Mooinooi-saak lank uitgestel: ‘Dit is vir ons sleg’

Joey en Anisha van Niekerk.

“Dit is vir ons sleg dat dinge nie so gaan uitwerk nie.”

Só sê Wynand van Niekerk, die broer van Anisha van Niekerk, nadat dit bekend geword het dat die verhoor van Anisha en haar vrou, Joey, se moordenaars wat Maandag hervat sou word, nou tot later vanjaar uitgestel is.

Anisha en Joey het in Desember 2017 spoorloos uit die huis waarin hulle gewoon het op ʼn kleinhoewe in die Mooinooi-omgewing verdwyn. ʼn Soektog na die vroue is van stapel gestuur en ongeveer ʼn week later is die twee vroue se wit Nissan X-trail-sportnutsvoertuig in die Magaliesburg-omgewing gevind. Dit het later aan die lig gekom hulle is op grusame wyse verkrag en vermoor.

Die verhoor sou Maandag in die hooggeregshof in Pretoria hervat word nadat dit verlede jaar vertraag is weens die dood van Koos Strydom.

Strydom was die vermeende baasbrein in die moord op die Van Niekerk-egpaar. Hy is op 16 September bewusteloos in sy enkelsel in die Kgosi Mampuru II-gevangenis gevind en na ʼn hospitaal geneem. Hy is deur masjiene aan die lewe gehou en is vier dae later dood.

Wynand van Niekerk.

“Die stil tyd was vir ons as familie nodig gewees,” sê Wynand oor die tyd ná Strydom se dood. “Vir myself begin ek al meer verstaan en glo dat Anisha en Joey, ongeag al die wendings wat die saak al geneem het, reeds oorwinning behaal het.”

Die verhoor gaan nou ook nie Maandag voort nie weens probleme met regsverteenwoordiging vir Mercia Strydom. Mercia staan saam met Alex Modau en twee broers, Aaron James (26) en Jack Chinkinya Sithole (19), tereg vir die moord op die Van Niekerk-egpaar ná haar man, Koos, se dood. Die broers word ook van verkragting aangekla.

“Ten spyte van Anisha en Joey se oorwinning is daar tog iets in ʼn mens wat begeer dat die saak tot ʼn slotsom sal kom,” sê Wynand.

Die verhoor word nou eers in Augustus voortgesit. Die datum kan egter weer verander.

Die beskuldigdes in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Mia Spies/eNuus

Intussen is daar nog geen bevestiging gegee oor die omstandighede rondom Koos Strydom se dood nie. Daar is ná sy dood beweer dat Strydom gif of pille ingekry het en dat hy sy eie lewe probeer neem het.

Zandile Mabunda, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het reeds toe bevestig die departement ondersoek die bewerings en dat ʼn lykskouing die oorsaak van Strydom se dood sal bepaal.

Maroela Media het vroeër berig agt mense is aanvanklik aangekla in verband met die moord op die Van Niekerk-egpaar. Die aanklagte teen drie van die beskuldigdes is egter later teruggetrek.

Koos Strydom tydens ‘n hofverskyning. Foto: Landi Slatter

Die staat voer aan Koos Strydom was die baasbrein agter die moord en die motief was na bewering omdat hy die twee vroue se kleinhoewe wou bekom.

Koos Strydom het ook tereg gestaan vir die moord op Mandie Jansen van Rensburg in Junie 2014. Jansen van Rensburg is op 24 Junie 2014 doodgeskiet in wat aanvanklik as ʼn “plaasaanval” bestempel is. Die staat het vroeër aan die hof gesê dat Jansen van Rensburg ʼn deel van haar kleinhoewe aan Strydom sou verkoop en die twee het lewenspolisse ter waarde van R1,8 miljoen op die ander uitgeneem as sekuriteit. Strydom het gevolglik ná Jansen van Rensburg se dood die R1,8 miljoen ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Niklaas ·

Daar is gelukkig nie teveel van hierdie Koos Strydom se kaliber op die planeet nie. Wrede dade is gepleeg deur hulle. Ek hoop nie enige van die oorlewende beskulgdes kry borg nie.

Cherokee ·

Ek verskil heeltemal met jou. Daar ìs te veel van Strydom se kaliber, nie slegs op die planeet nie, maar in Suid Afrika. As jy bevestiging wil hê vir wat ek sê, kry dit ondermeer by die boere wat agter elektriese heinings skuil.

Loeloe ·

So word belangrikste sake uitgestel en uitgestel tot dit n stille dood sterf. Hoekom?

jinny jualinda ·

Gelukkig het hy homself uit die weg geruim alhoewel hy die pad van n lafhartige gevolg het, en n maklike uitweg gekies het. Dink net wat se smart, angs en pyn daardie twee vrouens tydens HULLE laaste ure moes beleef het.

Jannie van Niekerk ·

Ongelukkig het hy die maklike uitweg gekies. Gelukkig het hy in ‘n baie warm plek wakker geword.

Oujongvrou ·

Hyt hier op aarde te lig afgekom. Gelukkig vir ons hoef hy nie vir jare onderhou te word deur belasting geld nie. Hoop hy hou van waar hy nou is. Saam sy kaliber mense, vir n ewigheid.

Cherokee ·

Net toe die publiek dink doodstraf is van die boeke af, pas Strydom dit weer toe; op homself.

Jannie van Niekerk ·

Die baasbrein is nou in die warmplek waar hy hoort, maar sy medepligtiges lewe mos nog? cWaarom die verhoor uitslel oor kastige regsverteenwpoordiging? Dis net om die saak onnodig te laat sloer.

Jaco ·

twee wit mense is vermoor, so ja, who cares: beslis nie ons anti-wit regstelsel nie.

Jaco ·

Daar is n baie goeie Engelse term wat die beskryf ” Justice delayed is Justice denied”

Begin die saak daar is oorgenoeg bewyse

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.