Moody’s sê oor SA kredietgradering

Argieffoto

Argieffoto

Moody’s Investors Service het bevestig dat hy Suid-Afrika se kredietgradering op Baa2 hou, twee vlakke bó rommelstatus, hoewel die uitkyk van stabiel na negatief verander is.

Die graderingsagentskap het pas ʼn hersiening van Suid-Afrika se graderingstatus afgehandel wat op 8 Maart vanjaar begin het.

“Die bevestiging van Suid-Afrika se gradering weerspieël Moody’s se siening dat die land waarskynlik binnekort ʼn keerpunt kan bereik ná talle jare van sukkelende groei,” het die agentskap in ʼn verklaring gesê. “Die 2016/17-begroting en die mediumtermyn fiskale plan sal waarskynlik stabiliseer en uiteindelik die algemene regeringskuld verminder. Daarby het onlangse politieke verwikkelinge, hoewel ontwrigtend, gedui op die onderliggende krag van Suid-Afrikaanse instansies.”

Volgens Moody’s is die uitkyk na negatief verander weens die toepassingsrisiko’s van die strukturele en wetgewende hervormings waarop die regering, sake- en arbeidsektor onlangs ooreengekom het om vertroue in die sakesektor te herstel en privaat beleggings aan te moedig.

Moody’s het geen veranderinge aan die maksimum perk van Suid-Afrika se plaaslike óf buitelandse valuta aangebring nie.

Die agentskap het gesê ʼn afgradering van Suid-Afrika se kredietgradering is steeds moontlik indien ekonomiese groei nie herstel word nie, die regering se vasbeslotenheid om die ekonomie te stabiliseer en sy skuld te verminder nie realiseer nie, of beleggersvertroue dermate verminder dat eksterne finansiering nie voldoende is om die huidige begrotingstekort te verbeter nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hennie Theart ·

Lees News 24 se Nuclear power deal (Finance), en sien hoe Zuma die land wou oorgeneem het tesame met Rusland en China.
Dit is vrstommend dat hy nog in die posisie is wat hy is. Hy het soveel “maats” rondom hom dat dit moeilik sal gaan om hom uit te lig.
Ons moet bid dat die Here sal help om ‘n standvastige regering in plek te kry, en al die huidige ministers saam met Zuma uit die parliment sal gaan.

Johannes ·

Amen ek bid onverpoosd sonder ophou vir nie net zupta se val nie maar ook vir anc se val.Alleen GOD kan uitkoms bring na alles ons is die GELOFTE VOLK.Ons moet ons gelofte betaal.

Graeme ·

Johannes: jy’s basies besig om TEEN jou god se “wil” te bid. Dit is immers hy self wat die ANC in mag geplaas het (Rom 13:1-7) en jy moet jouself “onderwerp” aan hulle – volgens jou “goeie” boek. So, hou maar op bid.

Voorts het die “groot pastoor” Ray McCauley Zuma en sy hele ANC geseën voor hulle die mag gevat het in 2009 onder hom. Maar moenie net my woord daarvoor vat nie – lees maar self:

http://www.iol.co.za/news/politics/zuma-will-surprise-us—mccauley-463945

My opinie ·

Ek stem saam….zupta, malema en die anc is verantwoordelik vir die huidige negatiewe klimaat in die land.

Karolis ·

Moody’s must fall!
Hulle is waarskynlik omgekoop.
Nou gaan dit nog langer neem om oor te begin.

johann cb ·

Ai tog, hoe is almal so negatief? Ons aanbid ‘n Lewende God!

Lance ·

Gradering van SA na junk ……net n kwessie van tyd ….mark my words !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.