Montecasino-lyk: Hof hoor dalk vandag vrou se belydenis

Die voormalige ontkleedanseres Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan (agtergrond) in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Die voormalige ontkleedanseres Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan (agtergrond) in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Jean-Pierre Malan en Maruschka Robinson wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor en sy liggaam in die kattebak van ʼn motor by Montecasino gelos het, verskyn na verwagting Dinsdag weer in die Randburgse landdroshof.

Malan en Robinson, ʼn voormalige ontkleedanseres, word van die moord op Dustan Blom beskuldig nadat Blom se ontbinde liggaam in die kattebak van sy motor opgespoor is. Die motor is in September 2013 in die parkeerterrein van die vermaaklikheidskompleks opgespoor nadat veiligheidsbeamptes ʼn slegte reuk geruik het. Robinson is op 24 September in hegtenis geneem en Malan op 26 September.

Tydens hul vorige hofverskyning het staatsaanklaer Yusuf Baba aan die hof gesê dat Robinson ʼn belydenis gemaak het. Baba het gesê die staat gaan bewyse voorlê dat Blom verlede jaar in Mei vir dronkbestuur in hegtenis geneem is en dat sy gehelp het om hom sy vrylating te bewerkstellig. “Robinson het dus toegang tot sy bankkaarte, paspoorte en sy identiteitsdokument gehad voordat Blom gesterf het,” het Baba gesê.

Baba het gesê die staat sal moord met voorbedagte rade bewys. – SAPA

Lees ook:
Montecasino-lyk: Staat sal moord met voorbedagte rade bewys
Vrou bely oor Montecasino-lyk
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Gewapende mans soek glo dossier
Montecasino-moord: “Dis ‘n ingewikkelde saak”
Twee weer in hof vir Montecasino-moord
Montecasino-lyk: Vier in hof vir bedrog
Montecasino-lyk: Nog vier persone vas
Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.