Shirley Moeng, ʼn forensiese patoloog, het getuig dat een van die beentjies in sy nek gekraak was. “Dit gebeur gewoonlik met dié soort sterftes – wanneer iemand gehang of verwurg word – wanneer die tong uit die mond gedruk word,” het sy gesê.
Volgens Moeng was Blom geklee toe sy liggaam gevind is. Daar was ʼn handdoek onder hom en hy het geen wonde gehad nie. Sy klere was vol bloed en ander liggaamsvloeistowwe weens sy toestand van ontbinding.
Blom se liggaam is op 22 September 2013 in sy motor in die parkeerterrein van Montecasino opgespoor nadat veiligheidsbeamptes ʼn slegte reuk geruik het. Maruschka Robinson en JP Malan is kort hierna in verband met Blom se dood in hegtenis geneem.
Die verhoor duur voort. Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.
Ek het vandag uit gevind van jul netwerk en ek wil net Baie Dankie se vir al die wonderlike artikels!!! In ons moedertaal en gratis !!!