Momentum swig, betaal weduwee nou tog R2,4 miljoen

Denise Ganas het Maandag nog gesê sy sou aanhou baklei tot Momentum haar man se R2,4 miljoen lewensversekering uitbetaal. Foto: Facebook

Momentum het geswig voor die druk om ʼn lewensversekeringseis uit te betaal aan die weduwee van ʼn man wat nie bekend gemaak het dat hy verhoogde bloedsuikervlakke gehad het nie.

Trouens, volgens ʼn verklaring wat die lewensversekeraar Dinsdag uitgereik het nadat hulle dae lank kwaai onder skoot gekom het oor hul weiering om die R2,4 miljoen aan Denise Ganas van Durban te betaal, sê Momentum hulle sal voortaan die volle sterftevoordeel tot R3 miljoen uitbetaal wanneer ʼn kliënt weens ʼn geweldsmisdaad sterf, ongeag die persoon se mediese geskiedenis.

In die versekeraar se vorige poging om Ganas te paai, het hulle aangebied dat sy die R50 000 begrafnisvoordeel kon hou wat hulle kort ná haar man se dood betaal het, maar daarna van haar teruggeëis het omdat Nathan Ganas (42) volgens die versekeraar nie oop kaarte gespeel het oor sy mediese toestand nie.

Ganas is in Maart verlede jaar doodgeskiet toe hy sy vrou, Denise, teen kapers beskerm het. Sy is buite die egpaar se huis in Shallcross, Durban, deur ʼn groep gewapende mans oorval toe sy tuisgekom het. Momentum het Denise se eis vir R2,4 miljoen in lewensversekering afgekeur al het sy dood nie met die voorafbestaande toestand verband gehou nie.

Denise het Maandagaand in ʼn telefoniese onderhoud met die Gautengse radiostasie 702 vertel ene Stephen van Niekerk van die lewensversekeraar het haar Maandag 15:00 gebel om haar in te lig “hulle het besluit om nie die R50 000‑begrafnisvoordeel [wat hulle kort ná haar man se dood uitbetaal het] terug te vra nie”.

Momentum sê die nuwe reëling geld ook terugwerkend.

Van Niekerk het ook gesê “hulle het ʼn besluit oor die premies geneem” en wil die premies wat Denise en haar man elke maand betaal het, in haar bankrekening terugbetaal. Sy het volgens haar vir Van Niekerk gesê: “Stephen, ek aanvaar nie jul premies nie. Ek stry nog met Momentum.”

Intussen het sosialemediagebruikers Momentum uitgetrap oor hul besluit om nie die R2,4 miljoen aan Denise uit te betaal nie.

Dinsdagmiddag het die versekeraar eindelik kopgegee. “Dit is duidelik uit die markreaksie die afgelope twee dae dat onder sekere omstandighede,” skryf hulle in ʼn verklaring, “bestaande bedryfspraktyke die indruk skep dat versekeraars redes soek om nie eise uit te betaal nie.

Bestaande bedryfspraktyke skep onder sekere omstandighede die indruk dat versekeraars redes soek om nie eise uit te betaal nie.

“Dis Momentum se besigheid om eise uit te betaal; daarom het ons die kritiek ter harte geneem. Ons het ʼn oplossing geskep wat ʼn bedrag gelykstaande aan die sterftevoordeel (tot R3 miljoen) sal betaal in geval van geweldsmisdade, ongeag mediese geskiedenis. Dit geld vir alle bestaande sowel as toekomstige lewensdekkingskliënte.”

Momentum sê die uitbetalings sal gefinansier word uit die maatskappy se wins en nie uit kliënte se premies nie. Hulle behou wel steeds die reg voor om enige bedrieglike eise te verwerp.

In ʼn toegewing wat spesifiek op Ganas gemik is, sê Momentum die nuwe reël is ook terugwerkend van toepassing. “Ons is besig om kliënte te identifiseer wat hierdeur geraak sal word en sal hul families nader om betaling te reël. Dit geld ook vir mev. Ganas.”

Die maatskappy sê volledige en eerlike bekendmaking tydens ʼn aansoek kan kwalik oorbeklemtoon word. “Die enigste tyd wanneer jou gesondheidstatus saak maak, is wanneer jy om dekking aansoek doen. Dan moet jy al jou gesondheids- en mediese inligting deel.”

Lees alle vorige berigte oor Momentum op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

131 Kommentare

Ouvrou ·

Welgedaan Denise. MOMENTUM is net nog ‘n groot maatskappy wat reuse winste maak en die klein vissies hul kliënte, opvreet.

Ria Taylor ·

Maatskappye is vinnig om jou geld te vat, maar soek verskonings om nie te betaal nie.

Jaco ·

Versekering se winsmodel is gebaseer op vermyding van hull verpligtinge.

Ron ·

Ag kan my vorige werke my nie ook try opspoor vir aandele/gelde of pensioen of erfgelde waarvan ek nie eers weet nie . . .
Nietemin ….. eks bly Denise kry wat sy moet kry! Dankie Momentum

Debbie ·

Ron, daar is inderdaad ‘n netwerk wat deur verskeie maatskappye gebruik word om mense op te spoor wat nog uitbetaal moet word maar het bv. Van adres of telefoonnr verander. Gaan sluit aan by The Data Factory. Neem 5 sekondes, en hulle laat weet jou of daar enige gelde is wat erens nog op jou naam lê. Ek het laas jaar Nov ‘n lekker bedraggie van R20 000 by Sanlam gekry a.g.v The Data Factory. Gaan lees gerus op oor hulle. Maatskappye gebruik hulle as “tracers”. :)

Eerlike Ou ·

Toemaar Thys, in daardie geval sal jou premies nie styg nie.

Koos ·

Nou moet werknemers betaal vir iemand wat lieg op n aansoekvorm

Dries du Toit ·

KOOS,wat gaan jy maak as jou motor se bande bietjie glad is en jy staan geparkeer in n parkeergarage. DAN KOM daar n trok en ry bo oor jou kar. ASSESSOR KOM uit en se jou polis bepaal DAT jou voertuig nie gladde bande mag ophê nie en Weier die uitbetaling. DAN WIL EK JOU HOOR SKREE EN WEEN.Soms moet logika ook tel in besigheids besluite. OF HOE OU KOOS?

Neutraal ·

Dink dis niks minder as reg dat momentum wel gaan betaal.

Faan ·

Dis nie wat hulle doen nie. Lees mooi.

Het nou wel druk gevat, maar daar kom hulle op met n plan!

Daan ·

Nou is dit reg om te lieg. As jy uitgevang word maak net ‘n reuse bohaai op sosiale media. En alle polishouer gaan betaal.

Faan ·

Hoe innoverend! Maak n plan om die vrou te help en kom met n nuwe oplossing vorendag.

Die polis-houer was oneeerlik en die eis ongeldig Chris.

Well done Momentum – al mos julle eers bietjie geroer word.

Watter ander versekeraar bied só ń voordeel in n land wat geteister word deur geweldsmisdaad?

Rabes ·

Wie sê die man het gelieg en het hy nie eers later suiker ontwikkel nie ? Ek het nooit suiker gehad nie en ‘n jaar gelede met suiker gediagnoseer nou is ek ook ‘n skelm ?

MJ ·

Rabes, die weduwee het erken dat hulle doelbewus stilgebly het oor haar man mediese toestand, dus was hulle beslis oneerlik. Die oorledene was vir lank behandel deur ‘n mediese dokter vir hoë bloedsuiker, maar toe sy toestand verbeter toe besluit hulle om dit glad nie te openbaar nie. Dis gronde vir repudiasie van enige eis, ongeag die oorsaak van dood. Die polis moes nooit in werking getree het nie, en dit was Momentum se argument gewees. Momentum het dus ‘n lewe verseker teen ‘n baie laer premie wat hul nie werklik bereid was om te doen in terme van hulle onderskrywing nie.

As ek Momentum was, het ek gaan uitwerk wat sou die verhoogde premie wees indien die mediese toestand bekend gemaak was, en trek dan daardie geld plus rente af van die R2,4m voordat dit uitbetaal word.

Anoniem ·

MJ, ek stem saam met jou. Die verhoogde premies (die gevolg van sy hoë bloedsuiker) moet ook in ag geneem word.

As hierdie man te sterwe gekom het as gevolg van sy hoë bloedsuiker, sou ek dink Momentum hoef glad nie uit te betaal nie.

Droë Perske ·

Sosiale media raak ‘n nagmerrie vir die korporatiewe wêreld. Jy kan hardloop, maar jy kan nie wegkruip nie. Waarom sou ‘n versekeringsmaarskappy hom in hierdie posisie bevind. Wag tot die man dood is, en sê dan hy het gelieg? Kon hulle dit nie vooraf vasgestel het nie? Soos in ‘n bloedtoets? Opportunisme as jy my vra!

Oneerlik ·

Momentum kan maar pakslae kry want toe ons hulle nader om bedrog aan te meld was hulle nie ge-interreseerd gewees nie. Dit beloop jaarliks plus minus oor die R400 000. So 2.4 Miljoen is eintlik maar kleingeld vir hulle. Geluk aan Denise want dit is ‘n volwaardige “claim” gewees. Dit is die versekeraar se verantwoordelikheid om ‘n basiese mediese toets te doen want dit is hulle beleging in mense wat sal ly daaronder.

Jacques ·

Ja Thys. Die arme man is geskiet en nie dood aan suiker nie. Momentum het probeer skelm wees. Suiker het niks met die saak te doen nie. Wys my enige mens wat nie een of ander kwaal het nie.

What a joke! ·

Nou vir al jul suurknolle wat so moan en groan hoekom met sy siekte al wetend het hul momentum dan aanhou om die klient se geld te vat “wetend” hul gaan nie uitbetaal nie as iets met hul betalende klient gebeur!!! Is die man aan suikersiekte toe dood???
Nee hy is toe geweldadig geskiet niks te doen met sy bloedsuiker nie so hoe de hel redeneer jul suurknolle?
Mag dieselfde jul nie tref nie ne….klomp skelms die versekerings maatskappye!!!

Chris ·

Maroela, as regspersoon affronteer dit my dat julle beduie dat Momentum het haar probeer “paai”. Sies vir julle verdagmakery, hulle was wetlik binne hul regte en kon al die voordele nietig verklaar het.

Ek hoop julle doen binne kort ‘n volledige voorlegging aan al jul lesers hoe ‘n lewenspolis werk. Julle kan sommer gerus ook ‘n voorlegging oor die korttermyn polis se voorwaardes doen. Wie is onder watter verpligting en wanneer. Ek het ‘n idee dit sal velle en velle en velle wees.

Van ‘n ekspert in versekering.

Groetnis, en ons vertrou om binne kort van Maroela te verneem.

Ellisras ·

As eerlike polishouer wat ‘n belading op my polis het omdat ek EERLIK is, grief dit my dat die mag van Sosiale misbruik word om die reëls te omseil. Dit Daan die volgende en volgende ou aanboedig om kanse te vat. Die Zuma dae is terug!

Pieterd ·

Chris, probeer jy “afshow?”
Daar is ‘n verskil om die regte ding te doen en binne die reg ‘n ding te doen (omdat daar tegniese faktore is.) Momentum het uiteindelik die regte ding gedoen.
Onthou ook die definisie van ‘n “ekspert”: ‘n eks is ‘n “has been” en ‘n spert is ‘n “drip under high pressure.”

IK ·

Miskien beter dat ‘n ‘ekspert’ soos jy Chris, dit vir MM foutloos kan doen?

Droë Perske ·

Chris, is jy ‘n maatskappy of ‘n beslote korporasie of watse regspersoon is jy?
Natuurlik paai hulle haar, as hulle so binne hulle regte was, waarom het hulle nie voet by stuk gehou nie?
Skaamkwaadgeit as jy my vra.

Marcel ·

Dankie ou Chrisman. Dis a.g.v. “eksperts” soos jy wat ek jare en jare gelede alle lewensversekering gekanselleer het. Ek vat eerder die risiko van ‘n onversekerde lewe as om met “eksperts” soos jy te doen te kry.

Ja sure! ·

Nou as n “ekspert” se my bietjie asb Is die man dood aan iets verwant aan suikersiekte of is hy vermoor iets niks uit te waai met sy afsterwe nie???
Skelms …

Henk du Toit ·

Chris nee dan verstaan ek nou nie so lekker nie. Die man sterf aan ‘n koeelwond nie aan ‘n bloedsuiker verwante komplikasie nie. Daar is geen kousale verband nie. As jou argument steek hou kan die moordenaar seker dan onskuldig pleit in die hof met die volgende as verweer;”Natuurlik het ek die oorledene n paar skote geskiet in die proses om hom te beroof en as bonus sy vrou te verkrag. Die feit dat hy dood is as gevolg van die wonde het met my niks te doen nie, dit was uit en uit tussen hom en sy Skepper.”

Geweeg en te lig bevind ·

Dit het die versekeringsmaatskappy vrygestaan om op dag een of enige stadium ‘n mediese verslag aan te vra. Waarom wag tot ‘n eis ingedien word terwyl hulle kliente vir jare onder die indruk was dat hulle gedek is en Momentum vir jare premies verhaal en nog sou verhaal as daar nie ‘n eis was nie. Nee wat, jan alleman is dik daarvoor dat reuse maatskappye individue kul en met ‘regseksperts’ en diep sakke voorkom dat individue hulle hof to neem. Hulle kan hul fynskrif en al hul onredelike voorwaardes vat en op Supersoft 3-laag skryf. Viva sosiale media Viva.

Chris ·

Dan kan Maroela gerus die Grondbeginsels van versekering navors en die lesers hier inlig oor Morele risiko, Fisiese risiko, Uiterste goeie trou en plig van die aansoeker asook Openbaarmaking.

Koos ·

Die vraag is pertinent op n aansoekvorm of jy aan diabetes ly. Indien die vraag EERLIK beantwoord was sou die nodige toetse aangevra word. As jou toetse wys jou suikervlakke is hoog en nie beheer nie (bloedtoets) kan dekking gewier word. Nou word werknemers (winste) benadeel oor iemand wat lieg. Eerlikhied nie meer die mpeite werd.

Johan ·

As hy gesterf het van agv iets verwant aan suikersiekte, het Momentum die volste reg gehad om uitbetaling te weier. Die persoon wat lieg op die aansoekvorm moet verantwoordelikheid aanvaar dat hy dekking verbeur in daai geval.
In die geval het dit NIKS met suikersiekte te doen gehad nie.
Momentum moes betaal, of HULLE was die skelms.

Freud ·

Ek het nog nooit diabetes gehad nie. So dan antwoord eerlik antwoord dat ek nie diabetes het nie…. drie maande later vertel die dokter my ek het nou diabetes. Dan het ek nie gelieg nie.

wet ·

Het die ou suikers siekte of diabetes gehad. NET JA OF NEE. Maw 5kg oorgewig is dieselfde as om ´obese´te wees?

Daan ·

Die feit dat hy lae Bloedsuiker gehad het glad nie bygedra tot die wyse waaraan hy dood is nie. Die Versekering Moet betaal. Indien hy dood sou gegaan het a.g.v die oorsaak waaroor hy versuim het om hulle in te lig dan sou dit n ander saak gewees het. Suikersiekte is ver weg asom Doodgeskiet te word.

Antie ·

Die snaakste van alles is, dat die lewensversekeraars self die toetse doen, so wie is die liegbek? Met ons lewensversekering is daar ‘n suster uitgestuur na ons toe om bloed te trek, harttoetse gedoen waar jy die stappery doen, elke ding, voor die polis in werking gestel is

Koos ·

Die bloed word na onafhanlike pataloee gestuur. Al hoewel persone van n versekerings maatskappy die toetse doen . Die huisdokkter trek ook net die bloed en doen nie die toetse self.

Margarethe ·

Die mediese verklaring wat jy gee op die aansoek gee bepaal watter toetse die onderskrywing roep. Ouderdom wors ook in ag geneem. Glukose is nie ʼn standaarf vereiste wat geroep wordnie. Tensy ʼn medies nie by die dr aangevra is nie en die klient het gelieg op die aansoek dan sal die maatskappy dit nie weet nie. Hulle het ondersoek ingestel en dit was bevestig met die telling sou hy nie ʼn polis gehad het nie. As hy eerlik was sou hy inelkgeval nie ʼn polis gehad het nie so wat het ʼn skietery met diabetes uit te waai? Hy is nie aan dit dood nie? Hy sou nie ʼn polis gehad het as hy eerlik was nie… PUNT

Koos ·

Dries ons praat van lewensversekering. As jy jou vrae op vorm eerlik antwoord word nodige toitse gedoen . As jy lieg word eers na die tyd uitgevind. Momentum betaal nou eise uitwinste aam mense wat lieg . Indien daar minder winste is word werknemers se salarisse en bonusse beinvloed . ( maklike ekonomie wat jy dalk kan verstaan )

Mismoedig ·

Dankie Mev. Ganas. Jy het jou R2,4 miljoen en ek gaan van nou af my ore van my kop af betaal aan my Momentum premies. Ek hoop jy is nou tevrede.

Sky ·

Ja sy moet tevrede wees. Die lewensversekering waarvoor hulle betaal het, het uitbetaal. Geregtigheid het geskied.

Elvira ·

Sies vir jou. Haar man is nie aan diabetes of n suiker verwante siekte dood nie. Syt net gekry wat sy versden en waarvoor die premies betaal was. Haar man is VERMOOR.

Skelm ·

Wel gedaan Mev. Jy het jou man gestaan en nie toegelaat dat n groot korporatiewe maatskappy jou boelie nie!
….en toe kom hulle vinnig agter dat deur NIE te betaal nie, hulle baie meer gaan verloor!
…en ek gee nie om wat die “regspersone” sê nie. Dis die hele probleem. Die WET is nie altyd eerlik en opreg nie…

Mismoedig ·

Gepraat van eerlik wees.. moes Mnr. Ganas nie ook eerlik op sy aansoekvorm gewees het nie?

Gertjie ·

Antie die bloed mag dalk duer die versekiringsmaatskappy getrek word maar die toetse word gestuur na pataloee tensy u ander inligting het .

Ig ·

Vat so katvis. Laat dit n les wees vir versekeringsmaatskappye. Die ou suurgatte wat nou galbraak oor verhoogde premies ens, julle loop seker op water. Discovery se nuwe bank gaan ook die mag van saamstaan voel

Koos ·

Hallo Dries . Eerstens praat ons van lewensversekering en die antwoorde op die aansoek was oneerlik . Tweedens as jy met n voertuig ry wat se bande glad is is hy onpadwaardih sover my kennis strek .

Werner ·

Hahaha. Sosiale media maak my siek. Hierdie self-geregverdigde keyboard cowboys wat heeltyd net iemand wil Spur hieroor en daaroor en dan het hulle meestal nie eens die vaagste benul waaroor alles gaan nie. Audi alterem partem “regspersoon” . Die keyboard coboys is nie veel verskillend van die leë-blik EFFies en ander soortgelyke medua boelies nie. Dink voor julle snert kwytraak

Koos ·

Dries die voertuig se bande het seker glad geword in parkeer area. DUIDELIKE LOGIKA.

Moo ·

Nee dankie vir momentum sies skaam julle nou ewe skielik skrik julle omdat jul kliente sal verloor as jul nie betaal nie,maar die vertroue van moontlike en bestaande kliente is klaar gebreek. Jul sal meer skade ly as die 2.5 miljoen. Ek is net baie bly sy vrou word uitbetaal.

LL ·

Hartvogtige aanvanklike besluit ? Kwaai klei getrap vir n paar dae. Groot reputasie skade opgedoen in die proses. Momentum is n goeie firma en sal leer uit hierdie “in die voet skiet episode”

Sky ·

Eers kerm die mense oor hulle nie uitbetaal nie. Nou kerm die mense OMDAT hulle uitbetaal. ‘damned if you do, damned if you don’t’ – die probleem met ons ou nasietjie is ons kan nie saamstem of saam staan oor niks nie. Dis hoekom ons sit waar ons sit.

Arie ·

Ja ek sal ook twee keer dink voordat ek iets met hulle doen, dankie vir sosiale media wat hulle oë oopgemaak het, hulle het of gaan beslis kliënte verloor

Sky ·

Eers kerm die mense oor hulle nie uitbetaal nie en nou kerm hulle OMDAT hulle uitbetaal… “damned if you do, damned if you don’t”

Ed ·

Oneerlikhied word aanvaar. Stop my versekering by Momentum. Was trots oor hulle standpunt nou egter teleurgesteld.

Pik ·

As ek momentum was sou ek die verhoogde premie uitgewerk het wat dit sou wees en die verskil uitbetaal het na aftrekkings

Ed ·

As ons al die berigte lees dan blyk dit dat sy bloedsuiker vlakke baie hoog was en hy nie medikasie gebruik het nie . Momentum of geen ander mpy sou dekking toegestaan het nie .

Fanie ·

Kom ons gebruik Dries du Toit se logika. N Dronk bestuurder ry en iemand ry on hom vas . Hy was reg want iemand het in hom vas gesry en hy is onskuldig

Wonder maar net ·

Hierdie was ń taai tammeletjie na beide kante toe. Die man was nie reg om inligting te weerhou oor sy mediese toestand nie. Sou hy gesterf het aan ń siekte toestand van enige aard sou hy geen reg gehad het dat sy naasbestaandes ń sent gekry het nie. Dis nie hoe dit gebeur het nie. Ek wonder net of versekering maatskappye hulle fynskrif gaan aanpas om voortaan te verseker dat sodanige situasies nie weer gaan voorkom nie.

Ed ·

Johan as hy eerlik was op aansoek sou hy nie dekking gehad het nie. Sy bloedsuikervlakke was nie onderbeheer en hy het geen medikasie gebruik. Vra eerder hoekom weet hiisdokter van die probleem en niemand anders . Daar is altyd geheue verlies wanneeer geld betrokke is

M T ·

Ek dink dis gemeen wat hulle die vrou deurgesit het. Haar man is dood! Dan betaal hulle en dan wil hulle die geld terughê. Dis gemeen!

Linda ·

Vandag het Julius Malema van die EFF vir Momentum begin waarsku met twiets, een uur later, reik Momentum n verklaring uit dat hierdie eis uitbetaal sal word !!!! Hul is vrek bang vir Malema en kie !!!!

Linda ·

Ek het n gevoel dat hierdie Chris hier wat so snert praat, mos n Momentum maakelaar is….ooooo jinne siedaar !!!!!

Eduan ·

So as hy n makelaar is het hy noe n reg om sy opinie te lewer

Rikus ·

Nogal ‘n slim skuif van Momentum. Dit dwing nou ander maatskappye om ook sterftevoordeel uit te betaal in die geval van geweldsmisdaad ongeag die slagoffer se gesondheid.So nie, mag van hul kliënte dalk oorskuif na Momentum toe.
Nee, ek is nie aan Momentum se kant nie. Die hele lewensversekeringsbedryf laat my koud. Ek het nie ‘n enkele sent se lewensversekering nie.

Hanna Hoekom ·

Monentum: afgehandel! Discovery Bank: a work in progress. Komaan verbruikers, wys hierdie maatskappy wie is baas! Spur sal julle kan vertel…

Nettie ·

@Hanna Hoekom – so gepraat van verbruikers wat ditse-datse moet wys wie baas is ….. kom ons wys die ditse-datse maatskappye en besighede wat in hul televisie-advertensies nie die land demokraties verteenwoordig nie, m.a.w. net swartmense in hul advertensies gebruik, óók wie baas is.

Ons, die blankes, se koopkrag is goed genoeg, maar ons mense is nie goed genoeg om hul produkte/dienste te adverteer nie? Kom ek noem net ‘n paar: die einste Momentum, Old Mutual, SANLAM, Discovery, Edgars, Spree, Avbob (daar is blanke mense in hul advertensie, maar net swart akteurs het praat-rolle) ……..

Magrietha ·

Die vrou se man het nie gesterf van mediese toestand nie.Hy is oorlede van n misdaad julle sal haar moet uit betaal.Laat dit vir julle versekering n les wees of moet ek se die eienaar van versekering n les wees

Parlement ·

Momentum het bietjie sommetjies gaan maak en besef hulle gaan teen die einde van die dag biljoene verloor!!!

nettie ·

Ek wil net graag weet, as mens eerlik, is op n aansoek, dan skiet hul jou af, omdat jy n diabeet is, is dit regverdig? Diskrimineer hul nie teen mense, wat Diabeet leiers is nie? Askuus ek probeer net regtig verstaan, want by elke, lewens versekeraar, as hul mens bel, en dan vra hul of jy n diabeet is, word jy net af gewys, …….mevrou, die aansoek was nie suksesvol, maar ons kan vir jou n ongeluks voordeel, uit reik??? Is daar iemand wat wel mense, met diabetes dek?

Hendrik UAE ·

Ek dink alles het ten goede uitgewerk.Momentum het geswig onder druk,betaal uit so die klient MOET nou happy wees en Momentum gaan groot wen want hulle is nou markleiers met hierdie voordeel wat hulle ook terugwerkend toepas.EK haal my hoed af vir Momentum want anders as die Sasol en Discoverys erken hulle n fout en stel dit reg met rente,

Diefie ·

En so dink die Momentum hul kan wegkom met moord. Diep dankbaar die weduwee kry die geld. Hoop net sy gebruik dit wys.

Maria ·

Hoekom nie van die begin af betaal nie maar weet hil naam kan groot skade agv die media . Dit was van die begin af n onredelike besluit van die mpy . Well dine mevjy nie moed opgegee nie ⭐️

Christina ·

Lyk my hierdie is ‘n geval van “damned if you do and damned if you don’t”
Toe Momentum nie wou uit betaal nie is hulle gekruisig. Nou dat hulle betaal word die eiseres gekruisig.
Indien al die klaers net die berig met insig gelees het, moes hulle gelees het dat die betaling en toekomstige betalings uit die wins betaal word en nie uit die premies nie, dus dui dit nie vir my op ‘n verhoging van premies vir bestaande kliënte nie?
Ek dink Momentum het met waardigheid uit hierdie situasie getree.
Misdaad is ‘n werklikheid in ons land. Miskien is dit tyd dat die Lewensversekerings bedryf moet hervorm om by Suid-Afika se werklikhede aan te pas?

honourable member ·

So bly vir jou. Hierdie plekke moet hulle huise in orde kry. Die man is vermoor en bloedsuikervlakke was nie eers n factor hier. Leer uit julle foute Momentum

Carl ·

Wat ek nie verstaan nie, is dat sy moord uiteraard absoluut niks met sy verhoogde suiker vlakke te doen gehad het nie. Waarom dan in die eerste plek was daar geweier om die eis uit te betaal?

bgj van der westhuizen ·

as hou op kla oor premies wat op gaan dit was n wen vir almal onthou n n land soos suid afrika kan jy dalk more wees wat vermoor word

Nika ·

Ek is baie teleurgesteld in al die kommentaar wat ek lees van mense…. sy het haar man verloor agv moord. n Geliefde is dood en ongeag of hy suiker gehad het of nie dis nie waarvan hy dood was nie dan sal ek verstaan as momentum nie wou uit betaal nie, maar hy is koudbloedig vermoor en sy het dalk niks nie, nie n inkomste nie, nie n manier om skuld wat hulle mag hê af te betaal nie. Wees bietjie bedagsaam oor ander se gevoelings en situasies. Passop hoe julle ander oordeel!

Piet Pompies ·

Gedurende my dienstydperk van 11 jaar by Yskor VDBP het ek soos al die ander duisende werkers bygedra tot lewensversekering skema. Na ek die maatskappy se diens verlaat het was daar geen keuse om privaat voor te gaan met die lewensdekking, die versekering is gestaak en geen premie terugbetaling is gedoen. Dieselfde het gebeur met al die ander Yskor werknemers wat pakette gekry het, bedank het. Die werkersmag het van omtrent 24000 gedaal na 8000. Wat het geword van daardie fondse? Een of ander versekeraar glimlag al die pad bank toe, die werkers is almal “suckers”

Daan ·

Jaco. Maslow is teen jou. Om nie eers die Dunning Kruger effek te noem nie. Ek wou sê met die maat waarmee… Maar ek sal my tyd mors. Leuens is leuens.

Willie ·

LEKKER Momentumskelms – julle VET kate corporates kan nie vir altyd wegom om die gewone ou op straat op te skroef nie !

Dankie social media – geregtigheid, of sal ek nou sê morele waardes het geseevier !

wessel ·

Goed gedoen sosiale media gebruikers, julle het die saak namens die verbruiker gewen. Kom ons maak nou Discovery met hulle “Rassisme ” aangaande die 10% aandele wat slegs vir swart mense bestem is ons volgende teiken. en laat hulle verstaan hulle is verkeerd. En dat ons wel `n se in die saak het.

Pikkewyn ·

Ek wonder of al die versekeraars dit nou sal oorweeg. Soos voorheen genoem is my broer in ‘n moterfiets ongeluk oorlede, maar agv asma behandeling wat hy meer as 10 jaar voor sy ongeluk gehad het, het hulle besluit om nie sy eis uit te betaal nie. Hy was nie op asma behandeling voor die ongeluk nie en my punt aan hulle was, dat hy nie agv asma oorlede is nie maar agv ‘n motorfiets ongeluk.

ERIKA ·

Die persoon is VERMOOR /DOODGESKIET (soos dit elke dag in ons land gaan. Vandag of more kan dit ek of jy wees) nie dood aan enige siekte verwante saak nie. As hy agv diabetes of so iets dood is sal ek se ja stel ondersoek in. Dan kan hulle weier. Wat dit nou se as ek vermoor word doen hulle ‘n outopsie sien ek het ‘n hartklep wat nie regwerk nie en besluit hulle betaal nie uit nie. Die rede vir my dood ek is eintlik vermoor (geen natuurlike oorsaak nie). Dit kom op dieselfde neer.

Manie ·

Wys jou oneerlikheid is nog die beste wapen in die land. Jy moet net genoeg publisiteit kry vir jou oneerlikheid. Ek glo nie momentum sal beweer hy’t hoë bloedsuiker gehad as dit eers begin het na die polis in werking gestel is. Hierdie was doelbewus daad om n siekte toestand weg te steek. Ek hou nie van versekering maar ek dink momentum moes onder druk geld betaal aan oneerlike mense

christa ·

dis goed die uitbetaling is gedoen maar leer om te lewe sonder leuens. As jy oor iets klein lieg moet jy weer lieg om daardie leuen te bedek. Geen leuen is die skade wat jy kan ly werd nie.

Gert ·

You go girl !! Die Here slaap nie! Alles van die beste vir jou en gesin. Nou sal jou man ook in vrede rus.
Mag dit n duidelike boodskap vir die versekeraars stuur. Doen julle huiswerk !

Daan Erasmus ·

Gert. My Here keun nie leuens goed nie. Ek is te bang om te vra?

Yvonne ·

Well done aan die publiek en social media. Was dit nie vir julle nie sou hierdie vrou nooit in ewigheid ‘n sent kry nie. Well done.

Nico ·

Momentum se manne het sekerlik nog nooit gehoor van die Baron Von Schaurot sage om en by 1962 nie. Sanlam het geweier om te betaal terwyl Ou Mutual onmiddellik betaal het. Sanlam het ‘n reuse borrel gesluk terwyl OM enorme besigheid ten koste van Sanlam gekry het. Wat ‘n advertensie was dit nie vir OM nie, en Sanlam was die nana wat in hulle hande gesit en huil het oor hulle onnoselheid.

tamboti ·

Baie goeie punt Nico, pas op wat jy doen – hoe jy dit doen – en wat die gevolge gaan wees.

Abe ·

Dit is baie duidelik vir my dat Momentum en die ombudsman reg opgetree het. Die man het noodsaaklike inligting weerhou toe hy aansoek gedoen het om ‘ n lewenspolis uit te neem. Dit kom neer op oneerlikheid en bedrog en dit maak die polis ongeldig. Momentum was myns insiens baie ruimhartig toe hulle aangebied het om die premies terug te betaal. Geen hof sou ‘n versekeraar onder hierdie omstadighede verplig het om dit te doen nie.

Thinus Erasmus ·

MJ JY maak nou besonderhede bekend vie die eerste keer en Momentum het dit nie gedoen nie, waar kry jy daardie inligting? Dit is wel so dat as die aansoeker dit wel bekend gemaak het dat M hom versekering kon weier, of kwaai belaai of dekking beperk of uitgesluit het. Dan is jy reg dat hul wel die eis kon weier, maar dit sou baie beter wees om met die weduwee te vergader en van die begin af die standpunt inneem dat hul wel ‘n verminderde skikkings bedrag uitbetaal.
Net die feit dat hul nie al die besonderhede aan die publiek bekend maak nadat hul besef die nuus is uit nie, wys dat hul inderdaad nie veel van die publiek dink nie (hul melkkoeie)
Ek moet hul egter geluk wens met die wyse waarmee hul die publiek nou PAAI – dit is nogal baie effektief en dapper.

mm ·

Ek is bly vir haar…maar die punt is haar man moes nie eers daai lewensversekering gekry het of gehad het nie weens die feit dat hy sy siektetoestand verswyg het., of sy premies sou baie hoer gewees het. As hy eerlik was oor sy siektetoestand sou Momentum aan hom die versekering gegee het? Ek glo nie. Dit gaan nie oor hoe hy gesterf het nie dit gaan oor die feit dat hy gelieg het oor sy gesondheid en so die versekering gekry het waarvoor hy eintlik nie gekwalifiseer het nie. So verwag maar n premie styging vir ons wat nog van Momentum moet gebruik maak asook baie strenger voorwaardes voor hulle vir jou versekering gaan gee

Thinus Erasmus ·

Ek wil graag ook die voorstel aan versekerings maatskappye maak: Waarom doen jul nie eerder die ondersoeke by aanvang van die polis as by die eis nie, dan skakel jul mos baie dispute uit?
Moenie die verskoning van koste of tyd voorhou nie – die aansoek kan soos normaalweg gekeur word, en by voorwaardelike aanvaarding kan die klient se dokter teen betaling ‘n volledig ondersoek doen, en die klient versoek word om verdere toetse te ondergaan.
Dan word uitsluitings, beperkings en beladings sommer by aanvang van polis vasgestel en die klient moet dit aanvaar. Indien hy dan oneerlik was of nie die voorwaardes wil aanvaar nie, kan hy/sy dan vir die kostes verantwoordelik gehou word.
Net so maklik (of nog makliker) as wat hul na die doods-eis die mediese geskiedenis kon opspoor, kon hul dit by die aansoek gekry het.
Ek het self vir die twee groot maatskappye gewerk en weet waarvan ek praat as dit by ‘mediese vereistes’ kom.
In elk geval maak versekerings maatskappye baie wins op polisse wat nooit tot by ‘n eis vorder nie – hul kan bekostig om hier en daar ‘n diskresionere uitbetaling te maak, dis net menslik.

GeenMomemtum ·

Het jy nou al gedink hoeveel miljarde hulle gaan verloor as hulle elke eis moet uitbetaal omdat hulle nie by uitbetaalslag kan weier nie, omdat jy een of ander simpel skeet nie verklaar het nie. As hulle almal voor die tyd gaan afkeur op een of ander skeet gaan hulle mos niemand se geld kan stee…l (/ sorry ek bedoel vat) nie daar gaan dan mos geen beaigheid wees vir hulle nie

Johan ·

Waar is al die mense nou wat gister Momentum so verdedig het? Momentum het besef hul het fout gemaak (polis uitgereik sonder volledige mediese toetse). Vir my is dit egter ook kommerwekkend dat die Ombudsman Momentum gesteun het. Hierdie is nie net “swig onder publieke druk nie”. Dit het wel rol gespeel.

Stormrider ·

Ek vermoed hierdie hele aangeleentheid was ‘n briljante mark-strategie om eers negatiewe publisiteit uit te lok, want slegte nuus versprei vinnig, en om dan op die rug daarvan ‘n innoverende nuwe voordeel bekend te stel, sonder om enige uitermatige bemarking onkostes uit te lê. Welgedaan – hulle het nou ‘n voordeel bo ander kompeteerders – ek is reeds by Momentum en kry ook nou hierdie ekstra voordeel.

Geenmomemtum ·

STORMRIDER,
Jy is die enigste persoon waarvan ek weet wat dink om GEWELDADIG te STERF n voordeel is, vir hoeveel is jy verseker om geweldadig te sterf….

charmaine ·

Ek is bly vir haar, haar man is vermoor hy is nie aan siekte of swak gesondheid dood nie.
Moordenaars vra nie of jy hoe bloedruk, hartkwaal doof of blind is nie, in die land vat hulle lewens soos hulle wil. Momentum het hulle eie bas gered. Moord, selfmoord, siektes is duidelik nie dieselfde nie hulle het hulle misgis met sosiale media.

Linda ·

Nico, hierbo, is spot on en praat die waarheid !!! Ja Nico in n tyd soos die behoort Momentum geen teenkanting gebruik het nie en die eis uitbetaal het. Jy is reg !!!!

Louw ·

Momentum was nog al die tyd reg en het binne hul maandaat opgetree. Die polishouer was oneerlik. Maar, nou het Momentum ‘n baie goeie besigheids besluit geneem en so sal hulle baie mense kry om by hulle te verseker en natuurlik sal dit lei tot ‘n groter inkomste en die oneerlike eise daaruit betaal. En my en jou premies sal skielik met 8 of 9% styg om op te maak vir die wat lieg.

tamboti ·

Rerig Louw, as jou premie opgaan sal dit wees omdat M hul sokkies optrek en keuring beter gaan bedryf in die toekoms.
Hierdie geval sal jou premies nie eers met 0.08/0.09 % of minder raak nie!

Abe ·

Louw,
Jy is natuurlik reg deur te se Momentum het nog altyd reg opgetree en jy is ook reg as jy se hulle het nou n baie goeie besigheidsbesluit geneem. Waarskynlik is jy ook reg as jy se die eerlike polishouers sal nou heelwat meer vir hulle premies moet betaal.

Stormrider ·

Jong Tamboti, hierdie is wel die geval in 76,2357% van die gevalle, maar wat van die ander 48,3241% ?
???

Louw ·

Ek weet nie watter manier Momentum dit sal infaseer nie, maar ek weet PPS het al oor die 8 jaar ‘n produk waar jy kan kies vir “accidental death”. Dit vir my is die beste manier om dit te doen want dan betaal jy vir ‘n voordeel en die ander persone wat dit nie wil betaal nie, het nie daardie dekking nie.

tamboti ·

Stormrider, jou sommetjie klop nie. Volgens momentum self verteenwoordig betwisde eise net 0.64% van totale uitbetalings!
Hulle praat van groot geld man, jy moet net mooi kophou.

B ·

Dis ‘n jammerte onkundige sosiale gebruikers het Momentum laat ingee. Baie teleurgestel dat oneerlikheid so beloon word.

Nettie ·

@B – ek stem saam met jou! Mnr. Ganas was ONEERLIK, punt, einde van die saak.

Momentum-polishouers moet hulle nou maar regmaak vir moewiese verhogings in hul premies – onthou net: nie alleen word mnr. Ganas se lewensdekking van R2,4m uitbetaal nie, maar die besluit om lewensdekking uit te betaal vir sterfgevalle a.g.v. geweldsmisdaad (waar dit voorheen afgewys is) is TERUGWERKEND (weet nie vir hoe lank nie).

En maatskappye soos Momentum gaan nie staan vir die verliese nie – jy, gewone Jan Alleman op straat, wat by hulle verseker is, gaan vir mev. Ganas se eis en alle soortgelyke eise, terugwerkend, betaal.

Geenmomentum ·

Nettie, julle stres oor al die terug werkende eise wat moet betaal word, is daar regtig soveel eise wat moet uit betaal word, wat in die verlede geweier is wat dit regtig hule sak gaan raak…

Genoeg gehad ·

Mooi so mev Ganas. Ek wil nooit weer iets mey Momentum te doen he nie. Hulle voel vere vir mense in sulke omstandighede. Momentum julle het julle beeld SELF skade aangerig.

Avokado ·

Die versekeringmaatskappye diskrimineer al jare teen my omdat ek oorgewig is. Ek kan nie my sondes wegsteek soos rokers en drinkers nie. As ek kwalifiseer vir dekking word ek in my peetjie in gestraf met “belading” omdat ek kwansuis ‘n risiko is. Ek ly nie aan bloeddrukprobleme, suiker of cholestrol nie. Maar ek word steeds “belaai”. Die roker en drinker kan lieg en niemand is enigiets wyser nie. In elk geval, gaan my vrou se eis geweier word omdat ek oorgewig is en in ‘n kaping doodgeskiet of motorongeluk sterf?

Anoniem ·

Die oorledene sou heel moontlik nie soveel dekking kry vir sy premie as hy openbaar het dat hy aan verhoogde bloedsuiker gely het. Ons weet egter orals word die geringste verskoning in elke geval gebruik om nie uit te betaal, die onus rus volgens my steeds op die polis plekke om standaard toetse te laat aanvra en nie net die premies en kommissie te vorder en te wag totdat die polishouer doodgaan om die eis te weier nie. Tyd dat daar ook na agente se kommissie gekyk word, baie skryf swak polisse vir die mees moontlike kommissie sonder om werklik die kliënt te belang in ag te neem.

JE ·

Makelaars behoort “al” die reels te ken, jammer Momentum het hier situasie geskep wat baie nou gaan aandring op, dit is beslis nie reg nie, wat geldig was met uitneem van polis moet steeds geldig wees. Geen openbaarmaking van siektetoestand, beteken geen betaling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.