Mooinooi-skietery: Saak na Pta-hooggeregshof verwys

Matthew Benson. Foto: Molaole Montsho / ANA

Matthew Benson (24) het Vrydag weer in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die beweerde skietery van drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing in Noordwes.

Benson, die seun van ʼn plaaslike boer, wie se borgtogaansoek op 29 September deur dié hof van die hand gewys is, het vlugtig in die hof verskyn waar die saak na die Pretoria-hooggeregshof verwys is vir verhoor wat op 28 Mei op die rol geplaas is.

Die staat voer aan Benson het op 2 Augustus skote op Tebogo Ndlovu (24) en twee vriende afgevuur toe hulle op sy plaas naby Mooinooi skrootmetaal wou steel.

Ndlovu is glo tydens die voorval in die been geskiet. Sy vriende het hom opgetel en probeer weghardloop met hom, maar glo agtergelaat aangesien hy te swaar was. Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop en hy is sedertdien nog nie weer gesien nie. Daar is ook nog nie ʼn liggaam gevind wat by sy beskrywing pas nie.

Die Noordwes-polisie het intussen ʼn R100 000-beloning uitgeloof in ʼn poging om Ndlovu op te spoor.

Benson se vriende, verloofde, Scharlene Oosthuizen (21), en haar ma, Marianna Audrey, is oortuig Ndlovu lewe nog en het sedert Benson se inhegtenisneming op 16 September geld ingesamel om ʼn beloning aan te bied aan enigiemand wat Ndlovu kan help opspoor. Hulle het ʼn beloning van R50 000 uitgeloof.

Lees die vorige berigte oor Matthew Benson op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Attie ·

en die 2vriende ia hulle toe gesluit vir oortreeding en diefstal?

Boerin ·

Daar was seker nooit eers n derde persoon nie!! As hierdie nie die grootste onreg is nie, weet ek nie!!!!

Daan ·

Ons laat dit toe want die wit afrikaner is die luiste bangste nasie in die wêreld as Benson swart was en hy word so onregverdig behandel was die Brits polisie stasie en hof reeds afgebrand kyk wat gebeur nou by die overvaal skool.

Frikkie Geld en huis ·

Die wittes, ten minste waar ek bly, is opgevoed. Ek weet nie hoe gedra die wittes hul in Brits omgewing nie.

Pieter ·

Frikkie daar word nie eers gepraat van Brits nie en Brakpan suid het nie so n goeie rekord van mense houding soos jy wil voorgee nie

Callie ·

Ek stem Daan. Die witmense moes in hul hordes by die hof opgedaag het en ook gedreig het om alles af te brand. Ek noem dit gereeld. Ons ou sepie verslaafde, rusbank kritiek lewerende, lui, onbetrokke nasie verdien wat ons verdra. Swart Maandag moes alweer n paar keer gebeur het

PJC ·

Geen bewyse maar ook geen borgtog. Dit lyk nie na gelykheid voor die reg nie. Swart moordenaars word op R500 borgtog vrygelaat.

Spyker ·

Dit is om van te kots……regtig waar man!laat die man gaan tot verdere bewyse aan die lig kom.

Frikkie Geld en huis ·

Dis goed dat die saak tot in die hooggeregshof gevorder het. Nou sal die twee diewe in die hooggeregshof moet getuig. Daar sal dit wel aan die lig kom of daar ‘n derde dief betrokke was en of hul gelieg het. Hoe dit ook al is, as Benson se eis slaag, gaan hy welaf wees.

S ·

snasks hoe n 100 000 uitgeruik word DEER ONS BELASTING GELD mar daai geld was nooit aangebied om die mooi nooi vrou op te spoor nie ¡¡¡¡¡¡¡¡¡¡

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.