Mooinooi-skietery: Man weer in hof

Matthew Benson. Foto: Molaole Montsho / ANA

Matthew Benson (24) het Dinsdag in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die beweerde skietery van drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing.

Die saak teen Benson is tot 14 Desember uitgestel vir nadere ondersoek. Benson bly in aanhouding nadat hy op 29 September borgtog geweier is.

Die staat voer aan Benson het op 2 Augustus skote op Tebogo Ndlovu (24) en twee vriende afgevuur toe hulle op sy plaas naby Mooinooi skrootmetaal wou steel.

Ndlovu is glo tydens die voorval in die been geskiet. Sy vriende het hom opgetel en probeer weghardloop met hom, maar glo agtergelaat aangesien hy te swaar was. Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop en hy is sedertdien nog nie weer gesien nie.

Maroela Media het vroeër berig die Noordwes-polisie het intussen ʼn R100 000-beloning uitgeloof in ʼn poging om Ndlovu op te spoor.

ʼn Beloning word aangebied aan enigiemand wat Tebogo Ndlovu kan opspoor. Foto: Verskaf

Benson se vriende, verloofde, Scharlene Oosthuizen (21), en haar ma, Marianna Audrey, is oortuig Ndlovu lewe nog en het sedert Benson se inhegtenisneming op 16 September geld ingesamel om ʼn beloning aan te bied aan enigiemand wat Ndlovu kan help opspoor. Hulle het ʼn beloning van R50 000 uitgeloof.

Nancy Sekgobela, ʼn familielid van Ndlovu, het Dinsdag buite die hof gesê hulle soek net Ndlovu se oorskot en klere. “Hy is al ʼn lang tyd vermis.” Volgens haar het Ndlovu vir Benson baie goed geken aangesien hulle gereeld op Benson se pa se plaas was en Benson glo ook gereeld in Ndlovu se geselskap in Majakaneng was.

Landdros Jethro Mosime het Benson se borgtogaansoek van die hand gewys en gesê hy kon nie die hof oortuig dat dit in die belang van geregtigheid sou wees om hom borgtog toe te staan nie.

“Die aansoeker bly by sy meisie; hy het geen eiendom van sy eie nie. Daar is ʼn waarskynlikheid dat hy met die ondersoek en getuies kan inmeng,” het Mosime gesê.

Lees die vorige berigte oor Matthew Benson op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Balkie ·

Kan dit wettig wees om hom borg te weier sonder enige bewys??

Kiepie ·

Ja Balkie, ongelukkig kan dit wettig wees. Die tyd vandag die verdagte in hegtenis geneem word totdat die amptelike verhoor begin word juis gebruik om verdere ondesoek te doen en bewyse in te vorder. As die regter voel dat die beskuldigte dalk met die ondersoek of getuies kan inmeng is hy heeltemal binne die reg om borgtog te wyer. Ook as die verdagte dalk ‘n vlugrisiko is en dit is dan ook die twee redes (verskonings) wat die regter in hierdie geval aanvoer. Of dit geoorloof is is egter ‘n ander vraag.

Boer ·

Kiepie dws, as die saak vir die volgende jaar ondersoek word dan kan hy vir die volgende jaar nog in aanhouding bly. Sal n mens nie op n stadium enige iets se net om uit te kom nie. Dit laat mens dink aan martel tot jy n bekentenis kry.

Frikkie Geld en huis ·

Is daar enige bewyse dat Ndlovu in sy been geskiet is?? Hoekom word die ander twee nie aan ‘n leuenverklikkertoets onderwerp nie? Gaan Benson nou maar net so agter tralies bly omdat die sg slagoffer weggeraak het??
Ploitieke keurspel!! Dink Mosime dit is in belang van geregtigheid om hom aan te hou sonder ‘n behoorlike saak teen hom??

Cherokee ·

Laat dit nou ‘n les wees vir die mense wat somtyds sê ‘skiet en begrawe’. Leer nou.

Se Net ·

Help asseblief Solidariteit/Afriforum hierdie man het nie ‘n moord gepleeg nie. Al ons mense word borgtog geweier al is daar nie bewyse nie. Kyk nou maar die kis storie. Die gereg maak my siek!! Hierdie mense is drama queens hul oordryf soos met KFC geval. Skree soos mal mense en maak kamtig of hul aangerand word want dan is die gereg mos aan hul kant en onskuldige mense sit in die tronk terwyl hul nuwe huise kry en die “skuldige” sy huis en inkomste verloor. Jammer om te se hulle maak my siek!!!!

Cherokee ·

Sê sommer vir ons Boer, of jy ‘n lid is of jy ten minste bydra tot die geld wat voor in die ry gespandeer word.

snoefie ·

kan Benson se mense nie n gedeelte van belonong aan ndlovu se ma aanbied in ruil vir n publieke leuenverklikker toets nie?

Cherokee ·

Om wàt meet te maak, Snoefie? ‘n Poligraaftoets dien nie as bewys in enige hof nie.

Leahim ·

Ek kan nie glo dat die polisie n beloning aanbied nie ek glo en vertrou die man is onskuldig dan dink ek n advokaat soos Gerrie Nel moet die polisie en die landros dagvaar vir die skade wat Benson gelei het asook die ontneming van sy vryheid ,ongelukkig sal n voorbeeld gemaak moet word anders gaan hierdie landdroste en polisie net erger word met die misbruik van hulle posisies.

Peet J ·

Die landdros sowel as Ndlovu se familie is nou besig om vir tyd te speel met die doel dat Ndlovu se verdwyning aan sy dood gekoppel kan word. Alreeds praat sy familie van sy “oorskot en klere” dalk moet hulle ‘n sangoma se hulp bekom. As daar tot datum nie ‘n saak is nie waarvoor is die landdros dan bevrees dat Benson met die ondersoek en getuies kan inmeng m.a.w. wat meer kan Benson doen om die saak te benadeel as wat hy reeds gesê het onder eed.

Alida ·

Hoekom is die SAPD honde nie gebruik om die bloedspoor te volg nie?

PJC ·

Hopelik sal mense nou begin besef hoe věr die sogenaamde gelykheid voor die reg in die nuwe SA strek en leer om hulle optredes daarby aan te pas. Alles wat ń mens deesdae doen moet in die duisternis van die nag geskied. Moenie eers jou geheime aan jouself vertel nie.

Uiltjie ·

My vrae is: 1. Bestaan daar so n mens? 2. Was hulle drie en nie net twee nie? Is hy nie lankal in n transitorooftog afgemaai nie? 3. Op grond waarvan word die man aangehou? 4. Is daar n bloedspoor wat honde kon volg?

Ou Boervrou ·

Nog steeds geen borg? Bloot net nog ‘n wi man. Ai tog, waarheen lei dit alles???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.