Montecasino-lyk: Twee weer in hof

Maruschka Robinson in hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Maruschka Robinson in hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Jean-Pierre Malan en Maruschka Robinson wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor en sy liggaam in die kattebak van ʼn motor by Montecasino gelos het, verskyn na verwagting Woensdag in die Randburgse landdroshof.

Malan en Robinson, ʼn voormalige ontkleedanseres, word van die moord op Dustan Blom beskuldig nadat Blom se ontbinde liggaam in die kattebak van sy motor opgespoor is. Die motor is in September 2013 in die parkeerterrein van die vermaaklikheidskompleks opgespoor nadat veiligheidsbeamptes ʼn slegte reuk geruik het.

Robinson is op 24 September in hegtenis geneem en Malan op 26 September. Malan se prokureur, Shaun Hamilton, het tydens ʼn vorige hofverskyning gesê sy kliënt is bereid om bloedmonsters en voorbeelde van sy handskrif te verskaf. -SAPA

Lees ook:
Gewapende mans soek glo dossier
Montecasino-moord: “Dis ‘n ingewikkelde saak”
Twee weer in hof vir Montecasino-moord
Montecasino-lyk: Vier in hof vir bedrog
Montecasino-lyk: Nog vier persone vas
Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.