Moodley wil nie van tronk verskuif nie

Leigh Matthews

Leigh Matthews

Donovan Moodley, wat skuldig bevind is aan die ontvoering en moord op Leigh Matthews, het ʼn aansoek ingedien in ʼn poging om die departement van korrektiewe dienste te verhoed om hom uit die Johannesburgse gevangenis te skuif, het die Saturday Star berig.

Volgens die verslag het Moodley Donderdag ʼn dringende aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien nadat die departement gepoog het om hom na die Kgosi Mampuru II-tronk in Pretoria te skuif.

Moodley het gesê sy aansoek is ʼn poging om seker te maak dat hy steeds sy regstudies deur die Universiteit van Suid-Afrika kan voortsit en sy eksamen in Mei kan aflê.

Die Saturday Star het verder berig Moodley is ook besorg dat hy nie meer sal kan kitaar speel nie, iets wat hom glo “onuitspreeklike vreugde en vertroosting” bring.

Hy het ook versoek om in ʼn enkelsel te bly en dat die hof sal verseker dat die tronkowerhede hom nie teister of viktimiseer nie.

Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement, het gesê Moodley en ander gevangenes sal bly waar hulle is totdat die departement sy repliek gelewer het.

Moodley is in 2005 skuldig bevind aan die ontvoering en moord op die 21-jarige universiteitstudent en dat hy haar pa afgepers het om geld by hom te kry. Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir haar moord, 15 jaar vir ontvoering en 10 jaar vir die afpersing. Hy is sedertdien in die tronk.

Matthews is op 9 Julie 2004 uit die parkeerarea by Johannesburg se Bond-universiteit ontvoer. Haar liggaam is op 21 Julie 2004 in ʼn veld in Walkerville, in die suide van Johannesburg, opgespoor.

Lees alle vorige berigte oor Donovan Moodley op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dave ·

Uit dieselfde bron as waar zuma geld gekry het vir nkandla, Christa. (kleinletters met opset want dit dui op minagting.)

Tammy ·

Kan iemand asseblief vir my se: Het moordenaars en rowers ook regte in Suid Afrika. Kan ek n moord pleeg en op voorkeur behandeling aandring as ek uitgevang word?

Dave ·

Is jou vraag spottend of ernstig? Ek hoop spottend want as dit ernstig sou wees, dui dit op totale onkunde. Moordenaars en rowers het selfs stemreg en help kies wie jou president is.

CHRISTA ·

Lyk my gevangenisse kry als wat Mandela en sy vrinne met die 1994 verkiesing aan hulle ondersteuners beloof het: GRATIS behuising, GRATIS water en ligte, GRATIS mediese dienste en GRATIS onderwys. Die meerderheid van ons is in die verkeerde beroep!!!

Gert van der Merwe ·

as gevolg van hulle stemreg is dit dat ons met zuma sit

Asjas ·

Moodley leef soos ‘n koning, geniet voordele soos studeer en mag daarop aandring om nie geviktimiseer te word nie en doen iets soos kitaar speel wat hom genot verskaf. Wat kan ons gewone burgers wat buite die veilige mure van die tronke bly na uitsien vandag?

Lindie Lourens ·

Donovan Moodley dring aan om te hê dit wat hy van Leigh Matthews geneem het !!!!! Ai, ai, ai-arrogante kêrel!

George ·

Vat almal in die tronke en laat hulle lande skoon skoffel en kos plant en werk , daar is baie paaie om reg te maak , hier buite werk ek vir my kos .

J.Z ·

Nie nie net ek nie maar eenige regdenkende mens stem saam met George se stelling, maar die wetgeewers sal dit nooit toe laat nie ,dit is hul boeties daar binne en die gedagte dat hulle ook daar kan land.

J.Z ·

As mens tronkstraf kry word jou regte ontneem oor jy ander regte oortree het.maar in die nuwe SA sien ons dat die krimnelle meer regte as eerlike landsburgers het.

Pretorius ·

Dit kos ons die belasting betalers miljoene om al die skelms in die oorvol gevangenisse te onderhou. Het het n artikel gelees wat se dat die tronke al so vol is dat sogenaamde klein misdade oorgesien word omrede daar nie meer plek in die gevangenisse is nie. Misdade soos bv huisbraak, dwelm handel en algemene diefstal is glo as klien meisdade geklasifiseer. Geen wonder dat die misdaad syfer die hoogte inskiet nie. Daar is duisen krimenele op straat wat net wag op sy volgende teiken. Jaarliks word baie van hiedie sogenaamde kein kriminele vry gelaat net om weer iewers anders misdaad te pleeg. Ek is skaam om n Suid Afrikaner genoem te word en daardie lelike vlag walg my, en al wat dit in my oe verteenwoordig is bedrog.

Narike ·

Hy is ‘n moordenaar, dis nie reg nie. Hy het ‘n meisie van haar toekoms weggesteel en nou wil hy in die regte leer? Om die ander moordenaars soos hy los te lieg? As eerlike mens buite die mure van die tronk, werk ek elke dag hard en BETAAL my eie studies want my vel is blank. Ek is ook op suid-afrikaanse bodem gebore, my ouers het my nie ingesmokkel van ‘n ander land af nie. Hoekom het misdadigers regte? Hulle kies om die wet te oortree en dit sorg dat hulle beter af is as ons? Baie ontevrede student.

EMK ·

Hoe sal hy nou NIE by ‘n ander tronk kan studeer of kitaar speel nie? Dis belaglik! Verder verdien hy in elk geval geen regte of voorregte nie en as ek die ouers is van Leigh sal ek die aansoek gaan teenstaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.