Moody’s gradeer Eskom, banke af

Argieffoto

Moody’s Investors Service het die kragreus Eskom selfs dieper onder beleggingsgraad afgegradeer.

Dit kom slegs ʼn dag nadat Suid-Afrika se vyf groot banke ook afgradeer is.

Eskom se langtermynskuld is van Ba1 tot Ba2 afgegradeer. Eskom se euro-effekte is ook van Ba1 tot Ba2 afgegradeer. Die vooruitsig op Eskom se skuld is negatief.

Anoj Singh, Eskom se finansiële hoof, het gesê dié afgradering volg op Moody’s se besluit om Suid-Afrika se staatskuld in sowel buitelandse geldeenhede as in rand tot Baa3, net een vlak bo rommelstatus, te verlaag.

“Eskom het reeds 53% van die finansiële jaar se befondsing bekom en ons is vasbeslote dat ons die volledige befondsing vir die jaar sal bekom ondanks uitdagende marktoestande. Ons likiditeitsvlakke bly gesond en Eskom se finansiële profiel bly verbeter en stabiliseer,” het Singh gesê.

Moody’s het Maandagaand die land se vyf groot banke, Standard Bank, FirstRand, Absa, Nedbank, en Investec afgegradeer.

Moody’s het verduidelik dié afgradering is as gevolg van die regering se kredietgradering wat verswak het. Dit beteken dat die regering nie meer in staat is om ondersteuning aan die groot banke te bied sou hul dit benodig nie.

Moody’s het bygevoeg die uitdagende bedryfsomgewing in Suid-Afrika het ook bygedra tot ekonomiese agteruitgang en verswakte makro-ekonomiese groei.

Moody’s het gesê hy verwag dat die bruto binnelandse produk (BBP) met slegs met 0,8% in 2017 sal groei en met1,5% in 2018.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dirk ·

O wonderlik so daar gaan nog n 25%verhoging kom in elektrisiteit.
ESKOM hou op bonusse betaal easy as pie. En ja soos wat nuus ook so sny korupsie uit. Maar ja smaak my geld bly maar n issue.

jaco ·

Moodys en Standard & Poor is n spul ryk wit mense wat in gerieflijke korrupsievrye wit eerste wereldlande sit en dan derde wereldlande op rekenaars sit en afgradeer. En dit sonder om te dink aan hoe hulle afgradering arm mense in daardie derde wereldlande gaan raak. Vreemd dat die ANC en die DA wat so rassisme agter elke bos uitskop, nie Moody’s en andere van rassisme beskuldig nie.

Burger ·

Jaco , ek wonder ook soms wie nou eintlik die toue in die wereld trek en vir wat se redes. Ek het so n idee , maar wat ek wel weet is dat die motief is eie gewin en mag ten alle tye . Manupulasie is altyd deel van die pad na rykdom en mag. Wat amper nie sin maak nie is dat die R die houe vat , inteendeel vandag doen hy weer goed. Moet ons luister na die ekonome of teelblare in n koppie . Laasgenoemde is darem goedkoper.

pieter ·

DIE RYKES WORD RYKER,N LAND WAAR SOVEEL GELD GESTEEL WORD MOES LANKAL BANKROT GEWEES HET,MAAR DIE RYKMAG GEBRUIK HIERDIE SISTEME OM GELD TE MAAK KYK NA ZIMBABWE EN AFRIKA EN ZUM AFRIKA.

John ·

So, die afgraderings was nonsies. Ons is mos ‘the darling of the world’ en Mandela is ons ewige ‘lucky charm’… of was…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.