Mooikloof-substasie: Goeie nuus vir inwoners

Die Mooikloof-substasie het op 1 Desember 2021 aan die brand geslaan en duisende mense sonder krag gelaat. (Foto: Verskaf)

Ongeveer 60% van inwoners wat al sedert 1 Desember 2021 sonder elektrisiteit moes klaarkom, se kragtoevoer behoort teen Saterdagaand herstel te wees.

Hilgard Matthews, woordvoerder van Stad Tshwane, het gesê die spanne maak goeie vordering om die substasie te herbou. Dele van die ooste van Pretoria is vroegaand op 1 Desember in duisternis gedompel nadat ʼn reusebrand by die Mooikloof-substasie uitgebreek het.

“Spanne is tans besig om kabels aan die panele in kamer A te verbind. Dit behoort deur die loop van die dag afgehandel te wees en kragtoevoer kan daarna geleidelik na die betrokke woonbuurte herstel word.”

Stad Tshwane sal ʼn gefaseerde benadering volg om die lading op die substasie te bestuur.

“Spanne is ook besig om die geleistange te installeer in kamer C. Die spanne sal deurnag werk om die toetse van dié deel af te handel.”

Sodra kamer A verbind word, sal kragtoevoer na sowat 60% van die betrokke gebiede herstel word.

“Misdadigers het ongelukkig gister die kragonderbreking as ʼn geleentheid gebruik om diefstal te pleeg. Die stad het vinnig reageer en seker gemaak dat die kabels vervang word,” het Matthews bygevoeg.

Woonbuurte wat deur die kragonderbreking geraak is sluit Moreletapark, Pretoriuspark, Olympus, Bosveld en ʼn deel van Garsfontein in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Magda ·

Oppas iemand of organisasie boikot eskom, STEL sterk en EERLIKE sekuriteit aan. Kriminele word ondersteun deur di Hele regering.

Alex ·

Mooi gedoen. Trots op die mense wat hard werk om alles weer nuut en reg te kry. Dis nie maklik om so onder druk te werk nie. Gee hulle eerder n bonus vir werk wel gedaan

Johanna ·

Terrorism dit is wat dit is. !!
Kry die SA Weermag om ons kragstasies te beskerm en sekuriteit-wagte en firmas te vervang. Verby is die dae om broodjies te bak

Amelia ·

Dit is nou Sondag oggend, nat buite en donker binne. Geen elektrisiteit, geen aanduiding van wanneer ons wel gaan hê nie, geen internet en geen elektrise heining nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.