Mooinooi-skietery: Hooggeregshof moet sê oor borgtog

Matthew Benson. Foto: Molaole Montsho / ANA

Matthew Benson (24) het Donderdag vlugtig in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die beweerde skietery van drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing in Noordwes.

Benson, die seun van ʼn plaaslike boer, wie se borgtogaansoek op 29 September deur dié hof van die hand gewys is, het intussen die hooggeregshof in Pretoria genader om teen dié beslissing te appelleer.

Die staatsaanklaer het Donderdag aan die hof gesê hulle het die akte van beskuldiging vir oorplasing na die hooggeregshof ontvang en het versoek dat die saak na 26 Januarie uitgestel word. Die uitstel is toegestaan.

Die staat voer aan Benson het op 2 Augustus skote op Tebogo Ndlovu (24) en twee vriende afgevuur toe hulle op sy plaas naby Mooinooi skrootmetaal wou steel.

Ndlovu is glo tydens die voorval in die been geskiet. Sy vriende het hom opgetel en probeer weghardloop met hom, maar glo agtergelaat aangesien hy te swaar was. Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop en hy is sedertdien nog nie weer gesien nie. Daar is ook nog nie ʼn liggaam gevind wat by sy beskrywing pas nie.

Die Noordwes-polisie het intussen ʼn R100 000-beloning uitgeloof in ʼn poging om Ndlovu op te spoor.

Benson se vriende, verloofde, Scharlene Oosthuizen (21), en haar ma, Marianna Audrey, is oortuig Ndlovu lewe nog en het sedert Benson se inhegtenisneming op 16 September geld ingesamel om ʼn beloning aan te bied aan enigiemand wat Ndlovu kan help opspoor. Hulle het ʼn beloning van R50 000 uitgeloof.

Lees die vorige berigte oor Matthew Benson op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Ek wonder of Ndlovu se twee lewendige vriende al vir ‘n leuenverklikkertoets geneem is.

Cherokee ·

Poligraaf-uitslae is nie geldig in ‘n hof nie, so hou maar op om te wonder daaroor.

anton ·

Poligraaf toetse is miskien nie in die land geldig nie en gin mens sal weet hoekom nie maar tenminste sal dit vir die staat en of verdediging n goeie aanduiding gee van die waarheid!!!
Dit is glad nie so maklik om die toetse te manipuleer nie.

Chris ·

Gou om die witman aan te kla. Was die swartmans van betreding aangekla?

Callie ·

Vergeet alles. Hy is wit en sal deur baie moet gaan. Alles oor al ons wittes te ruggraatloos is. Hier word beweer hy het geskiet. Die swart weermag ou skiet openlik n jong meisie in die straat Wit ou kry nie beil. Swarte word nie eers toegesluit nie. Jy kan volgende wees. Waar is Gerrie Nel. Is dit nie waarvoor ons moet baklei nie. Dit is so openlik dat selfs die regters wit mense teiken. Gaan almal verder kommentaar lewer of gaan ons vir n slag opstaan

Johan ·

Ja cherokee.hou op om so aanvalirig te wees en wees eerder realisties en ondersteunbaar.

Gerrit ·

Ek kan nie glo dat daar nog mense is wat glo dat die howe korrek en onpartydig die wette toepas nie.Die meeste howe in SA is nou onder beheer van on onbevoegde landdroste wat daarop uit is om teen wit beskuldigdes te diskrimineer en julle lees elke dag daarvan in die media. Ek gaan die wag gebruik wat die seun aangerand het in Ellisras wat het met hom gebeur? Die bewyse teen Benson is spekulasie en hoorsê en kyk hoe word hy behandel

koos de la rey ·

so ek kan nou sommer net goedsmoeds uitgaan en enigiemand aankla van moord , net op hoor se , sonder enige konktrete bewyse en daar sit hy ? dit gaan mos anargie in die hof veroorsaak ?
ek sou die staat aanvat oor die storie

ECB ·

Gerrit, ek stem 100% saam met jou en Afriform doen niks om ons blankes te help in sulke gevalle nie.

ECB ·

JA, kyk net na,
KFC saak,
Doodskis saak,
Soldat skiet vrou saak,
Mooinooi saak,
Wil jy nog bewyse he of is jy blind????

SE MAAR NET ·

Aan Cherokee. Ek lees kort kort van jou wat se ons moet wakker word en ons moet opstaan. Ons is wakker en sien baie dinge gebeur. En ons het rug graat… Hoe wil jy he ons moet opstaan? Geweld is nie ‘n oplossing nie. Dit gaan net meer geweld aan lok. Bid doen ons… Wat stel jy voor?

Anoniem ·

Dit is maklik om te se kry ruggraat en staan op en maak so en so maar ek het al dit baie gehoor en gesien dat wanneer dit gebeur die wat so vol is van hulself eerste weghardloop. Dit is soos n hond wat heeldag blaf agter die draad maar as hy uitkom is hy so mak soos n lammetjie jy mik net in sy rigting dan hardloop hy stert tussen die bene

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.