Moody’s : SA se uitkyk nou “negatief”

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Suid-Afrika se soewereine kredietgradering van ʼn stabiele vooruitsig na ʼn negatiewe vooruitsig verander.

Die land is tans op ʼn Baa3-gradering, die laagste vlak van beleggingsgraad.

Die rede hiervoor, het Moody’s Vrydag in ʼn verklaring gesê, is Suid-Afrika se somber groeivooruitsigte en groeiende openbare skuld.

“Die besluit om die vooruitsig van stabiel na negatief te verander, spruit uit die risiko dat die regering nie van plan is om die agteruitgang van die land se finansies te stuit deur groei en fiskale konsolidasie nie,” lui die verklaring. Moody’s is ook bekommerd oor dit wat hulle as die regering se tekort aan “politieke kapitaal” beskou.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag in sy mini-begrotingsrede die regering se groeivooruitsigte afgeskuif na 0,5% van die bruto binnelandse produk (BBP). Mboweni het ook gewaarsku dat, soos dinge nou staan, Suid-Afrika se skuldlas teenoor sy bruto binnelandse produk meer as 70% sal wees.

“Die voortdurende agteruitgang van Suid-Afrika se ekonomiese groei en toenemende skuld dui op die uitdagings wat die regering in die gesig staar. Dit ten spyte van deurlopende beleidsveranderinge,” sê Moody’s.

Moody’s verwys ook na die werkloosheidsyfer van meer as 29% en beleggers se wantroue in die regering as van die blywende struikelblokke vir ekonomiese groei.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, tydens Woensdag se mediumtermynbegrotingstoespraak. (Foto: GCIS)

Die kredietgraderingsagentskap het wel toegegee dat die regering maatreëls voorgelê het om werkloosheid en beleidsonsekerheid te takel, maar twyfel of hierdie maatreëls die gewenste uitwerking sal hê. Hulle wonder ook of die regering genoeg ondersteuning het om hierdie beleide deur te voer.

“Die negatiewe uitkyk dien as bewys van Moody’s se groeiende kommer dat die regering nie die nodige politieke kapitaal het om hierdie beleide te implementeer nie en dat al hul planne grotendeels sal misluk om ekonomiese groei te bewerkstellig,” sê Moody’s.

In ʼn verklaring Vrydag sê die DA Moody’s se besluit om Suid-Afrika se vooruitsigte na negatief te verander wys dat Mboweni se begrotingsrede nie genoeg gedoen het om skuld onder beheer te bring, of die begrotingstekort te bestuur nie. “Dit dien as nog ʼn waarskuwing van die gevare wat voorlê indien die regering nie dringende ingrypings implementeer nie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

andre ·

Die ANC ‘gangsters’ was nog altyd JUNK … die wêreld was net blind tot nou!

Tyd dat die kommuniste GAAN!

Wonder maar net! ·

Thank you ANC. You totally destroyed a first world country to a bottom of the pit 3rd world country in 25 years. What an accomplishment! Congrats!

#Wat nou? ·

Vir al daai #I’m staying – hierdie opskrif is vir julle. Dink hom net positief ouens, dis mos al wat nodig is om realiteit uit te kanselleer.

Ekbly ·

Hoekom is jy dan nog hier?? Move Mnr ons het jou nie nodig hier nie!!

Werner ·

Ons is al by rommerlstatus verby nou stel hulle dit net mooi

JO ·

Probleem is Eskom kan nie sy skuld betaal nie, omdat die SA ekononomie nie groeie nie, en die SA ekonomie kan nie groeie omdat Eskom nie sy skuld betaal nie, dis ‘n catch 22 situatie. In SA werk mens menself in armoede, min wetend dat FW de Klerk die geleentheid geskep het vir blanke Suid-Afrikaners by CODESA onderhandelinge om die land in vrede te verlaat terwyl mens nog kan. Baie ander menself na onafhanklikheid in ander Afrika lande het nie daai geleentheid gehad nie.

Mens moet versigtig wees om menself in ‘n situatie te werk wat mens nie kan uitkom nie.

Dries du Toit ·

@Ekbly. Dit gaan seker nog goed met jou. Jy is seker n baie selfgesentreerde mens. Die mense wat wil gaan gaan nie omdat hy wil nie maar doodeenvoudig omdat hy KAN. Daar is miljoene wat nie kan nie maar baie graag wil . Ek voel vir hulle want jy beteken nie iets vir hulle nie

mini ·

wat nou ….. nie almal kan trek nie, ek oor die ouderdom waar ek sou kon… so die wat bly moet dit laat werk… die wat so kla oor die positiewe uitkyk oor#i am stying… wat ander kan ons gewone arm suidafrikaners doen… #watnou, gee tog raad en geld dan kan die oorblywende die “Geknelde land ” verlaat, soos duisende ander….. ek bly , dis my land en saam moet ons kan werk…

#Wat nou? ·

@mini. Jou pyn is ook my pyn. Ek het nie raad nie!!!Die besluit om te gaan hang van geld af ja, maar net soos duisende ander, gaan ek moet besluit ek sit hier en lieg vir myself of ek maak ‘n plan. Baie kan nie gaan nie, dis ook realiteit, maar die sielkundige afpersing om alewig te sê mense is “negatief” omdat hulle die realiteit sien vir wat dit is, raak belaglik. As ‘n positiewe houding alles regmaak het ons in die paradys gesit.

JO ·

#Watnou ja dis nou ‘n goeie vraag waarvoor daar ‘n hele paar oplossings welkom kan wees.

Ek dink een van mens se beste bet of beleggings (afhangende) is in mens se kinders, as mens mooi kyk na hulle in hulle jong dae, sal hulle mooi kyk na ons op ons ou dag.

As ek ‘n voorbeeld kan vat, ek sê maar iets: Miskien kan iemand nie sy kind University toe vat nie, maar wel iets soos ‘n opleidings instansie soos SOL-TECH laat hom/haar ‘n “skilled trade” laat doen bv; dieselwerktuigkundige of elektrisien, na minstens 2 jaar “post-apprenticship” werk ervaring kan hulle in aanmerking kom vir Kanada, Australie en New Zealand se Skilled trade visa programme. Ons Section 13 rooi seel ambag sertifikaat is in aanvraag oorsee. Bo op dit vermoed ek daar is “family reunification programs” in die bo genoemde lande, soos wat hulle in die Europese Unie het. Wat beteken iemand as ouer kan saam oorsee trek.

Karolis ·

Ag wat beteken Moody’s se uitsprake in elk geval? Die regering steur hulle nie aan Moody’s nie. Nog geen verandering gesien vandat hulle die eertse keer iets gesê het.

Jdp ·

Dit is hartseer om te lees hoeveel biljoene china belê ìn SA. Die feit is dat die regering nie kan werk skep vir solank china se produkte ons mark oorheers nie. Hoekom kan die regering nie dit insien nie. Om werk te skep sal ons moet die invoere moet belas en self produkte vervaardig dan skep ons werk. Die chinese beheer die regering en nou wil hulle die werker nog meer belas om vir die werkloses te sorg. Ons sal moet op n punt kom waar ons moet n groep stig om die land te red want dit gaan nie gebeur onder die anc regering nie.

Kallie ·

Moodys gee besighede en individue immers kans om planne te maak.

Frik ·

Feit is, hierdie Chinese bring ook hul eie grondstowwe en werkers van China in. Die hele waardeketting word dan gedek en wat hier gebeur raak hulle nie. Finale produkte word dan weer uitgevoer.

andre ·

Die enigste plan wat oorbly om ekonomiese groei te stimuleer is dat die miljoene werkloses die kommunistiese afpersers moet uit STEM in die komende verkiesing.

Die paar ‘vetgevrete’ vakbondlede (staatskapers!) hou nou die hele land as gyselaars.

Gelukkig daal hulle getalle nou so vinnig dat die werkLOSES hulle maklik kan uitSTEM.

Die anc beskik nie oor die ‘kroonjuwele’ om die kommuniste (vakbonde) op hul plek te sit nie.

‘n Oorweldige stem vir Zille en die ander VRYEMARK partye is die enigste hoop dat SA sal oorleef!

Pieter ·

Stem saam andre as ons blankes nie gaan saam staan en vir een party stem nie gaan ons bitter swaar kry mense ons gaan nou moet begin standpunt in neem ek dink daar is baie mense wat nie regtig besef wat is besig om met ons blankes te gebeur nie ons moet nou begin wakker skrik en baie gou ook al die gepraat en kommentaar gaan ons niks help nie afriforum doen baie ons weet dit maar ons het nou n plan nodig nie oor tien jaar van nou af nie

Grassie ·

Mooi man, vat jou geldtjies in die bank en skuif dit uit SA! Dit kan binne een dag 300% se waarde verloor soos al met menigde lande gebeur het! Nog beter trek weg van die gemors wat die memse veroorsaak het!

Koot ·

Jippie vir Antie Zille! Ons vrouens was staatmakers in die Boereoorlog en sal dit BESLIS weer kan doen!! Viva ons VROUENS BO!!!

Gert ·

Glo my sy was nie daar nie en as sy was sou sy aan Engeland se kant gewees het.

Johan ·

Sy voel vir n boervrou minder as Malema vir n blanke sakeman in Sandton.

Henk Ackermann ·

@ JO , wat vir n woord is ” menself ” ? Klink ” jouself ” nie meer bekend nie ?

Gert van Wierdapark ·

Alles maak my nogal “Moody” oor SA! Miskien moet die a en see vir die regte mense van Moody’s nooi vir ‘n rit op die Soustrein, sodat hul n beter perspektief op die omvang van die probleem kan kry! He-he-he!

Lewiesbokwa ·

Registreer n nuwe party “Die werkloseparty” Hulle is nou so baie dat hulle n staatsgreep kan toepas.

JC ·

Stem saam, ek het ook nee gestem, maar dit help nie ons bly kerm daaroor nie. Dit kan nooit verander nie. Ons moet uit die gemors kom. Ondersteun Afriforum, Solidariteit en VF Plus en raak betrokke.

Janneke Jansen ·

Gelukig is my oudste kind al 20jaar in die buiteland en my jongste begin dit darem ook al oorweeg. Ons is pesionarisse en met ons Rande kan ons nêrens heen. Het wel Nederlandse burgerskap, maar die Rand is te swak om daar te kan oorleef

Geskiedenis Herhaal ·

Mense met gesonde verstand (veral diegene wat land-uit is) weet goed waarheen alles oppad is en wat die eindresultaat gaan wees. Hulle kyk net na die res van Afrika en hulle weet die geskiedenis herhaal homself. Met SA se groeiende oorvol (onbevoegde) bevolking is daar geen kans vir ekonomiese groei nie, want al hoe minder mense moet vir al hoe meer werkloses sorg. Almal weet in hul binneste waar dit gaan opeindig.

anton ·

Hou op stres mense…………alles sal okay wees want ons het mos nou die wêreld rugby beker gewen.!!!

Kraaibakke ·

Aaag man ons verswelg in ons eie rommel ,wat sal die status saak maak ,aan die eenkant probeer ons hard met die rugby ,aan die anderkant loop politisie met ons bye en melkkoei weg wat moet ons nog kry ?

Kraaibakke ·

Moodys weet wat hulle doen ,hulle lek nie n ou blink as jy niks het nie ,van als tot niks ,howzat .

Gemaskerde Sopbeen ·

Maar ons het nou net die Rugby Wêreldbeker gewen….moet SA se uitkyk nie “positief” wees nie?

Vrydenker Vlakvark ·

Politici, gaan bestudeer beslis die VSA se Baldrige Excellence Framework for Performance Excellence. Wat het van Batho Pele geword? Wat het van die South African Excellence Foundation (SAEF), waarvan wyle Nelson Mandela ‘n erelid was, geword? Op welke produkvervaardiging of dienstelewering is Suid-Afrika ekonomies wêreldkompeteerbaar?

Hoeveel suksesvolle fabrieke het ons in vergelyking met die aantal groot inkopiedentrums (“Malls”) in SA?

Trojaanse Donkie ·

Vrydenker, ons het op tegniese gebied die pad verloor en sal dit nooit weer terug kry nie. Niemand het meer enige passie om die land te ontwikkel nie. Waar is al die groot industrele en konstruksie mpy van die sewentigs, almal met ondergang vergaan.

Vrydenker Vlakvark ·

# SA kan nie huidiglik meeding op die X-as van massa produsie teen vrot lae pryse nie.

# SA kan nie op die Y-as meeding met hoogtegnologie produkte nie weens sy onvoldoende en gebrekkige kennisbasis.

# SA kan nie op die Z-as meeding met nisprodukte nie want die nodige kreatiwiteit, doeltreffendheid en effektiwiteit is nie daar om die nisgeleentheid spoedig ten volle te benut nie.

# En daar is nie ‘n 4de as beskikbaar nie.

# Helaas, SA kan nie eens die 1ste Industriële Revolusie (lees ook Eskom) onder die knie kry nie, wat nog te praat van die 4de Industriële revolusie!

# SA het WARE visionêre leiers nodig, gevul met eerbare passie om ALLE Suid-Afrikaners op die pad van ekonomiese wêreldkompeteerbaarheid te lei. Daar is geen ander kortpad nie. Die alternatief is dat koloniale SA opbreek op die basis van soort-soek-soort op eie grondgebiede.

Sven ·

Ek stem saam Vrydenker. Ongelukkig is daar mense hier wat saam met die kommuniste wil sink. Eie grondgebied is volgens die groepie uit die bose. Feit is, selfs bruinmense in die Kaap besef dit. Hopelik sal hulle leiding neem, want Afrikaners is nou ook useless.

Bitterbek ·

Moenie “worry” nie. Die Bokke het die wereldbeker gewen! Alles gaan nou regkom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.