Moody’s gradeer SA af na rommelstatus

Moody's

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s. (Foto: ANA)

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Suid-Afrika se beleggingstatus tot volle rommelstatus afgradeer. Die “groot drie” kredietgraderingsagentskappe, Moody’s, Standard & Poor’s (S&P) en Fitch, het Suid-Afrika dus nou gesamentlik tot rommelstatus verklaar.

Moody’s het Vrydagaand aangekondig dat Suid-Afrika se staatskuld in rand asook in buitelandse geldeenhede van ’n vlak Baa3 tot Ba1 verlaag is. Die kredietgraderingsagentskap stel Suid-Afrika se soewereine kredietgradering steeds vas op ’n negatiewe vooruitsig.

“Moody’s se besluit kon nie op ’n slegter tyd gekom het nie,” het die Nasionale Tesourie dit in ’n verklaring gestel. ’n Algehele landwye afsondering van 21 dae is vroeër dié dag in Suid-Afrika ingestel om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Luidens die verklaring gaan Suid-Afrika se ekonomie reeds gebuk onder die virus met beleggers wat stuk-stuk aan die land onttrek. “Die trefslag van Covid-19 word oor verskeie sektore van die ekonomie gevoel, waaronder die finansiële markte wat ʼn beduidende verkoop van aandele, effekte en wisselkoerse beleef het toe beleggers onttrek te midde van die onsekerheid,” lui die verklaring.

Minister Tito Mboweni. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Volgens die Nasionale Tesourie sal dié afgradering net bydra tot die sukkelende finansiële markte se lading.

Standard & Poor’s (S&P) en Fitch het Suid-Afrika sowat twee jaar gelede afgradeer tot rommelstatus.

“Met ’n swaar hart moet ons opmerk dat al drie groot kredietgraderingagentskappe Suid-Afrika nou op sub-beleggingsgraad beoordeel,” het Tito Mboweni, minister van finansies, in die verklaring gesê.

Mboweni sê hy beskou elke krisis egter as ’n geleentheid. “Ons sál opstaan. Ons móét opstaan. Ons is dit aan onsself verskuldig,” het die minister gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

minnie muis ·

van die beste ekonomie in Africa in 1994 tot junk… wie moet ons bedank!!!!!!!!!!!!!!!!!

Brakenjan ·

Baie dankie. ‘n Goeie barometer van wat eintlik in die land aangaan…

Stefan ·

Mboweni sê hy beskou elke krisis egter as ’n geleentheid. “Ons sál opstaan. Ons móét opstaan. Ons is dit aan onsself verskuldig,” het die minister gesê.
Maar ons sàl ook baie beslis aanhou om baie miljarde (wat ons nie het nie) in alle bankrot staatsinstellings soos SAA, Denel, Eskom, SABC in te pomp al moet ons die pensioenfondse leegsuig!

Johan Venter ·

Reg so Stefan, en hy praat van ‘ons’ sal opstaan, nie ons ons nie, maar ek glo sy ‘ons’ bedoelende die kaders, maar die kaders is dan nog nie platgeslaan nie of het ten gronde gegaan nie, dus gooi hy nou weer lippediens.

Hoe nou? ·

Opstaan? Staan eerder opsy ANC, erken julle kan nie n land regeer nie, en laat die wat kan die land red.

Frans ·

Moody kon gewag het tot die krisis verby is.’n Mens skop nie iemand wat op die grond lê nie.

minnie muis ·

nee blykbaar nie…. laat ons hoop die kaders in hoe poste wat so lekker tenders uitgee en fondse misplaas ……en al die ander mense wat op soustrein ry word nou tot verandwoording geroep….. oeps seker in my drome !!!!!!!!

Stefan ·

Frans, regtig, na jare se tersyde stel van alle waarskuwings en gratis adviese van al wat ‘n ekonoom is het die junk gradering uiteindelik plaasgevind, hulle geduld het net eenvoudig opgeraak en hul het ‘n verpligting teenoor beleggers wat staatmaak op hul graderings.

Cecil ·

Frans die rommelstatis gaan al oor jare en nie van nou af nie. Dit het niks met Carona virus te doen nie.

Dubbelloop ·

Wat hy sê is waar. So gou as wat hulle die BBEEE wegvat en latt die kundiges die werk doen, hoe gouer hoe beter. Die geleentheid wat daar vir alle nie-blankes gegee was, gebruik hulle kundigheid ook. Ek glo daar is van huule wat die geleentheid gebruik het. Kundigheid sal die land weer op koers kry. Gee elke besigheidsman n gelyke kans en kyk. Die regering moet stop met die “reverse” Apartheid.

Pieter ·

Hierdie is nou ‘n misdaad teen Suid Afrika gepleeg deur die ANC en sy ondersteuners met rommelstatus president/opperbevelvoerder Ramphosa. Gevolglik heg ek rommelstatus aan alles wat met hierdie bewind saamhang. As gevolg van hierdie prestasie moet die parlementslede se salarisse en ander vergoeding onmiddelik met minstens 50% gesny word. Dink daar is beter bestuurders daarbuite. Die wat ons in rommelstatus gebring het is onbevoeg om ons daaruit te kry want die ekonomiese model is korrup, saam met die meeste mense.

Anoniem ·

Dit is uiters swak van Moody’s om ons nou wanneer die hele wereld in n krisis is af te gradeer. Hoop hulle gradeer die res van die wereld ook af. Maar ja hulle en al die ander graderings agente is trawante van die Rothchilds en Rockefellers. Hierdie hele wereld krisis kan net voor hul deure en ander soos Bill Gates gegooi word want hulle manupileer die wereld se ekonomie en daar word niks vir die middelman en die arm man gevoel nie, maar ek troos my daaraan dat God met hul sal afreken. Hulle kan in goue kuste vol diamante en geld begrawe word maar hemel toe kan hulle dit nie vat nie.

Jaco ·

Wit mense sit in luukse kantore by moodys en gradeer nie-wit derde wêreld lande af NET omdat daardie lande nie hulle ekonomieë soos die wit eerste wêreld bedryf nie. Namiddag wanneer hulle klaar gewerk het, stap hulle uit in veilige strate; sonder vrees vir aanranding en diefstal van selfonr ens. Hulle wag 3 minute maximum vir ‘n moltrein. Tuis lyk hulle huise nie toegebou soos tronke met diefwering en alarms nie. Hulle afgradering raak ook nie die regerings van korrupte lande nie, want daardie regerings swem in die geld met vet salarisse. Dis daardie nie-wit derde wêreld lande se gewone mense wat die ergste onder die gevolge van afgradering ly. Dit ALLES lyk vir my maat baie na rassisme.
Waarom doen 3 privaat graderingsbesighede in elk geval dit vir die hele wêreld? Sekerlik sou ‘n gradering van ‘n meer internasionale liggaam soos die VN, Wêreldbank of IMF meer aanvaarbaar en meer genaakbaar wees.

antieke antie ·

soms kan raskaart nie eers almal om die bos lei nie…. ek sou eerder die onbevoegde regering blameer….. die ‘wit mense’ se SA was baie meer funsioneel…. en die mense wat hulle krag gebruik het om die regering daar te kry was net misbruik

katerinadiekat ·

As dit nie vir die rassisme van die ANC en die Reverse Apartheid van BBEEE en regstellende aksie was nie..was dit nie vir Moody’s nodig om die land af te gradeer nie. It’s going for almost 3 decades of ANC government..Exactly HOW long does it take for these people to get their act together???????

Werner ·

Die enigste rede vir die afgradeer is die ANC virus defnitief nie die corona nie hulle sou ons in elk geval afgradeer het

Eragrostis ·

Nou waarin sal Tito dan nou omgekrap eers? Wat ek nie kan verstaan nie is dat die ANC en hul kiesers nie begryp dat hulle die eintlike oorsake is nie, maar eerder dink die wêreld draai sommer sy rug teen ons land. En dan gaan die ANC voort met hul ideologiese idees, en ons ekonomie verval net verder. Is dit ń weerspieëling van ń gebrek aan intelligensie?

Dr Pieter ·

Beleggers “stem met hulle voete.” Die onsekerheid wat geskep word deur grond-onteiening, regstellende aksie, BEE, dreigemente van nasionalisering, ens inspireer geen vertroue in ons land vir beleggers nie. Hulle belê waar hulle seker is van ‘n rendement.
Ons (en ons regering) is dit inderdaad aan onself verskuldig om op te staan. Die regering moet ophou om te diskrimineer en ‘n nuwe kultuur van verantwoordbaarheid skep. Dan sal beleggers terugkeer en die ekonomie sal weer groei.
Dit is tyd dat Malema en kie besef dat ons ryk mense nodig het om welvaart te skep. Moenie hulle gedurig dreig jy gaan dit by hulle wegvat nie. Sonder hulle is ons almal arm.

Michael 1 ·

Nou pas die SA ekonomie by sy piesang republiek status en moet ons ly oor ons in n land bly waar onbevoegde mense ons regeer.

antieke antie ·

ek glo daai 3 was baie toegewend teenoor SA…. ons is lankal rommel….

Andre ·

Die land moes al lankal afgegradeer gewees het.Ons was net gelukkig dat daar nog bietjie tyd gegun was.Nou gaan die blokkies vinnig begin omval.Met die virus en stand van sake is daar nie meer as meskien 12 maande of so oor vir SA nie.Wil sien hoe die ANC nou die gekrokte lorrie aan die ry hou.

Jaco ·

4 mense hou nie van my kommentaar hierbo nie. Hulle is seker bly oor rommelstatus, verslegtende ekonomie, styging van pryse van kos ens. Moodys is uit en uit rassisties. Hulle gradeer net nie-wit derde wêreld lande af en wat hulle eintlik bedoel is “non-whites cannot rule a country”. Intussen word wit lande waar dit sleg gaan uitgelos.

katerinadiekat ·

Wel it is what it is..The ANC Can not succesfully run this country except to run this country into the ground. Facts are not racist, and in the business world, facts matter.

Frans ·

Vingerwysing gaan niks help nie.Al wat gaan gebeur is dat daar ‘n skuldverskuiwing gaan plaasvind en die kapitalisme as ‘n ekonomiese stelsel ,die skuld gaan kry.Ons moet eerder probeer deur gesprekvoering die debat beïnvloed en keer dat Suid Afrika nie oor die afgrond stort nie.

Onthou die mense wat die huidige regering ondersteun gaan die grootste verloorders wees in die stryd teen die virus en die afgradering.

Johan Venter ·

“Met ’n swaar hart moet ons opmerk dat al drie groot kredietgraderingagentskappe Suid-Afrika nou op sub-beleggingsgraad beoordeel,” het Tito Mboweni hier bo gesê.

Maar hulle, die ANC-regering, het ons darem met ‘n huppel in hul stap tot hiér gebring.

Pieter J ·

Ten spyte hiervan gaan die ANC regering nog steeds voort met hul kommunistiese en rassistiese beleid en kan niemand anders blameer word hiervoor nie. Hierdie afgradering het niks te doen met rassisme nie maar wel alles met ekonomiese realiteite.

marius ·

Voor 86 was hierdie mense se bestaan van nul en gener waarde. Suid Afrika was die derde sterkste moontheid in die wereld , en dit in isolasie. Wat het gebeur? Hulle het saamgespan om dit te vernietig. Dis die waarheeid.

Eugene ·

Ek dink dat Moodys nou bewys gelewer het dat hy nie menslike faktore in ag neem en dat hy maar net n politieke speelbal is. Om n land wat onder die corona krisis gebuk gaan af te gradeer sodat ons nog minder weerstand kan bied is demonies

Jaco ·

15 mense hou nie van my kommentaar nie. so 15 mense dink dis reg en ok dat Moodys SA so straf en hulle is seker bly alles word nou weer duurder,
hierdie afgradering straf GLAD NIE die regering nie. hulle salarisse is te hoog
president ramaphosa kry R3.6miljoen per jaar, plus KLOMP ander voordele
gewone parlementslede kry R1.3miljoen per jaar en dan ook ‘n klomp voordele soos petroltoelaag, luukse motor, onthaaltoelae ens ens
Selfs al styg die petrolprys na R50 per liter na Moodys se afgradering, raak dit verkose politici van ALLE politieke partye glad nie.

J ·

Dis nie Suid Afrika wat ROMMEL is nie … dis net die ANC (gangster) regime!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.