Moody’s gradeer Eskom af

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die graderingsagentskap Moody’s het die kragreus Eskom selfs verder onder beleggingsgraad afgegradeer.

Moody’s het Vrydag bekendgemaak Eskom se langtermyngradering is verder van Ba3 tot B1 afwaarts aangepas.

Moody’s het in ʼn verklaring gesê alle graderings bly “onder oorsig vir verdere afgradering”.

“Vandag se afgradering weerspieël die verswakking in Eskom se finansiële en likiditeitsposisie met geen korttermynvooruitsigte van regstreekse hulp van die regering nie,” lui die verklaring.

Die graderingsagentskap het bygevoeg daar is ʼn “sterk moontlikheid” dat die onlangse ingrypings by Eskom deur adj.pres. Cyril Ramaphosa die kragvoorsiener in staat sal stel om genoeg befondsing te verseker om aandag te gee aan sy dreigende likiditeitskrisis.

Die gradering bly onder oorsig vir afgradering, hangende bewyse van die maatskappy se vermoë om sy finansieringsbehoeftes te bevredig en sy finansiële posisie te stabiliseer.

Eskom se nuwe raad is verlede naweek deur Ramaphosa aangekondig.

Die nuwe raad is Jabu Mabuza (voorsitter), Sifiso Dabengwa, Sindi Mabaso-Koyana, Mark Lamberti, Tshepo Mongalo, Malegapuru Makgoba, Busisiwe Mavuso, Nelisiwe Magubane, Rod Crompton, George Sebulela, Pulane Molokwane, Banothile Makhubela en Jacky Molisane.

Die regering het  Phakamani Hadebe as die waarnemende hoof aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Callie ·

Jy moet darem weet, as jy die monopolie op n produk het wat absoluut miljoene mense moet he, jou winsgrens per eenheid so hoog is en jy speel bankrot. Jy hoort glad nie naby besigheid of naby n posisie hoer as skoonmaker nie. Hierdie is die duidelikste bewys wat jy kan kry van die totale onbevoegdheid.

Joe Hall ·

In die kol Callie.
Ons moet maar hoop dat die spiksplinternuwe raad inderdaad ‘n verbetering is en nie bloot ‘n rondskuiwery van die Titanic se dekstoele is nie.

Peet Schabort ·

Die enigste besigheid wat verbruikers versoek het om nie sy produk te koop. Wat selfs subsidies gegee het vir sonverwarmers se aankope!
Dankie tog vir Oom Son wat vêr genoeg verwyder is om nie getap te kan word totdat daar niks oor is. Jy (oom Son) gaan weer soos van ouds lig en hitte moet voorsien. Ek sien al hoe skuif ek in die winter om die huis soos ek die baan van die son volg vir hitte . . .

Bekommerd ·

Stem saam Callie…..dit skree ten hemele van hoe ons swaar verdiende geld wan bestuur word.

Piet Pompies ·

Die skade wat ESKOM bestuur veroorsaak het is veel wyer as die hulle eie besigheid self. AGV die sluiting van produktiewe steenkoolmyne deur ESKOM en Guptas met geld vergrype is daar ‘n tekort aan goeie steenkool vir kleiner verbruikers. Indien jy wel steenkool te koop kry behoort die myne aan ‘n gestapo wat dit aan jou sal verkoop teen ‘n baie duur prys.

Hettie ·

Maar dan onthou die regering steur hulle nie aan hierdie “white monopoly ” gewoontes nie .dit gaan goed in Suid Afrika!!

Plantasie Gorilla ·

Oompie Zumpie, he he he he he, ek het julle mos gewaarsku.

Adrian ·

Ek tel 13 nuwe miljoeners (kwalifikasies ?????) Regering moet nou daai 13 sny na 5 met uiters hoge wettige kwalifikasies. Sny die arbeidsmag met 50% stel sonpanele wat reeds opgerig is in werking so word verbruik van Gupta steenkool beperk asook gas … binne maande is eksdom op die regte pad

Jacques Venter ·

So laat die ANC alle staats beheerde maatskappye ondergaan. Cyril het n steil berg om te klim

Wessie ·

So beteken dit Eksdom is van gemors na groter gemors afgradeer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.