Montecasino-moord: Verhoordatum vasgestel

Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan in die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die twee mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor en sy liggaam in die kattebak van ʼn motor by Montecasino gelos het, se verhoordatum is Dinsdag in die Randburg-landdroshof bekend gemaak.

Landdros Vincent Pienaar het die saak teen Maruschka Robinson en Jean-Pierre Malan na die hooggeregshof in Johannesburg oorgeplaas waar hulle verhoor van 6 tot 24 Oktober sal plaasvind.

Staatsaanklaer Steve Rubin het gesê die staat se saak is gereed. Robinson se regsverteenwoordiger het intussen van die saak onttrek en regshulp sal aan haar voorsien word. Robinson en Malan bly in aanhouding.

Malan en Robinson, ʼn voormalige ontkleedanseres, word van die moord op Dustan Blom beskuldig nadat Blom se ontbinde liggaam in die kattebak van sy motor opgespoor is.

Die motor is in September 2013 in die parkeerterrein van Montecasino opgespoor nadat veiligheidsbeamptes ʼn slegte reuk geruik het.

Robinson is op 24 September in hegtenis geneem en Malan op 26 September.

Lees ook:
Montecasino-lyk: Saak uitgestel
Montecasino-lyk: Hof hoor dalk vandag vrou se belydenis
Montecasino-lyk: Staat sal moord met voorbedagte rade bewys
Vrou bely oor Montecasino-lyk
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Gewapende mans soek glo dossier
Montecasino-moord: “Dis ‘n ingewikkelde saak”
Twee weer in hof vir Montecasino-moord
Montecasino-lyk: Vier in hof vir bedrog
Montecasino-lyk: Nog vier persone vas
Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Montecasino-lyk: Verdagte se bloed moet getoets word
Montecasino-lyk: Albei verdagtes vandag in hof
Montecasino-lyk: Verdagte in hof met vloekwoord op frokkie
Montecasino-lyk: Man vas
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
Vrou vas vir Montecasino-lyk
Gru-vonds by Montecasino

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.