Montecasino-moord: Moordenaars swaar gevonnis

Maruschka Robinson en kêrel Jean-Pierre Malan. Foto: Werner Beukes / SAPA

Maruschka Robinson en kêrel Jean-Pierre Malan. Foto: Werner Beukes / SAPA

Maruschka Robinson, die voormalige Lollipop Lounge-ontkleedanser, en haar kêrel JP Malan is Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis vir die moord op Dustan Blom.

Robinson (24) is tot 29 jaar tronkstraf gevonnis en Malan (32) is ʼn lewenslange vonnis opgelê.

Die paartjie is in Junie skuldig bevind aan die moord op Blom (37) nadat sy liggaam op 22 September 2013 in sy motor se kattebak by Montecasino gevind is. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon hy is verwurg.

Robinson het in Blom se huis ingetrek enkele maande nadat sy vrou dood is tydens die geboorte van hul baba. Die hof het vroeër gehoor hoe Robinson en Malan Blom se drankie gedokter het en sy bankkaart gebruik het om geld uit sy rekening te trek.

Regter Delize Smith het tydens haar vonnisuitspraak gesê die paartjie het Blom se gasvryheid misbruik. Smith het gesê die rooftog en moord op Blom was die gevolg van Robinson en Malan se gierigheid.

Lees alle vorige berigte oor die Montecasino-moord op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christie Joubert ·

Ek hoop julle vrot op in die tronk. Wat julle gedoen het is laakbaar. Walglik. Sies, skaam julle!!!

Liewe lulu ·

Mev Blom het n tweeling gehad. Die kinders word deur n familie lid versorg. 2 kinders wees gelaat deur n gierigaard

Madelein ·

Ek is baie bly hulle word gestraf vir hul dade. Ek vra net in ‘n ander asem……hoekom is Oscar se vonnis so lig?

candice ·

Want daar was nie ‘n 3de persoon betrokke nie…. ai! Wat doen di mense? Ek wonder wat gaan in moordenaars se koppe aan.. hoe kan hulle dink dat hulle met iets kan weg kom…
Is daar ‘n “loose connection” in hul koppe wat veroorsaak dat “brains” nie meer werk nie…. ai jai jai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.