter verstaan.

Die gedurige verdagmaking en afbrekende kommentaar van ons eie organisasies soos Solidariteit en AfriForum wat elke dag op verskeie fronte vir ons in die bres tree en ons belange bevorder, gaan ons nog duur te staan kom as ons nie daarmee stop nie.

Kom ons werk en bou saam. Daar is genoeg ander wat afbreek.

Maddie ·

Nee dis reg, staf haar en maak ‘n voorbeeld van haar. MAAR, dan moet dit vir almal geld. En as hulle regtig ‘n voorbeeld van iemand wil maak, daar is baie high profile persone wat hulle lelik aan rassisme en haatspraak skuldig maak. Vat die hele lot vas.

Christo ·

Ek is n ou van 48 jaar en ek het gesing “Ek vir jou Suid-Afrika” al my jare lank en my hart is bitter seer oor wat nou gebeur in my Suid-Afrika. Sy was verkeerd en het geen selfbeheersing toegepas toe sy kwaad was nie, maar dieselfde vinger kan ons wys na duisende insidente wat maar net onder die mat ingevee word. Hier is nie “Unity” in ons land soos ons in 1995 by die rugby wêreldbeker gesing het nie. Die mense wil nie “Unity” he nie… hulle wil geld en goeters hê …

Pieter ·

Ek praat haar gedrag nie goed nie, maar ek aanvaar wel dat sy op dardie oomblik hoogs emosioneel was, en die wag voor haar mond nie teenwoordig was nie. Dit verander egter nie my redenasie nie: Sy is skuldig bevind en moes R100 000 betaal, en is nou weer skuldig bevind en moet tronkstraf uitdien. Hoe word jy twee keer skuldig bevind aan dieselfde oortreding?

Frans C ·

Die wag voor jou mond moenie Awol gaan nie.wat vroër beligend was is na nou rassisties.
Intussen verklaar ‘n amptenaar van die Gateng regering, ‘n sekere Khumalo dat:
‘White people in South Africa deserve to be hacked and killed like Jews. … U must be bushed alive and skinned and your offspring be used as garden fertiliser.’

Hy gaan glo aan ‘n dissiplinêre verhoor onderwerp word.As sy uitlating nie tien keer erger is as die gewraakte ‘k’-woord weet ek nie,

Magda ·

Waar is sg. Gerrie Nel. Hy kan die appel hanteer dan nie? Ek dink nie ons regslui vir wit afrikaners doenn genoeg moeite om hierdie swart fasiste oor hul uitsprake aan die pen te laat ry nie. Gerrie Nel die behoort n “walk in the park” vir jou te wees. Kan ons nie a klasaksie teen Mal emma begin nie Afriforum?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.