Montecasino-moord: Tweeling vorder goed ondanks ouers se dood

Dustan Blom en sy vrou Talita op hul troudag in 2010. Foto: Facebook

Dustan Blom en sy vrou Talita op hul troudag in 2010. Foto: Facebook

Die tweeling wat wees gelaat is nadat hulle ma by geboorte oorlede is en hul pa ses maande daarna vermoedelik vermoor is, is “ongelooflik gelukkig” en toon goeie vordering.

Talita Blom is in Maart 2013 oorlede nadat sy aan die seuntjie en dogtertjie geboorte geskenk het. Die tweeling se pa, Dustan Blom, se liggaam is sowat ses maande later in die kattebak van sy motor by Montecasino gevind.

Maruschka Robinson en JP Malan is kort hierna in verband met die voorval in hegtenis geneem en staan tans tereg op aanklag van moord in die hooggeregshof in Johannesburg.

Volgens ʼn familielid is die tweeling in die sorg van Talita se suster en haar man.  “Die kinders se ontwikkeling en welstand is puik en hulle is ongelooflik gelukkig. Albei families is vreeslik ondersteunend en hulpvaardig met die grootmaak van die kinders en hul kom niks kort nie.” Die familielid het ook bekend gemaak dat Talita se sussie en haar man in proses is om die tweeling aan te neem en dat dit “glad verloop”.

Ryan Pickford, ʼn vriend van Blom, het Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, getuig dat Dustan gebroke was ná sy vrou se dood. Pickford het gesê Blom het baie geld geërf ná die dood van sy vrou waarna hy erg begin drink het. Die saak duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Montecasino op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anita ·

Talita se suster, jy is ‘n wonderlike mamma vir die tweeling!! Jy is so jonk maar volwasse en so braaf! Dankie dat jy hulle ‘n liefdevolle, gekoesterde lewe gee!!!

Joanne ·

Talita n groot dankie jys n sielvolle dietbare mens, gaan twee pragtuge gelukkige kinders wees, met dietbare ouers soos julle. Ek SALUUT jou

snip ·

Wat n wonderlike suster en swaer, om so mooi na die tweeling te kyk!!!! Julle het harte van goud. Julle sal seker sê, maar dis ons plig, maar vir party mense is dit werk en moeite, vir julle is dit spontaan en n voorreg en vreugde. Ek haal my hoed vir julle af.

ladybug ·

Vandat hierdie saak bekend geraak het, het ek vir Dustan so jammer gekry, hy was so gebroke na sy vroutjie se dood en toe sy eie moord … nou moet 2 mensies sonder hul ouers groot word. Maar dis andersins wonderlik om te sien hoe hul in liefde omvou word deur die families.

Geregtigheid sal seevier en die skuldiges sal aan die pen ry, maak nie saak wie vir wie die skuld gee vir Dustan se moord nie, hulle moet altwee lewenslank boet vir hierdie walglike barbaarse daad!

Eish! ·

Ek kan dit nie glo nie. Gebroke na sy vrou se dood, maar wat van sy 2 kinders? Ek dink hy is selfsugtig gewees. As hy nie op ‘n hoop gaan sit het nie, het sy kiddies darem nog ‘n pa gehad. Al het hul by die sussie en swaer groot geword. Hy het sy vrou beslis gefaal. Sy plek en trots was aan die sy van sy 2 kindertjies. Sy vrou sou dit so wou gehad het.

Majoos ·

Aan Aish!: Pasop, jy wat dan geen sonde het nie, tel jy dan eerste die klip op om te gooi. Hoe durf jy iemand so oordeel???? Bly ek ken jou nie. Vrede vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.