Mooinooi-skietery: Jongman hoor oor borgtog

Die Brits-landdroshof. Foto: Landi Malan

Die Brits-landdroshof het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Matthew Benson (24), wat aangekla word van die moord op Tebogo Ndlovu (24) en poging tot moord op sy twee vriende.

Benson se borgtogaansoek sloer sedert 22 September ná sy inhegtenisneming op 12 September.

Ndlovu, van Majakaneng, en sy vriende is glo op 2 Augustus na Benson se plaas naby Mooinooi om skrootmetaal te steel, toe Benson hulle opgemerk en op hulle geskiet het om hulle te verjaag. Ndlovu is tydens die voorval in die been geskiet. Sy vriende het hom opgetel en probeer weghardloop met hom, maar glo agtergelaat aangesien hy te swaar was. Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop. Toe hulle terugkyk, het hulle Benson en ʼn groep mense gesien waar hulle Ndlovu gelos het. Ndlovu het daarna vermis geraak. Bloed is glo op die toneel gevind, maar sy liggaam is nog nie opgespoor nie.

Sy verdwyning het massaprotesaksie in Majakaneng veroorsaak. Hoofroetes tussen Pretoria en Rustenburg is versper en minstens vyf voertuie is aan die brand gesteek. Inwoners van Majakaneng dring aan dat Benson Ndlovu se liggaam aan hulle oorhandig moet word.

Jeff Moyo, Benson se regverteenwoordiger, het tydens die borgtogaansoek gesê dit is in die belang van geregtigheid dat sy kliënt borgtog moet kry aangesien die staat se saak swak is.

Die staat het die aansoek teengestaan. Staatsaanklaer Cassius Mona het aan die hof gesê Benson het versuim om te bewys dat dit in die belang van geregtigheid sal wees as hy op borgtog vrygelaat word aangesien sy vrylating openbare onrus kan veroorsaak, hy ʼn vlugrisiko is en hy met die ondersoek en getuies kan inmeng.

Landdros Jethro Mosime het Vrydag Benson se borgtogaansoek van die hand gewys. Mosime het in sy uitspraak gesê Benson kon nie die hof oortuig dat dit in die belang van geregtigheid sou wees om hom borgtog toe te staan nie.

“Die aansoeker bly by sy meisie; hy het geen eiendom van sy eie nie. Daar is ʼn waarskynlikheid dat hy met die ondersoek en getuies kan inmeng,” het Mosime gesê.

“Die liggaam word sedert 2 Augustus vermis. Ses mense, onder wie die aansoeker, was op die toneel. Daar is ʼn sterk moontlikheid dat die aansoeker van die liggaam ontslae geraak het. Die polisie soek egter nog na die vermiste persoon.”

Mosime het verder gesê Benson het vals inligting verskaf dat hy nie enige skote gevuur het nie. “Koeëldoppies is op die toneel gevind wat ooreenstem met ʼn 9 mm-pistool. Borgtog word geweier.”

Benson bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 7 November.

Lees die vorige berigte oor Matthew Benson op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frikkie (Nie pienk) ·

Word Ndlovu of sy lyk sedert 2 Augustus vermis ?? Nie die hof of NVG weet nie, maar hy word van moord op die dief aangekla. En hier is steeds mense wat kommentaar lewer op Maroela, wat gereeld vra dat die doodstraf teruggebring word. Dink weer!!

Blits ·

Mense vergeet van doodstraf, al wie die doodstraf sal kry is witmense, borgtog word vir ons witmense geweier al is daar geen bewyse van n liggaam nie, kykk maar na die kfc saak, en na al die sake waar witmense aangekla word, dan gaan kyk jy na plaas aanvallers moordenaars wat witmense dood gemaak het, almal van hulle kry borgtog,so as die doodstraf terug gebring word sal die naam daarvan verander van doodstraf na witdoodstraf gekoppel net aan wit geen ander velkleur nie

Zak ·

Absoluut tragies. Iewers moet hierdie klugspul einde kry. Die gereg in SA beteken absolute nul op n kontrak: As jy wit is natuurlik.

Leahim ·

Wanneer n land se regstelsel in duie stort agv persone wat in beheer is en wat nie vertrou kan word om beeste op te pas nie dan is totale anargie daardie plek se voorland.

PJC ·

En nog steeds is daar mense wat glo dat die regstelsel 100% werk. Alles is eintlik een groot klug.

Jaco ·

Pateties.

Die flippen mense wat rassisties is teenoor wittes vergeet wie die eintlike skuldiges is wat goed wou steel op n privaat eiendom en toe gemaai het wat hulle gesaai het…
Nou wil hulle vergeet van die eintlike oortrede en fokus op iemand wat net sy eiendom en familie veilig probeer hou

Leahim ·

Ons word uitgebuit in hierdie land ons verskaf werk aan van die wat ons haat ons gee fooitjies aan mense wat kamtig na ons karre kyk en pateties by robotte staan.Die dag waneer ons ons luiheid laat staan en ons eie werk doen sal ons meer geld hê vir belangrike dinge,en sal dit beter met ons gaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.