Moody’s: Gradering bly voorlopig

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die graderingsmaatskappy Moody’s het toe nié Vrydag ʼn graderingbesluit oor Suid-Afrika bekend gemaak nie. Vrydag was een van die datums op dié maatskappy se kalender waarop hy oor kredietgraderings besluit.

Dit beteken Suid-Afrika se staatskuld bly op beleggingsvlak [B-A-A 3 met ʼn negatiewe vooruitsig], wat een vlak bó rommelstatus is. Moody’s gaan na verwagting in November weer ʼn graderingsbesluit neem.

Die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) het Suid-Afrika in April vanjaar tot rommelstatus afgegradeer. S&P het toe gesê pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling is ʼn risiko vir fiskale en groei-uitkomste.

Die kredietgraderingsagentskap Fitch het in dieselfde week ook Suid-Afrika tot rommelstatus afgegradeer met ʼn stabiele vooruitsig.

Rommelstatus – oftewel spekulatiewe of niebeleggingsgraad – beteken daar is ’n hoër risiko dat die land nie sy staatskuld sal kan betaal nie.

Lees ook:
Alles wat jy wil en moet weet van SA se rommelstatus
Maak jou finansies só resessie-vry

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

Moodys en Standard & Poor is besighede wat albei knus in eerste wereld lande sit. Almal wat vir hulle werk is onbekend met goed soos beurtkrag, vrot staatshospitale, Gupta-korrupsie, steeds stygende pryse van petrol en voedsel, ens ens ens. Dis lekker om in jou gerieflike kantoor in New York of Londen te sit en op- en afgradering-speletjies te speel en derde wêreldlande se regerings te straf omdat hulle nie funksioneer soos eerste wêreldlande se regerings nie. Maar is dit nie maar n vorm van rassisme nie? Daar word so half geïmpliseer dat die manier wat wit lande geregeer word, die norm, die maatstaf is. Dis seker lekker vir hulle om ‘n derde wêreldland se regering te straf vir wat hulle dink swak regering is, maar dink hulle ooit aan hoe die gevolge van so ‘n afgradering die gewone mense van daardie lande raak? Die politici en top amptenare in daardie regerings wat so gestraf word, voel anyway nie die gevolge nie, weant hulle salarisse is almal BAIE hoër as dié van die gewone mense wat so sukkel. Vreemd dat alle hel losbreek oor n doodskis video en oor rasse insidente by Spur en KFC, terwyl daar stilgebly word oor hierdie rassisme van Moodys en Standard & Poor.

John ·

Moet die agentskappe eerder die ANC prys vir hulle gebrek aan werkskepping en die uitdeel van landsbates aan vriende? Duidelik moet nog ‘n laer graderingsvlak ingevoer word om voorsiening te maak vir die chaotiese toestande wat nog kan volg in suidelike Afrika en S-Amerika… soiets soos: ‘Thousand leagues into the stinking dump’.

Michael ·

Wat is die laagste wat die land afgegradeer kan word want dit is waar hierdie piesang republiek hoort met sy geniaale regering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.