Mooinooi-saak ‘baie ingewikkeld’

Die beskuldigdes in die hof. Foto: Mariné Lourens

Die verhoor van die vyf verdagtes wat tereg staan vir die moord op Joey en Anisha van Niekerk van Mooinooi in Noordwes, het nie Maandag in die hooggeregshof in Pretoria begin soos verwag nie.

Koos Strydom (52), Mercia Strydom (22), Alex Modau (36) en twee Mosambiekse broers het in die hof verskyn waar die verhoor vir die volgende drie weke sou voortduur. Die staat het egter aan die hof gesê hy is nie gereed om met die verhoor voort te gaan nie, aangesien daar nog verklarings en bewysstukke uitstaande is en dit nadelig vir die staat se saak kan wees.

Regter Bert Bam was nie beïndruk hiermee nie en wou by die staat weet hoekom sy saak nie gereed is nie. Die hof het gehoor die saak is baie ingewikkeld en die bewysstukke omvattend en daarom neem dit langer om vir die verhoor voor te berei as verwag is.

Die saak is daarna tot 16 Augustus uitgestel vir verhoor. Bam het egter gelas dat die betrokke regspanne op 5 Augustus by die voorsittende regter se kamers bymekaar moet kom om te bevestig dat hulle gereed is om op 16 Augustus met die verhoor voort te gaan. Die verhoor is tot 6 September op die hofrol geplaas.

Alex Modau en sy regsverteenwoordiger. Foto: Mariné Lourens

Die regsverteenwoordiger vir beskuldigde drie, een van die Mosambiekse broers, het aan die hof gesê die verdediging was nie in staat om enige dokumente of ander bewyse te bekom om die beskuldigde se ouderdom vas te stel nie. Die vermoede bestaan dus dat die beskuldigde minderjarig was ten tyde van die beweerde misdade.

Bam het gelas dat die beskuldigde na die distriksgeneesheer gestuur word om ondersoek te word en die hof sal op grond van dié mediese verslag ʼn beslissing oor die beskuldigde se ouderdom maak. Indien die hof bevind dat die beskuldigde wel minderjarig was ten tyde van die beweerde misdade, sal hy sy saak van die ander beskuldigdes s’n geskei en hy deur die kinderhof verhoor word.

Die twee Mosambiekers staan ook tereg op aanklag van verkragting en hul name kan daarom nie genoem word voordat hulle gepleit het nie.

Die beskuldigdes in die hof. Foto: Mariné Lourens

Koos, Modau en die twee Mosambiekse broers bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning. Mercia wat vroeër op borgtog vrygelaat is, se borgtog is verleng op dieselfde voorwaardes.

Maroela Media het vroeër berig agt mense is aanvanklik aangekla in verband met die moord op Joey en Anisha wat in Desember 2017 spoorloos uit die huis waarin hulle gewoon het op ʼn kleinhoewe in die Mooinooi-omgewing verdwyn het. Die aanklagte is egter later teen drie van die beskuldigdes teruggetrek.

Die staat beweer Koos was die baasbrein agter die moord en die motief was na bewering omdat hy die twee vroue se kleinhoewe wou bekom.

Lees alle vorige berigte oor Joey en Anisha van Niekerk op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Amanda ·

Ag nee regtig, hoe lank moet die misdadigers dan nog beskerm word??? Die arme famielie gaan deur hel……

Cherokee ·

Ek weet nie of jy dit beskerming kan noem as hulle opgesluit bly. Hul huidige tronkstraf moet net nie afgetrek word van hul vonnis.

JohanL ·

Eish – die saak is baie ingewikkeld. Baie moeiliker as wat ons gedink het.

En dan…………… sommer net so word saak vir 5 maande uitgestel. Is daar enige bevoegde ondersoekers in die saak. Kan nie onthou hoe lank nie, maar regtig die saak is mos al lank aan die gang.

EP ·

My punt ook. Ons regstelsel neem veels te lank om misdadigers te vonnis.

Michael ·

Ja nee hier melk hulle mekaar droog. wonder net waar kom al die miljoene vandaan om die advokate, prokureers ens. te betaal. Hierdie land HEHE HE HE HE HEE!!!!

Avokado ·

Die “miljoene” kom uit jou sak uit Michael. Al die advokate word deur Legal Aid SA aangestel in hierdie saak.

Chris ·

Die Staat stel nooit teleur nie. Elke belangrike saak word hoeveel keer uitgestel. Dit neem letterlik jare voor vonnis gelewer word. Laat mens wonder hoe lank dit nog gaan neem om verklarings en bewysstukke bymekaar te kry. 5 maande is maar min…

Theresa ·

Uiters swak. Daar word net vir tyd gespeel. Kan die spul nie almanake lees nie? En minderjarig se dinges man. Hy was oud genoeg om te verkrag en te moor!!

LH ·

As daar geen bewys van ouderdom is nie? Dan is hy mos onwettig in die land! As ek so na die foto kyk, is dit beslis nie ‘n kind nie . . . .

Wrede moorde ·

Hierdie tel onder die grusaamste en wreedste moorde wat in Suid-Afrika gepleeg is. Hierdie mense moet boet vir hulle dade.

Helene Heyns ·

Hiermee stem ek n duisend persent saam. Ek bid dat hul sal boet vir hul dade.

GM ·

Daai man lyk nie of hy ‘n jaar of twee terug nog minderjarig was nie. Snaaks hoe minderjariges altyd groot ‘manne’ is as hul verkrag en vermoor, en dan weer in klein seuntjies verander sodra hul uitgevang word.

jakes ·

Handig die hele spul oor aan die volk vir spoedige aksie. Tronkstraf is in elk geval n vakansie in SA. Kry tot nou en dan KFC.

Ena ·

Moenie die strippers en lapdancers so n rukkie terug vèrgeet nie.
In hierdie land bis die krims eientlik om tronkstraf te kry.
Dis lekker om te lewe …ja dit is in S.A.

Wonder maar net ·

Wonder of hulle ook elkeen 28 jaar gaan kry soos die ander sakie waar die enigste getuie erken het hy het gejok? Sal maar dophou maar weet eintlik klaar wat die antwoord gaan wees.

Penelope ·

Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg. Hulle wou soos “grootmense” moor en verkrag, maar die arme bloeitjies moet in die kinderhof verhoor word. Die saak draai baie lank, klink so of almal nie hul werk reg doen nie… intussen kry die families van die slagoffers nie afsluiting nie.

jaco ·

wit mans gebruik swart mans om 2 wit vrouens te vermoor sodat die 2 wit mans die 2 wit vrouens se plaas kan kry. En oor seker so 2 jaar word die plaas in elk geval onteien sonder vergoeding. Het hierdie mense wat die moord beplan het dan nie TV nuus gekyk of koerant gelees nie?

Anneke ·

Hopelik is dit nou die laaste uitstel. Tyd dat hulle betaal vir wat hulle gedoen het.

Blommie ·

Die moorde is in des 2016 gepleeg en die saak sloer dus maar net oor ‘n jaar. Die arme transnet pensioenarisse se saak is al hoeveel jaar???? En dis nog nie afgehandel nie. Hoe sê die ouer mense van uitstel kom afstel vir so baie van die mensies wat gewag maar nooit gekry het nie ek sê maar net

Clem ·

Ja LHS, Blommie se som werk nie maar ek dink jy mis die punt, Transnet pensionarisse moet al jare wag vir die reg om sy loop te neem, dis onregverdig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.