John Moodey is herverkies as leier van die DA in Gauteng en sal die party in dié provinsie in die algemene verkiesing in 2019 lei.
Dié aankondiging is Saterdag op die Gallagher-landgoed in Midrand gedoen.
Anneke Scheepers, woordvoerder van die DA, het gesê die party se Gautengse leierskapsverkiesing is deur middel van ʼn geheime stemming gehou en stemme is uitgebring met behulp van die Hunt-Le Roux-enkel-oordraagbare stemstelsel.
“Die DA bring reeds werklike verandering aan die 4,4 miljoen mense in Johannesburg en die 2,9 miljoen mense in Tshwane,” het sy gesê. Die doel van die algemene verkiesingsveldtog is volgens haar om “die amp van die premier [in die provinsie] oor te neem en in die Uniegebou in te trek”.
Mike Moriarty is Saterdag as die party se provinsiale voorsitter verkies met Bongani Nkomo as sy adjunk. Suzanne Clarke is as provinsiale voorsitter van die Demokratiese Alliansie Vroue-netwerk (Dawn) verkies en Pogiso Mthimunye is die DA se nuwe provinsiale jeugleier.
Wonderlike nuus