Mooinooi: Polisie krap kop oor nóg ʼn gru-moord

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Mooinooi in Noordwes het ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om te help om die liggaam van ʼn man, vermoedelik in sy 30’s, uit te ken.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, sê die man se liggaam is einde Maart deur ʼn inwoner van die dorp in die straat aangetref. Hy is onthoof en sy liggaam is in die straat gelaat – ʼn moord wat die polisie as grusaam beskryf het.

Volgens Moleko het die man ʼn bruin T-hemp, ʼn blou trui, swart jeans en ʼn bruin belt gedra.

Moleko sê enigiemand wat kennis dra van ʼn vermiste persoon wat in dié omgewing was, moet dadelik met die polisie kontak maak.

“Die polisie versoek enigiemand wat kan help om die man uit te ken om onmiddellik met sers. Sello in verbinding te tree deur hom by 079 357 4633 te kontak,” sê hy.

ʼn Foto word nié gebruik nie weens die grafiese en ontstellende aard daarvan. Die polisie kon ook nie ʼn identiteitsfoto van die man verskaf nie, aangesien sy identiteit nié bekend is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

‘n Kort beskrywing van die vermoorde kon help. Dit hoef nie noodwendig ‘n grusame foto te wees nie. Is dit ‘n wit, swart, bruin, indiër of chinaman ?? Kort, lank, skraal of fris gebou ??
Indien hy iewers in diens was, en skielik nie meer opdaag vir werk nie, kan sy werkgewer hom moontlik uitken aan so ‘n beskrywing.

leon ·

Die polisie vra hulp om oorledende te identifiseer maar deur slegs die kleredrag te beskryf maak dit nie makliker nie.Wat is die persoon se ras lengte en liggaamsbou dit kan meer van hulp wees

FPVZ ·

Korrek. As jy id wil bekom word dit ook geneem. Totale nie samewerking en onkunde. Geen raad met so ‘n polisiemag

Pieter ·

Weet die polisie dat daar vingerafdrukke geneem kan word, as jy aansoek doen vir enige lisensie word jou afdrukke saamgestuur met jou besonderhede. Nie nodig om n ruimte ingeneur te wees om dit te doen nie.

Gert ·

Hulle mag glad nie ras noem nie tensy dit n wit persoon is want die wit persoon is n minderwaardige volk in hierdie land wat lewendig gehou word deur afrikaanse media en joernaliste.

c ·

O hel, my Seun het ook sulke kleur klere in sy kan. Maar gelukkig is dit nie hy nie, het hom darem nog gister lewendig gesien. Sorry, ek kan nie help om die person uit te ken nie.

Wonder ·

Maar dit gaan rof by Mooinooi. Die naam pas nie meer by die plek nie. Hoe hartseer is dit nie.

Sarel Strydom ·

Een vn die grootste rillerverhale wat hier ontvou. Massamoorde?? Wie gaan eendag die boek skryf.

Sue ·

Wat de duiwel gaan in Mooinooi aan. Sarel ek stem saam dit klink soos n reeksmoordenaar se werk en ek dink dit gaan alles oor grond of is ek verkeerd.

L ·

Goeiste…waar sal die kop wees?! Polisie dink seker publiek is fortuin vertellers met kristal balle hahaha. Baie hartseer dat daar in so n pragtigge klein gedeelte van ons land, sulke wreedaardigge mense bestaan en nie gevang kan word nie.

Theresa ·

Hoop enige gesin wat lanklaas van hul mense gehoor het, maak kontak met die polisie. Dis vreeslik om te dink iemand is weer wreed uit ‘n gesin “geruk”.

Nita ·

hou tog asseblief om om te koets vir die woorde wit en swart. Verdomp as iemand daar dood le moet jy tog weet watter etniese groep. Andersins wie gaan nou soontoe haas om iemand uit te ken?? Ek wil weet, met enige misdaad, watter kleur was die misdadiger en watter kleur was die slagoffer.

Vanessa ·

Dis tragies dat ras al so ‘n kwessie in ons land geword het dat velkleur nie meer gebruik word in ‘n beskrywing van ‘n persoon nie. Dit sal dit mos net soveel makliker maak vir mense wat dalk ‘n geliefde vermis. Selfs wanneer die publiek gevra word om op die uitkyk vir ‘n verdagte te wees, word die velkleur nie genoem nie. Mag daar ‘n tyd kom dat velkleur in SA net soveel deel van ‘n persoon se beskrywing sal wees as bv haarkleur, lengte, ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.