Mooinooi-skietery: Ma ontken seun is lewend, man hoor dán oor borgtog

Die Brits-landdroshof. Foto: Landi Malan

Die ma van die vermiste Tebogo Ndlovu (24) het Woensdag ontken dat haar seun lewend is.

“Dit is nie waar nie. Ek het niks hiervan gehoor nie. As hy lewend was, hoekom het hy nog nie huis toe gekom nie,” het ʼn emosionele Martha Ndlovu buite die Brits-landdroshof opgemerk. Sy het gesê al wat sy soek, is haar seun of sy liggaam.

Sy het die verrigtinge bygewoon waar Matthew Benson (24), wat aangekla word van die moord op Ndlovu van Majakaneng en poging tot moord op sy twee vriende, om borgtog aansoek gedoen het.

Bespiegeling dat Ndlovu steeds lewend is, het Woensdag opgevlam nadat ʼn beloning van R10 000 op die Facebook-groep, Madibeng Misdaad Verkeer Forum, uitgeloof is vir mense wat weet waar Ndlovu is. Sommige van die mense het op die Facebook-plasing kommentaar gelewer dat Ndlovu rondom Bapong naby Majakaneng gesien is. Die plasing is later verwyder.

Benson se regverteenwoordiger, Jeff Moyo, het vroeër die dag die verdediging se slotbetoë gelewer en aan die hof gesê dit is binne boere se regte om vuurwapens te besit en hulself te beskerm aangesien hulle op plase aangeval en vermoor word. Hy het gesê dit is in die belang van geregtigheid dat sy kliënt borgtog moet kry aangesien die staat se saak swak is.

Die staat, wat die borgtogaansoek teenstaan, het daarna sy slotbetoë gelewer. Staatsaanklaer Cassius Mona het aan die hof gesê Benson het versuim om te bewys dat dit in die belang van geregtigheid sal wees dat hy op borgtog vrygelaat word.

“Die staat het drie gronde bewys waarom borgtog nie toegestaan moet word nie. Net een bewys is nodig, ons het drie,” het Mona gesê. Die staat voer aan Benson se vrylating kan openbare onrus veroorsaak, dat hy ʼn vlugrisiko is en dat hy met die ondersoek en getuies kan inmeng.

“ʼn Mens het nie die liggaam van ʼn vermiste persoon nodig om ʼn aanklag van moord aanhangig te maak nie. Die aansoeker beweer hy is net in besit van ʼn windbuks, want mense kom steel op die plaas. Op die dag van die voorval beweer jy, jy het in die huis ingehardloop om te kyk of jou ma veilig is nadat jy mense op die plaas gesien het. Jy het jou buurman, mnr. Lawrance, gebel en gesê daar is misdadigers op die plaas, maar tog het jy hulle met ʼn windbuks gekonfronteer, onwetend of hulle gewapen was,” het Mona gesê.

Mona het gesê die enigste rede hoekom Benson in die huis was, was om toegang tot die kluis te kry waar die vuurwapens gehou word.

Landdros Jethro Mosime het daarna die saak tot Vrydag uitgestel wanneer hy na verwagting sy uitspraak sal lewer.

Ndlovu en sy vriende is glo op 2 Augustus na Benson se plaas naby Mooinooi om skrootmetaal te steel, toe Benson hulle opgemerk en op hulle geskiet het om hulle te verjaag. Ndlovu is tydens die voorval in die been geskiet. Sy vriende het hom opgetel en probeer weghardloop met hom, maar glo agtergelaat aangesien hy te swaar was. Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop. Toe hulle terugkyk, het hulle Benson en ʼn groep mense gesien waar hulle Ndlovu gelos het. Ndlovu het daarna vermis geraak. Bloed is glo op die toneel gevind, maar sy liggaam is nog nie opgespoor nie.

Sy verdwyning het massaprotesaksie in Majakaneng veroorsaak. Hoofroetes tussen Pretoria en Rustenburg is versper en minstens vyf voertuie is aan die brand gesteek. Inwoners van Majakaneng dring aan dat Benson Ndlovu se liggaam aan hulle oorhandig moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hanna ·

So die gepeupel buite die hof en in die lokasies bepaal nou die man se lot? Mnr Benson, ek hoop jy dagvaar die staat vir baie geld! Daai dief is nog springlewendig en gesond. Ek glo dit.

al ·

Skewe geregtigheid in hierdie land! Sekere politieke partye hits aspris rassespanning aan. Kyk maar na die Bell Pottinger debakel. Maar as n wit mens gemartel word en doodgemaak word, is dit niks!!
Mag God ons land red!

Leahim ·

Nee Hanna hy sal nie hy sal soos nou al telkens bewys is n skop onder die alie vat jammer se en aan beweeg met sy lewe ,Dit lyk vir my dit is maar die manier hierso

Ouma ·

Boere moet paraat wees, maar mag hulself nie verdedig na al die verskriklike plaasmoorde wat gepleeg word nie. Skelms, bly weg van boere se plase. Julle het NIKS daar verloor nie.

Stem saam ·

EK STEM SAAM!!!!
As hulle wegbly en boere se goed uitlos sal nika gebeur!!!

Nikita ·

My vraag is net, hoekom word daar niks gedoen aan die ander 2 wat wel nou se hulle was daar om te steel? Is steel nou maar reg? Kan ek dan ook nou maar by my bure in gaan en vat wat ek van hulle wil he, sonder enige nagevolge. En verwag die staat ons moet as iemand by ons in breek of da is sonder ons toestemming, nou eers vra of hulle wapens het en vra hulle moet net gou wag ek wil gou my eie wapen ook gaan kry, en as hulle nou wel ni het nie, maar hulle ‘n uitnodiging gee om te kom sit en koffie drink terwyl ons nou kommunikeer oor wat hulle beplan, om my dood te maak, net beseer of net my goed steel, en daar volgens nou dan die volgende stappe te neem??? Hoe werk hierdie land van ons nou dees dae?? waar gaan ons kinders op eindig?

Alida 2 ·

Dit is die vraag waarmee ek ook stoei.
Die 2 hoort ook in die tronk vir erkende poging tot diefstal en onwettige betreding.

Karma ·

Askies mense, as ek nou dom is, maar kan ‘n windbukskoeëltjie dan ‘n mens doodskiet?

marous ·

As die polisie geskiet het sou Fikile gedans het. As ‘n boer homself en sy eiendom verdedig dan brand die land . Wat ‘n klug!

Leahim ·

Mense doen aan jou net wat jy hulle toelaat hoekom gebeur hierdie nie in Duitswes (Namibië) nie.

Callie ·

Die man is n vlugrisiko. Hoe hoog moet die IK van die staatsaanklaer wees. Boer gaan sy plaas en familie alles net so los? Diewe wat swart is en nie eers n adres het nie kry borg. Dit is siek, baie siek.

Adam ·

Hier kom weer n onregverdige borg verhoor Swart regter en swart aanklaer wat sinspeel op massa opstanding deur lolasie bewoners Niks is gedoen om die sogenaamde lyk te soek nie Het die ander 2 getuig of was dit maar net hoorsê Polisie is onbevoeg om sulke sake te ondersoek en gryp na grashalms

Adam (die oorspronklike een) ·

Net in SA kan jy “ontken” dat iemand lewend is. Absoluut lagwekkend!!

Erick ·

Kommerwekkende logika en redenering van dié wat die administrasie van die land bestuur.

Anti Maranti ·

Dis net die begin. Gee hulle nog so paar jaar dan sal julle sien wie is regtig in charge.
Daar is geen keer aan die massas nie. Die afrikaner sal ark moet bou om voortbestaan te verseker.

m.d.r ·

So, volgens die “staats aanklaer” moet die staat net een bewys he om die borg aansoek teen te staan maar hulle het DRIE—-
Die vrylating van die beskuldigde kan burgrlike onrus veroorsaak–
Hy is ‘n vlugrisiko
Hy mag met getuies inmeng…..
Alles suiwer bewerings, geen BEWYSE nie.

Ons beweeg al nader aan Boendoehof status

Ek wonder of regter Mogoeng Mogoeng nog glo in die “rule of law” soos hy beweer….?

Boerseun ·

Hoe kan jy van moord aangekla word sonder n lyk. Daar moet nie sprake van borg wees nie die saak moet uitgegooi word.

Regtig ·

Hulle het gegaan om skrootmetaal te steel. Hulle was die misdadigers, maar nou ruk die gemeenskap op omdat daar op hulle geskiet was en nou word een vermis? Wat ‘n klomp snert. Daar is geen bewyse nie en die staat het geen saak nie.

Die gemeenskap moet liewer die misdadigers veroordeel instede daarvan om om hulle te beskerm, en dalk moes sy ma hom bietjie waardes geleer het, dan sou sy nie nou in die hof sit en “huil” nie.

LMF ·

Ek het gevoel dat sy eie mense hom wegsteek met die hoop om n paar rand te score hier en net nog n wit Boer agter tralies te kry

August ·

Dus die persone wat laaste by hom was is sy vriende, hoekom is hulle nie verdagtes nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.