Mooinooi-vroue: 18-jarige was ‘onbeheerbaar’

Die beskuldigdes in die hof (30 Januarie 2018). Foto: Phillip Bruwer/Maroela Media

Die Brits-landdroshof het Donderdag in die saak rondom die verdwyning van twee vroue van Mooinooi gehoor een van die beskuldigdes, ʼn 18-jarige vrou, was as tiener buite beheer.

Die vrou en sewe medebeskuldigdes, onder wie haar 29-jarige kêrel en laasgenoemde se 52-jarige pa wat die sogenaamde baasbrein in die saak is, word aangekla in verband met die verdwyning en vermoedelike moord op Anisha en Joey van Niekerk. Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, moord, ontvoering, verkragting, roof met verswarende omstandighede en inbraak met die doel om te steel.

Dit was die vrou se tweede dag in die getuiebank waar sy deur staatsaanklaer Christine Molautsi kruisondervra is. Die vrou het getuig sy het saam met haar kêrel ingetrek toe sy 15 jaar oud was. Sy het ook in hierdie tyd halfpad deur haar gr. 10-jaar haar hoërskoolloopbaan opgeskort.

“Hoekom het jy skool verlaat?” wou Molautsi weet. “Ek was nie meer lus om in die oggende op te staan en skool toe te gaan nie, dit was nie meer vir my nie,” het sy geantwoord.

Sy het getuig haar ma het haar probeer verhoed om die skool te verlaat, maar dat dit haar nie gekeer het nie. Die meisie se pa was toe reeds oorlede.

“U het gesê u het beplan om vanjaar weer met skool te begin?” het Molautsi gevra. “Ja dis reg. As ek borgtog kry gaan ek by my ma-hulle bly en saam met hulle na die hoof toe gaan en vra of hulle my kan aanvaar sodat ek kan aangaan met skool. Ek wil my matriek klaarmaak by Hoërskool Grenswag.”

Molautsi het dit aan die hof gestel dat die meisie onbeheerbaar was toe sy jonger was en niks gaan haar verhoed om weer nie vir haar ma te luister nou dat sy ouer is nie. Sy het ook gesê die vrou voer aan sy wil teruggaan skool toe, net om die hof tevrede te stel. “As jy verlede jaar al besluit het om vanjaar skool toe te gaan, dan moes jy toe al aansoek gedoen het. Vanjaar se aansoeke het reeds gesluit,” het Molautsi gesê.

Joey en Anisha van Niekerk (Foto: Facebook)

Die vrou het egter ontken dat sy in die verlede buite beheer was en het gesê dit is ook nie nou die geval nie. Sy het verder bevestig die polisie het haar nie aangerand of geïntimideer nie. Sy het wel ʼn kort verklaring aan hulle in Afrikaans gegee en beweer toe sy drie dae daarna die verklaring moes onderteken, was dit ʼn lang verklaring en in Engels. Sy voer aan sy weet dus nie wat in die verklaring staan nie, maar dat sy die polisie vertrou.

Die agtste beskuldigde, die vermeende baasbrein se 21-jarige vrou, het daarna met haar borgtogaansoek begin voor die hof vir middagete verdaag het. Polisiebeamptes het glo tydens etenstyd DNS-monsters by van die beskuldigdes geneem. Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers wou weet hoekom dit nou eers gedoen word.

Maroela Media het vroeër berig Joey en Anisha is op 10 Desember omstreeks 07:30 die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe gewoon het. Hulle was op pad na Pretoria om Joey se pa se roudiens by te woon, maar het nie hul eindbestemming bereik nie.

Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is later in die Magaliesburg-omgewing gevind. Dit het later aan die lig gekom dat Joey en Anisha glo ure lank gemartel en ook verkrag is. Die motief vir die voorval hou moontlik verband met ʼn eiendomsgeskil. Een van die beweerde moordenaars wou die vroue glo dwing om dokumente te teken om hul besittings aan hom oor te dra.

Die verrigtinge duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Joey en Anisha van Niekerk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Snip ·

Kan daar wragtig nie iets positiefs uit hierdie saak vorendag kom nie. Vordering sal meer aanvaarbaar wees om te lees. Nou is dit net iets nuuts dat die 18 jarige wil terug gaan skool toe. Shame, so draai en draai hulle met die saak. Kan daar regtig niks waarheid uit hierdie mense gedwing word nie????? Hoelank gaan dit nog snoer????

christa ·

die Bybel se hoe jou opvoeding was toe jy klein was, daarna sal jy terugkeer as jy volgroeid is. As jy jou kinders goed grootmaak en hulle raak rebels sal hulle weer na hulle opvoeding terugkeer. As jy ‘n rebel is as jy klein is en jou ouers het nie beheer oor jou nie sal jy so bly.

Valerie ·

Sonja, seker in Calvyn se waansinnige interpretasie wat hy die “Institutes” genoem het.

Boerseun ·

Hehe, eina. As jou onkunde gepost word is dit vir altyd In die openbaar

Charlene ·

Ek het hoerskool “grenspos” gaan opsoek en kon niks kry nie? Nog nooit van daai skool gehoor nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Charlene

Ons vra om verskoning vir die fout.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Bokka ·

Dit wil vir my voorkom asof die cops almal wat met Koos strydom te doen het in hegtenis neem wat het die meisie nou eindelik te doen met die twee mooinooi vroue se verdwyning.

KG ·

Die 2 vrouens kon op verskeie maniere betrokke gewees het. Hulle kon bv deel van ‘n lokval gewees, ens. Natuurlik moet dit als eers bewys word, maar geensins onmoontlik dat hulle betrokke kon wees nie.

Andre ·

Eisch , wat n haarige storie ! Gewonder waar kom nagmerries vandaan .

Oud-Rustenburger ·

Ek het ‘n vermoede die skool se naam in die berig is verkeerd. Dit moet of Grenswag in Rustenburg wees, of Wagpos, buite Brits.

Sune van Heerden ·

Dagsê Oud-Rustenburger

Ons vra om verskoning vir die fout.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Justice ·

Daar is baie geleenthede in die tronk om jou matriek suksesvol te slaag en `n goeie na-skoolse kwalifikasie voltooi – teen daardie tyd sal al die rebelsgeid uitgewoed wees en sy `n aanwins vir die samelewing kan wees. Ek is stem saam met die staatsaanklaer se gevolgtrekking.

Suné ·

Ek stem saam met jou, want sy sal nie nou ewe skielik teruggaan skool toe nie, veral omdat sy ‘n 29 jarige kêrel het, is ek 100% seker daaroor. Ek ken ‘n seun wat al 6 jaar sy matriek kon voltooi en al die verskonings in die boek het en steeds net met gr 9 tevrede is. Daar is so baie van hierdie kinders wat net eenvoudig op ander se nekke sal lê tot die dag van hulle dood.

Marianne ·

Wat het haar Skool opleiding of gebrek daaraan, te doen met Joey en Anisha we moord of verdwyning? Het ‘n moordenaar deesdae ‘n graad in Kriminilogie nodig om ‘n misdade te pleeg?
Al die betrokkenis in hierdie afgruwelike hartseer saak, moet NOU die waarheid praat en die egpaar se families toelaat om hulle te laat begrawe.
My hart skier oop elke maal wanneer Joey of Anisha as name hoor. EK is do bitter jammer vir hulle families, ek glo julle was baie lief vir mekaar.

LHS ·

Nee wat sussie, dit is nog nie duidelik wat jou aandeel in hierdie verhaal was nie maar ek is seker jy gaan dit geniet in die tronk. Weet iemand iets van Koos se agtergrond, was hy in n verbeteringskool of spesiale skool?

Janine ·

Skool was nou nie vir haar nie…maar wel medepligtige tot moord…Jou prioriteite in die lewe is bietjie verdraai dogtertjie. Hoop darem dit word reggeruk in die tronk.

lvh ·

Graad 10 het sy skool verlaat. Ek neem aan dat sy teen daardie tyd sl bietjie basiese Engels geleer het?

Mike Kaapstad ·

onkunde algaande die wet is geen verskoning nie , die hele familie klink na n delery (maats) ,sjoe om te dink graad 10 en jy kan nie engels lees nie , ek het al in std 3 begin engels lees en skryf……

Theresa ·

As haar skoolopvoeding enigsins iets met die hele moord, martel ens. te doen het, wil ek graag noem dat sy moontlik net die 1ste man in die land se voorbeeld volg? Sy met Engels en hy met syfers…

Gesiggie ·

Hoekom sloer hul so met die saak??? en stem saam Snip… hierdie saak moet einde kry” soveel verdagtes- doen jul werk en kry klaar die Familie het al te veel aan gehoor”’ laat hul berusting kry”’

Ruby ·

Toemaar poplap jy gaan nou meer as genoeg tyd en dissipline kry om jou matriek te doen.

fm ·

Mag hierdie aaklige saak vinning afgehandel word en geregtigheid geskied. Vir die familie en vriende wat hierdie twee slagoffers liefgehad het se onthalwe om vrede en berusting te vind. Dit moet verskriklik vir hulle wees en die hofsaak het nog nie eers rerig begin nie. Ek hoop hulle kry ondersteuning.

Casper Labuschagne ·

Die noodwendige gevolge van ons huidige wetgewing waar kinders mag besluit om op 16 die skool te verlaat en daar is hoegenaamd niks wat die ouers kan doen om hulle te keer nie. In ons dorpie is daar meisies wat sommer in die middel van die akademiese jaar die skool verlaat en ook geen tyd vermors om swanger te raak ter wille van kindertoelae nie. En dan is daar die tragiese geval van Mnr en Mev Karwag wat hul kinders op 16 uit die skool haal om self karwagte te word. In albei gevalle praat ek van Afrikaanse mense, soos ek en jy. Daar is ‘n wet wat sterker is as die wette wat ons parlement maak, en dit is die wet van onvoorsiene gevolge.

Magda maritz ·

Afgryslike gebeure met die Van Niekerk paar. Hoe kan ons mensdom so verval daar is geen betekenis meer vir lewe nie. Dis asof ons gewoont raak met al die moorde wat plaasvind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.