Mooinooi-skietery: Matthew Benson hoor sy lot

Matthew Benson. Foto: Molaole Montsho / ANA

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag uitspraak gelewer in die saak van Matthew Benson (25), wat daarvan beskuldig is dat hy in Augustus 2017 op drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing in Noordwes geskiet het.

Benson, die seun van ʼn boer in die Mooinooi-omgewing wat sedert sy inhegtenisneming in September in aanhouding was, se verhoor het op 28 Mei begin. Hy het tereggestaan op ʼn aanklag van moord, twee aanklagte van poging tot moord, dwarsboming van die gereg en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hy het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom.

Regter JJ Hattingh het Benson Maandag onskuldig bevind op al die aanklagte teen hom. “Die staat kon nie daarin slaag om bo enige redelike twyfel te bewys dat Benson skuldig is nie. Slegs een van die getuies wat dié dag op die plaas was, kon Benson identifiseer en dié getuie [een van Tebogo Ndlovu se vriende] het sy weergawe van die gebeure by drie geleenthede verander om by die staat se saak te pas,” het Hattingh in sy uitspraak van 33 bladsye gesê.

“Uiteindelik moet die regte persoon in die beskuldigdebank wees vir ʼn misdryf en dit kan nie in dié geval bewys word nie,” het hy gesê.

Benson is daarvan beskuldig dat hy op 2 Augustus skote op Tebogo Ndlovu (24) en twee vriende afgevuur het toe hulle glo op sy pa se plaas skrootmetaal en lemoene wou steel. Ndlovu is glo tydens die voorval in die been geskiet. Sy vriende het hom opgetel en probeer weghardloop met hom, maar glo agtergelaat aangesien hy te swaar was. Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop. Hy is sedertdien nog nie weer gesien nie. Daar is ook nog nie ʼn liggaam gevind wat by sy beskrywing pas nie.

Lees ook: Matthew Benson: ‘Ek is dankbaar die waarheid is uit’

Lees die vorige berigte oor Matthew Benson op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Sjoe ·

Sjoe dit was ‘n lang tyd. Ek het darem self gewonder oor die storietjie…… Ek dink regtig die outjie is nie dood nie, dalk nie eens raak geskiet nie, klink net te snaaks.

Piet Snot ·

Moeilike saak, gegewe die politiek. Die regter het hom egter blind gehou vir die politiek, en op die bewese feite gekonsentreer.
Dis nou ‘n voorbeeld van hoe dit gedoen word.

GM ·

Sy lewe is nou basies verwoes deur mense wat op die rug van apartheid en rassisme ry. Ek sal graag wil weet wat nou met die getuie gaan gebeur? Word hy aangekla? Ek hoop die wat so skree dat die doodstraf teruggebring moet word nou sal sien hoe maklik onskuldige mense in die tronk sal beland as gevolg van ander se haat en leuens.

marius ·

Dit was ‘n kwaadwillige saak teen hom, net soos die Colingny saak. Die sake gaan baie meer begin word veral met die haatspraak wet wat kom.

Lesp ·

Jy’s 100% reg Marius, in toekomstigte sake gaan hulle net bylas dat iemand die K woord toegesnou het.

Nettie ·

Hierdie is die eerste van nog baie sake wat gaan gebeur, mense wat onregmatig in hegtenis geneem word, borgtogte wat geweier word en dan ‘n regverdige, regdenkende (blanke) regter, wat ‘n regverdige verhoor gee en regverdige uitspraak gee. Die regmatiges in SA is besig om op te staan en stem dik te maak.

Die SAPD en NVG kan gerus ophou om die belastingbetaler se geld te mors op onnodige hofsake en latere eise van onregverdige arrestasie en aanhouding deur sake wat aangemeld word, op meriete en nie op rasverwantheid te oordeel nie.

Het die ondersoekbeampte en die DOV hul WERK REG gedoen, sou hulle besef het dat daar GEEN GROND was vir hierdie aantyging nie (m.a.w. doodgewone VERSTAND sou jou tot die oortuiging laat kom het dat as daar nie ‘n lyk is nie, is daar nie moord gepleeg nie). Die ander sake is verwant en moes ook op gebrek aan meriete summier uitgegooi gewees het. Ek hoop die NVG en DOV besluit om die klaers nou te vervolg vir dwarsboming van die gereg, inmenging met ‘n geregtelike ondersoek, valse verklaring en les bes, betreding.

Ek hoop mnr. Benson ry die SAPD, die NVG en die DOV tot by Oom Daantjie in die kallerhok vir onregmatige arrestasie, aanhouding, crimen injuria, verlies van inkomste en alles-wat-hy-maar-kan. Sterkte vorentoe!!!

Al ·

Dankie Here U genade is groot!!!
Politiek moet uit hofsake gehou word, want daardeur word ñ regverdige verhoor belemmer.

Belaglik ·

9 maande in die tronk sonder enige bewyse! Sue hulle Benson vir alles wat hulle het…

Bossie ·

Dankie God dat U regter Hattingh ‘n eerlike uitspraak laat lewer het. Help hom om alle sake so regverdig te hanteer. Dankie dat Matthew nou weer die stukkies van sy lewe kan optel. Mag U asb sy hand vashou en hom dra soos wat U hom deur hierdie absolute belaglike en onregverdige aanvalle gedra het. Matthew, tel op jou kop my liewe kind. In ons oë is jy ‘n held. Jy sal sien dat hierdie saak jou baie sterker maak in die toekoms vir wat ookal oor jou pad mag kom. Ai, ek is SO verskriklik dankbaar vir die uitspraak. Uiteindelik ‘n regter wat deur die mense kyk. Ons het sulke sterk boere kinders. Is so trots. Dankie God, verskriklik baie dankie…

Chris Ws ·

Ek hoop Afriforum kom na vore en stel ‘n eis namens hom teen die staat in vir die 9 maande wat hy onregmatig in die tronk moes deurbring ?Kom AfriForum wys julle staal in die geval.

Koos ·

Hallooooo… AfriForum kan g’n namens hom ‘n eis instel nie. Dis mos nie hulle wat gearresteer was nie?

Tiger ·

Die rasistiese regter wat borgtog aan Mnr.Benson geweier het moet aangekla word.AfriForum kom na vore!

christa ·

kan die man nie die polisie dagvaar vir die tyd in aanhouding nie.

Borgtog Geweier ·

Hoekom die polisie dagvaar? Hoekom nie die departement van justisie ook dagvaar nie? Dit was die regter wat per slot van rekening besluit het hy moes in aanhouding bly.

Kokkerot ·

Ek wonder of die “dooie” persoon nou weer sy opwagting gaan maak noudat sy vriend se vals getuienis nie vir hulle die dollers laat inrol het nie.

kas ·

Die “oorledene” lewe nog.Dit was ‘n gemene daad teen iemand wat onskuldig is.Hierdie hele saak was uit en uit om geld te maak.Kyk nou hoe vinnig gaan die dooie weer lewendig word.Gelukkig kan Benson nie weer vir hierdie snert aangekla word nie.Wat van meineed teen die getuie aangesien hy blatant gestaan en lieg hetAs die “oorledene gevind word moet hy ook aangekla wor.Dit was kwaadwillige vervolging.

Anoniem ·

Kan die enigste getuie wat Matthew kon identifiseer “WAT SY WEERGAWE VAN DIE GEBEURE 3 KEER VERANDER HET OM BY DIE STAAT SE SAAK TE PAS” asb aangekla word van meineed?

Pieter ·

Gelukkig vir hom n blanke regter gehad anders was dit weers rassisme en lewenslank

Dis so ·

Skuldig. Gelukkig bekommer niemand hul oor wat jy dink nie.

TLC ·

Wow moe berig 3 keer lees om seker te maak ek lees reg stunning nuus om op n maandag te kry Boetman hou jou kop hoog Pasop vir strikke wat hulle dalk vir jou kan stel En as jy kan bekostig gaan Australia toe Sterkte

TLC ·

Wow moe berig 3 keer lees om seker te maak ek lees reg stunning nuus om op n maandag te kry Boetman hou jou kop hoog Pasop vir strikke wat hulle dalk vir jou kan stel En as jy kan bekostig gaan Australia toe Sterkte?

Reguit ·

Daardie wit regter sal seker binnekort getransformeer word en met ‘n “verteenwoordigende” regter vervang word – nes hulle in Zimbabwe gedoen het – sodat die volgende uitspraak “regverdig” kan wees.

Ella ·

Ja ek dink jy is reg. Iemand gaan “verplaas” word na n hof in die boendoes.

Boendoe ·

Ja arme wit regter gaan hierdie (goeie) besluit nog berou .. hy gaan verseker aangekla word van rassisme en een of ander iets teen hom gevind word dan word hy op vroee AFTREDE gesit, want ‘n wit man in die hof is mos ‘n skuldige man ..

chrisjan ·

Daar is meer ter sprake as net sy onregmatige aanhouding vir 9 maande.Wat van sy ouers se huis wat geplunder was se skade?Daar hoort teen die minister van polisie ‘n hewige skadevergoedings eis vir al hul skade en trauma ingestel te word.Is sy ouers op die plaas na dese?Indien nie ,nog ‘n hewige eis vir die verlies van hul plaas ook.Sommer honderde miljoene rande.

Callie ·

En dan kry jy nog skuldig se tipe ook. Jy moet dalk ook help betaal aan die man se verliese. Hoe siek is mense nie?

Sputnik ·

Die man is onskuldig bevind, “Skuldig” – berus daarin. Ons is baie dankbaar, veral as mens in ag neem dat die getuie soos ‘n tandetrekker gelieg het. Verder, die mense wat verwys na ‘n “geldmakery” – hoe sou enige klaer hier geld kon maak uit Mnr Benso, of enigiemand anders? Verduidelik asb.

apollo ·

die seun van coligny se ouers het onder andere n huis gratis en mahala gekry. gaan slaan na hoe lank húlle seu. se lyk onopgeeis in in die lykshuis gelê het. waar was hulle toe?

Israel ·

As godelose mense regeer, regeer die sonde ook maar die mense wat die wil van die Vader doen sal sien hoe die godelose ondergaan Spreuke 29 vers 16

Sooo dankbaar ·

Ek is soooo dankbaar jy het alles oorleef en kan van vooraf weer aan jou lewe bou, jong man & familie sterkte, jul sal weer bo uitkom en ek is sooo dankbaar vir ‘n regverdige verhoor.

kas ·

Nettie,hierdie saak was polities gedrewe en ‘n poging om geld uit Benson uit te maak maar hulle planne het klaaglik misluk.

Theresa ·

Die man wat meineed gepleeg het gaan seker darem verantwoording moet doen?
En dit bly ‘n raaisel dat man so verdwyn het. Dalk sommer na die skrik homself opgehelp en geloop van die plek af waar hy in elk geval nie moes wees nie.

Sterkte nou na maande se aanhouding, jongman! Mag jy veilig wees en al die gemors vergeet.

Dankie tog ·

DANKIE VADER, uiteindelik geregtigheid, hy kan bly wees hy het nie doodskis 2 se regter gehad nie dan het hy vir 16 jaar gesit vir niks. Daai getuie LIEG net soos die getuie wat die ou van die bakkie af sien val het .. HOOP hulle word ook onskuldig bevind . erens moet daar ‘n sense of JUDGEMENT terugkom in hierdie land .. want net sekere mense word gestraf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.