‘Monster-vragmotor’ maak korte mette van brande

(Foto: Drakenstein Farm Watch/Facebook)

ʼn Spesiaal geboude Russiese Ural 4320-brandbestrydingsvragmotor, toegeken aan die Drakenstein Farm Watch-brand- en reddingsgroep in die Paarl in die Wes-Kaap, het vandag vir die eerste keer sy staal gewys.

Die DFW-groep is uit talle gekies om eerste tydelik “besit te neem” van dié trots Suid-Afrikaans geboude brandbestrydingsvragmotor. Dit is gebaseer op ʼn Russiese 4×4 Ural 4320-supervragmotor, sê Daan van Leeuwen Boomkamp, algemene bevelvoerder van Drakenstein Farm Watch (DFW).

Anco Manufacturing verskaf al jare lank toerusting en pompe aan DFW, waaronder ʼn ultrahoëdrukeenheid 150Bar 54l/min wat DFW spesifiek in huisbrande kan gebruik om waterskade soveel as moontlik te beperk.

“Nou het die Anco-groep ʼn brandbestrydingsvragmotor ontwikkel met verstommende prestasie en kenmerke. Dit sal brandbestryding vir altyd verander.”

(Foto: Drakenstein Farm Watch/Facebook)

Die vragmotor het onder andere ʼn opblaas en afblaas-vermoë terwyl dit bestuur word, het ʼn groot ashoogte, 900 nm wringkrag permanent 4×4, ʼn reënstelsel om die vragmotor te beskerm wanneer die vlamme dit sou omhul, ʼn waterkanon wat die bestuurder in die kajuit met ʼn kontrole kan beheer en Anco CAFS (saamgeperste lugskuimstelsel) wat ʼn nuwe manier is om brande mee te blus. ʼn Voorwerp kan nou van die vragmotor met ʼn dik laag skuim bedek word.

Die bevelvoerders van Drakenstein Farm Watch het spesiale opleiding by die fabriek in die ooste van Suid-Afrika ondergaan en het daarna die vragmotor 1 600 km na die Paarl terugbestuur.

Die vragmotor het vandag sy debuut gemaak. Die eerste brand was by Lanquedoc-gastehuis waar ʼn veldbrand gewoed en die bure se eiendom bedreig het. Die Ural/Anco-vragmotor, wat deur twee DFW-bevelvoerders hanteer is, het met behulp van die waterkanon die brand binne minute geblus.

(Foto: Drakenstein Farm Watch/Facebook)

ʼn Brand is daarna by die Diemersfontein-ingang aangemeld, omdat Paarl-brandweer reeds gelyktydig besig was met twee ander brande. Die DWF het twee 4×4-brandbestrydingsvragmotors ontplooi en dié brand het ook nie ʼn kans gestaan nie.

ʼn Brand by Mbekweni is ook binne minute geblus en terug by die hoofkantoor is ʼn brand deur die honde-eenheid van die polisie aangemeld wat die span by DFW kom haal het.

“Alle data wat tydens die volgende periode deur DFW-bevelvoerders ingesamel word, sal geanaliseer word en bespreek word om moontlik die funksionaliteit van die vragmotor uit te brei,” het Van Leeuwen Boomkamp bygevoeg.

(Foto: Drakenstein Farm Watch/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SjN ·

Diens en onderhoud moet gedoen word
dan sal dit jare gebruik kan word, moenie weer dit agtererwee laat nie asb.

Christine ·

Welgedaan! Klink of hierdie Suid-Afrikaanse-geboude model die ontydige brande vinnig gaan stopsit. Gebou in die ooste van Suid-Afrika?

james ·

JIP wanneer SA iets vervaardig kan dit meeding met die beste ter wêreld, kyk maar na ons destydse weermag voertuie vir land, see en lug !!!!!

Mudguard ·

Klink na net die regte ding vir die parlement. Sal ook help met die kaders se geldwassery.

madels ·

Met al die “toevallige” brande het ons 50 van die super modelle nodig

Anoniem ·

Sal goed werk as teen oproer voertuig, verander net die skuim gooi funksie met traangas. Traangas en water werk soos “torch & battery”.

Waarnemer ·

En teen watter spoed kan die super monster ry,as dit soos enige ander brandweervoertuig n topdpoed vsn 50kmh haal gaan dit steeds te laat op die toneel aankom…….en ons benodig n monster wat berge kan klim en bos brande kan keer….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.