Moody’s hou SA op beleggingsgraad

Moody's

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s. Foto: ANA

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Dinsdag ʼn kredietmening uitgespreek en hou Suid-Afrika se soewereine kredietgradering op beleggingsgraad.

Moody’s hou die land se gradering op Baa3, die laagste vlak van beleggingsgraad, met ʼn stabiele vooruitsig. Dié kennisgewing is ʼn paar dae ná die laaste van die drie grootste graderingsagentskappe sy besluit oor Suid-Afrika se kredietwaardigheid uitgestel het.

“Alhoewel ekonomiese groei stadig vorder en die fiskale sterkte steeds verswak, verwag ons dat Suid-Afrika se kredietprofiel in lyn sal bly met die Baa3-gradering,” het Moody’s gesê. “Ons verwag dat die regering se beleid en instansies op dié neiging gefokus sal bly, maar enige omkeer sal geleidelik plaasvind gegewe die feit dat maatskaplike, ekonomiese en fiskale beleidsdoelwitte steeds moeilik is om te herenig.”

Moody’s het politieke verdeling, beperkte strukturele ekonomiese vooruitgang en swak staatsbeheerde instansies en kredietuitdagings in Suid-Afrika voorgehou as redes vir sy besluit.

Dié aankondiging kom ʼn maand voor die nasionale verkiesing en het die rand effens laat versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kasper ·

So binne 4 dae verander die besluit oor SA se gradering status vannaf onbeslis na Baa3 toe, oftewel , hou op huidige gradering. En dit net na die Brics bank geld geleen het aan SA.
Nou die vraag, is Moody’s se bank rekening skielik versterk, of hoe het hulle nou tot die besluit gekom. Laat mens wonder.

Manie van Worcester ·

moodys is uitskot van graderings agentskappe, dalk het hulle n prys soos politiek figure in sa

Ja Nee ·

Dit lyk my dit is net Moodys wat dink SA is nog bellegings waardig. Hul het seker n bril nodig of begin die anc se leuns glo.

Judge Dredd ·

Net meer liberaal as die ander agentskappe – dit behoort alles te verduidelik.

Gert van Wierdapark ·

Met ‘n Baa3 gradering is dut skape wat hier sal wil bele. Baaba black sheep?!! He-he-he! Wie moet ons bedank!?

Gaps ·

Hoe kan die ander twee agente al n jaar terug gesien het SA is junk en die klomp nie. Skep seker saam die anc. Kan geen ander rede sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.