Moody’s sê oor afgradering

Foto: ANA

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Suid-Afrika se kredietgradering Vrydag onveranderd gelaat.

Moody’s het die land se kredietgradering een punt bo rommelstatus gehou en van negatief na stabiel verander.

Die kredietgraderingsagentskap het gesê sy besluit berus daarop dat die vorige agteruitgang van die land se instellings geleidelik ʼn ommeswaai maak onder ʼn meer deursigtige en voorspelbare beleidsraamwerk.

Die aankondiging volg nadat Moody’s in November die land op ʼn 90 dae lange oorsig geplaas het vir ʼn moontlike afgradering na rommelstatus te midde van die omstrede staatskapingberigte en die beweerde wanadministrasie deur voormalige pres. Jacob Zuma.

Sedert pres. Cyril Ramaphosa egter verlede maand die leisels oorgeneem het, het die regering vordering gemaak met die ontheffing van sommige ministers wat verbind word met die staatskapingbeweringe, asook nuwe aanstellings by sleutelstaatsinstellings soos Eskom en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Moody’s sal in Oktober weer sy gradering vir Suid-Afrika hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ek wonder ·

Maak gradering saak? Ek wonder wat sou die gradering gewees het vóór 1652?

Casper Labuschagne ·

@Ek wonder, die ironie is dat ‘n gradering voor 1652 waarskynlik uiters positief sou wees met die grootste negatiewe dat dit nie ‘n land sonder misdaad is nie, soos heelwat seevaders toe al ondervind het. Die beleggingspotensiaal van ‘n yl bevolkte land op die verste strategiese punt van die belangrikste seeroete, met ‘n heerlike klimaat en hope grondstowwe sou verseker nie negatief wees nie. Ding is, drie skepies waarin die grootste maatskappy ter wêreld op daardie tydstip (die VOIC) belê het, het hier aangekom en ons is eintlik vandag bloot die produkte van 1652 se positiewe kredietgradering.

Sarel swartbrand ·

Ramaposa wys elke dag meer en meer hoe en wie hy werklik is so ek glo die volgende gradering sal definitief af wees dit blyk dat Zim tekens wys van reg kom.

Casper Labuschagne ·

Die beste waarvoor gehoop kan word. Soos om op skool in die vierde span rugby te speel en net te bly te wees om die span te kan haal en nie as reserwe op die kantlyn te sit nie.

Maar hoe lank gaan hierdie Ramaphorie voortduur? Die linkervleuel van die ANC hap van alle rigtings aan Cyril, net soos wat ‘n pak wilde honde maak en tot ek kry stuiptrekkings oor Malema se growwe beledigings rakende Ramaphosa by EFF saamtrekke.

Lolla ·

Ons staan op die stoep van burger oorlog, maar hulle reken dis stabiel? Seker nog n bruin koevertjie gekry.

Presies ·

Ek verstaan ook nie dit nie. Dinge kan werklik gou baie sleg uitdraai tog word dit nie ingereken nie. Hulle is onverantwoordelik met miljoene mense se pensiongeld wereldwyd.

Cherokee ·

Julle mense wat van burgeroorlog praat – wie gaan vir wie skiet? Daar is geen dreigende burgeroorlog nie. Skrik wakker! Ons het hierdie keer die assegaaie en hulle die sannas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.