Moody’s waarsku oor Mboweni se begroting

Moody's

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s. (Foto: ANA)

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Vrydag gewaarsku die ekonomiese vooruitsigte in Tito Mboweni se 2020-begroting is in onsekerheid gedompel – grootliks weens die druk wat sukkelende staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) op die staat plaas, asook vanweë vakbonde se reaksie op voorstelle om die salarisrekening van staatsamptenare te verminder.

“Onsekerheid rakende suksesvolle onderhandelings met die land se vakbonde en die moontlike skuldlas van staatsinstellings, beteken risiko’s vir begrotingsvooruitskattings verhoog,” het Moody’s gesê.

Hy sê ook terwyl die minister van finansies toegegee het dat inkomste laag gaan bly, grootliks weens swak ekonomiese groei, het Mboweni besluit om nie belasting te verhoog nie.

“Gevolglik bly begrotingstekorte groot.”

Moody’s se reaksie op die begroting wat Woensdag bekend gemaak is, is vir die tesourie en ekonome van groot belang. Die kredietgraderingsagentskap is die laaste van die groot agentskappe om Suid-Afrika se gradering nog op beleggingsgraad te hou.

Daar is duidelike aanduidings dat vakbonde egter nie gaan val vir die minister se plan om die staatsdiens se salarisrekening met R160 miljoen oor die volgende drie jaar te verminder nie.

Cosatu het dié plan “uitlokkend” genoem en gesê hy is gereed om dit teen te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan Venter

Tito Mboweni en ‘sy’ span het dié gedeelte van die begroting so geplooi met die een oog op die graderingsagentskappe. Hulle het geweet die besnoeiing van om en by die 10,000 poste oor die volgende 3 jaar in die staatsdiens is nie uit klip gekap nie, so plaas hulle toe die onus op Cosatu om hulle dan by wyse van betogings, by latere onderhandelinge te betrek. Daardie beoogde 10,000 mense wat uit diens gestel sal word, sal, indien dit realiseer, in die private sektor moet gaan werk soek, terwyl by die derduisende nuwelinge wat jaaliks die arbeidsmark betree ook nie… Lees meer »

Corne123

Ag weet die alewige geblaf van moody.Kom tot n punt laat die land val en kla kry sodat ons maar weereens plek moet opbou maar drieg dreig is ek ook al so moedeloos voor.SA is bankort is rommel statis en kla maklik iemand wat daarteen stry moet mooi kyk en dink

Michael

Ek dink as Steven Munichen n begroting toespraak namens Mboweni gemaak het sou dit meer gewig gedra het as sy ondeurdagte feëverhaal ,leer by President Trump maak SA beter vir almal wat in hom bly nie net vir sekeres nie.