Mooinooi-vroue: Beendere gevind

Joey en Anisha van Niekerk (Foto: Facebook)

Die polisie in Noordwes het bevestig beendere is gevind wat vermoedelik die oorskot van Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk is, die twee vroue van Mooinooi wat sedert 10 Desember vermis is.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê die beendere is Dinsdag in ʼn beboste gebied naby die R104 nie ver van Mooinooi af nie gevind. Talane het gesê hy kan nie in dié stadium meer inligting bekendmaak oor hoe die polisie op die beendere afgekom het nie, maar het gesê daar word vermoed dat die beendere die vermiste vroue se oorskot is.

“Die beendere is vir forensiese toetse gestuur om te bepaal of dit wel met die verdwyning van die twee vroue verbind kan word. Dit is nie duidelik wanneer die uitslae van hierdie toetse beskikbaar sal wees nie,” het Talane gesê.

Intussen sal sewe verdagtes Vrydag weer in die hof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg wat met die verdwyning van Joey en Anisha verband hou.

Die verdagtes is Aaron Sithole (23), Alex Mudau (36), Moses Rakubu (33), Koos Strydom (53), Vincent Strydom (29), Maruschka Opperman (18) en ʼn sewende verdagte wie se naam nie genoem kan word nie omdat daar in die stadium vermoed word dat hy minderjarig is.

Maroela Media het vroeër berig Joey en Anisha is op 10 Desember omstreeks 07:30 vir die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe woon. Hulle was op pad na Pretoria om Joey se pa se roudiens by te woon, maar het nie hul eindbestemming bereik nie en is sedertdien nie weer gesien nie.

Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is later in die Magaliesburg-omgewing gevind. Daar was egter geen teken van die vroue nie en die soektog na hulle duur voort. Persoonlike besittings, waaronder die vroue se bankkaarte, is in van die verdagtes se besit gevind toe hulle in hegtenis geneem is.

Lees die vorige berigte oor Joey en Anisha van Niekerk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

fm ·

Ek is jammer vir hul familie en geliefdes. Baie sterkte vir julle gedurende hierdie uiters moeilike tyd. Mag die ondersoek vinnig afgehandel word en die skuldiges gevonnis word sodat die naasbestaandes vrede en berusting kan kry. As dit moontlik is. Suid-Afrika is ‘n geweldadige en wrede land om in te woon waar menselewens weinig werd is.

Ella ·

Ek sten heelhartig saam met jou: n wrede land met wrede mense. Baie hartseer storie hierdie.

Stem saam ·

FM ek stem saam dit is ‘n wreede land, meer nog raak dit ‘n wrede wereld. Orals in die wereld gaan dit so net meer in SA. Wat my bekommer is dat ons eie mense so wreed geword het, kan jy werklik in God glo of Hom in jou hart he as jy tot soiets in staat is, ek wonder want God is ‘n God van liefde. Jong mense moor en raak net so wreed. Ai!!!!

Stem nie saam nie ·

Ek stem saam. Ek het n kleintjie dood aan mense wat sê dit gaan maar orals so. Was jy al ooit in n amder land? Glo my, S.A is n barbaarse land en NERENS anders waar ek al was gaan dit naastenby so nie.

Ek bly in n land waar dronk bestuur die hoofopskrifte maak. Sulke gevalle is iets wat nooit gebeur nie. Geen van die brutaliteit in S.A sal hoer gesien word nie. Hoe vinniger mense die waarheid aanvaar hoe beter.

oelof van wyk ·

Welgedaan aan die Polisie war alreeds 7 verdagtes aangekeer het

Coenie ·

Ek kan nie glo die liggaam kan in minder as n maand so ontbind dat net bene oor is nie die polisie soos ondervinding my al geleer het tien teen een weer die kat aan die stert beet sterkte aan die familie ek hoop van harte dat dit nie die geval is nie en dat julle geliefdes gevind sal word.

grotman ·

n Liggaam kan binne 3 weke so ontbind dat slegs hare , bene en stukkies vel sigbaar is. veral as liggame bo grond oppervlak is … danksy vliee en brommers… so dit is moontlik dat dit die twee dames kan wees.

nossob ·

Dis regtig jammer indien dit wel hulle oorskot is. Ek het al die tyd gehoop dat hulle lewendig gevind sou word en sal seker tot en met die uitslag bekend is nog steeds so hoop. Indien dit wel hulle oorskot is, is ek bly dis oor en verby en kan die familie tot afsluiting kom. Sterkte aan die naasbestaandes in hierdie tyd van onsekerheid.

Heike ·

Jammer as ek onnosel klink maar neem dit nie langer voordat beendere wys met die vergang van n liggaam nie?
Ek is verskriklik jammer oor die twee pragmensies.

Ella ·

Ek sten heelhartig saam met jou: n wrede land met wrede mense. Baie hartseer storie hierdie.

Kwaad ·

En ander bekende aanlyn nuusblaaie rep nie ‘n woord oor die voorval nie. Nie eers ‘n soektog met die dames se name op hul webblaaie lewer ‘n enkele berig nie. Skande

Leeu ·

Ek’t die storie lank voor MM op n ander nuus site gesien, in afrikaans en engels.

Ada ·

Coenie ek stem saam met alles wat jy se en weereens sterkte aan die familie en vriende

Peet J ·

Stem saam beendere gevind , maar verder word niks gesê nie bv. hoeveel persone se beendere is gevind was beide persone in een graf begrawe , was daar kledingstukke van die slagoffers, tande , ringe , oorbelle ,skoene, selfone, wie het die grafte ontdek , Ek vra nou aangesien inligting aan die publiek ‘n staatsgeheim is volgens hierdie en vorige berigte, op grond waarvan word die vrouens se verdwyning nou met die beendere verbind ?

Casper Labuschagne ·

Ek het werklik geen woorde om my afgryse hieroor te beskryf nie. Maar sou ek woorde gehad het teenoor die daders van hierdie gruwels, was dit beslis in die uiterste graad geklassifiseer onder julle verbod op “geen raasisme, haatspraak en kru taal.”

Jessica ·

Coenie ek stem saam, hoekom sit hulle dit nou op die nuus so vroeg as hulle nie seker is nie, dis nou weer hulle jag spoke op, wag tot hulle feite het en dan sit dit op die nuus.

Petro ·

Ons kan net bid vir hierdie 2 families…dis verskriklik wreed en hartseer. En dit blyk dat 2 van die beskuldiges bloedjonk is…wat in die lewe gaan aan in hierdie wereld??

Fantabulous ·

Peet en Connie indien julle die berigte van die begin af volg sal julle weet dat ‘n verdagte die beendere aan die polisie gaan uitwys het. Daar is duidelik gese beendere is gevind ! Dit beteken duidelik dat die ppragtige dames vermoedelik gebrand is om van bewyse ontslae te raak en alle besittings. Daar is geen melding van grafte daar staan dat beendere op die R104 in ‘n bebosde gebied gevind is. Dis nie noodwendig die plek waar die gebeure afgespeel het nie. Die belangrikste is laat die polisie hulle werk doen almal het prosedures waarvolgens hulle werk. Sterkte aan die geliefdes ek hoop en bid jul kry antwoorde. BRING DIE DOODSTRAF TERUG dan sal mense nie net ander se lewens neem nie !

wonder net ·

n Sekere Afr. radio stasie berig hul uitgebrande motor is vandag gevind met 2 uitgebrande liggame in. Hoe dan nou? So jammer vir familie en ander naasbestaandes.

lollie ·

As daar diere soos honde in die omgewing van die liggame was, kan die liggame baie vinnig tot net beendere gereduseer word.

Genoeg! ·

BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!
Innige simpatie aan die families. Dis vreeslik hartseer as dit wel waar is. :(

Kaptein ·

Tough crowd hier op Maroela Media. Dis nie CSI nie mense …
Ek vermoed dat selfs ‘n teksboek-perfekte ondersoek vanaf die polisie ‘n vlaag kritiek gaan ontlok op hierdie forum. Ai.

AGNEE KAPTEIN ·

En wat is jou afleiding? Mense kan obviously net werk met die inligting wat deurgegee word. Mense gis en mense wonder, die punt is twee pragtige dames is tragies vermoor, en die publiek probeer maar net vasstel wat het gebeur aangesien die feite nie op een slag deurgegee word nie, en van radiostasie tot radiostasie verskil. Wees bietjie verdraagsaam. Wat was jou 2c nou werd?

Neilia ·

Ek lees net wrede land, ons land is pragtig dis die mensdom wat wreed is. Net so is paaie nie gevaarlik nie ,maar die bestuurders van motors.

Linda ·

Ek dink as hulle in n beboste deel vermoor was, sou roofdiere of wilde honde heel moontlik hul vleis ge-eet het. Ja, ek stem met almal saam, hierdie is n baie wrede land. Min mense het nog respek vir andere. Hier gaan dit weereens oor geld, nie eens baie geld nie !

Peet J ·

Fantabulous, ooreenkomstig u interpretasie met betrekking tot die aangeleentheid onder bespreking asook inagnemende die “verdagte” se visuele uitwysing dat die beendere wat later gevind is vermoedelik met die vermiste dames se verdwyning verbind kan word kan volgens vorige mediaberigte asook wat gegrond is , meesal op spekulasie deur die gereg, geensins ‘n geloofwaardige uitsluitsel op hierdie stadium kan bewerkstellig nie.
.

se uitwysing

oelof van wyk ·

Welgedaan aan die Polisie wat alreeds 7 verdagtes aangekeer het

Louis ·

Bring die doodstraf terug dis al…..nou gaan hulle net lekker sit en tv kyk en verniet kos kry.Moordenaars doen die ergste denkbare ding op aarde en dan word hulle nog beloon om lekker tronk toe te gaan terwyl ons vir hulle sorg ook,met ons hard verdiende geld.Sterkte aan die familie.As so iets met my moet gebeur moet hulle my eerder boei in die hof.

Krimineleregte moet vernietig word ·

Krimineleregte moet ver onder die regte van onskuldige mense sn wees. Hierdie beginsel van kriminele regte gaan die huidige orde van multibiljoeners wat die wereld regeer omkeer want hulle probeer hul bes om die middelklas te vernietig en ons middelklasmense besef dit almeer.

Veritas ·

Hierdie hartseer gebeurtenis gaan nog ‘n baie nare nasmaak wys… Geld, gierigheid, misleiding, skending van liggame op die ondenkbaarste maniere, en alles wat nog daarmee saam gaan… Ek hoop uit my hart uit dat geregtigheid sal geskiet op alle vlakke en dat Joey en Anisha nou vrede het weg van hierdie wêreld af.

Wrede SA ·

HERE GOD, asseblief laat ek nie oordeel nie. HELP MY asseblief, al verstaan ek nie altyd nie. AMEN

fm ·

Dit klink vir my ook baie erg dat sewe mense!!!! saamgespan het om iets erg te doen aan aan hierdie twee mense. Hierdie sewe mense moes baie sistematies en presies te werk gegaan het om alle leidrade uit te wis sodat hulle onskuldig bevind kan word. Miskien sal niemand, behalwe hierdie sewe mense, ooit die waarheid weet van wat werklik gebeur het nie nie en sal hierdie miskien ook net ‘n onopgeloste en raaiselagtige misdaad bly waarvan almal oor ‘n paar jaar sal vergeet. Weereens sterke aan die famile en geliefdes van die twee slagoffers.

Frans C ·

Die probleem vandag is,dat mense liefhebbers van hulself geword het,met ‘n onversadigbare lus om die self te bevredig.

Omdat so’n groot mense betrokke was met selfs ‘n minderjarige wil dit vir my voorkom of die gruweldaad vooraf beplan is.’n Mens oorreed nie sewe mense op die ingewing van die oomblik om deel te wees van so’n afskuwelike daad nie.

Die doodstraf soos dit in Suid Afrika toegepas is was nie ‘n afskrikmiddel nie.Mi sal selfs openbare
teregstellings nie alle misdadigers afskrik nie.
Onthou nog goed hoe skares gedans het om mense wat vermoor is deur ‘Necklacing ‘.

Daar is ‘n moorddadige element in ons samelewing ,wat bestaan uit alle kleure en geure,wat nie skrik vir geweld om hul doel te bereik nie.

Innige simpatie aan die familie,niemand verdien om aan sulke trauma blootgestel te word nie.

Amelia ·

Genoeg… Dink nie dis wys om te vra vir die terug bring van die doodstraf nie. Hoeveel onskuldige mense/ boere gaan die doodstraf kry omdat hul uit selfverderiging opgetree het.. Hoeveel boere word nie alreeds aangekla vir moord omdat hul die krimineel dood geskiet het nie. Daar gaan meer wittes hang as ” misdadigers”. Nog n manier om ons uit te wis.

Karen ·

Ek was saam met Joey op skool en het baie goeie herinneringe van haar: opgeruimd, vriendelik en ordentlik.

Natuurlik volg ek die saak van die begin af, en het volle vertroue in die polisie. Van die verdagtes het al binne ‘n week van die verdwyning in die hof verskyn. Dit lyk vir my redelik voor die hand liggend dat hulle nie meer inligting vir die publiek wou gee nie, omdat dit die saak sou skade doen.

Heidi ·

Heidi: Het so gehoop daar gaan goeie uiteinde wees. Baie sterkte aan familie en vriende in die moeilike tyd. Reg en geregtigheid sal seevier. Ons het n pragtige land met baie meer goed as slegte mense.

Anitavz se 2c ·

Goeie werk. Maar my vraag is-
1. Hoekom het die Polisie nou eers die beendere gekry? Hoe goed het hulle die plek Waar die voertuig gekry was deur soek vir leidrade? *** 2. Hoekom is daar nou al 7 (SEWE) verdagtes arresteer maar niemand het nog iets gese nie????? Wat is die kwaliteit van ons ondersoekbeamptes? Ek was 15jaar n SAP lid en wragtag as ons mense arresteer het kon ons tenminste n tipe leidraad of selfs n erkenning kry na n dag in aan hounding.

Sam ·

As jy SAP was weet jy julle werk nie vir erkenning nie. Jy moet ook dan lees en sien die beendere is nog nie kla getoets nie, so dis spekulasie. En ek as publiek weet dat sekere inligting terug gehou word sodat dit nie die saak belemmer nie, jy as 15 jr SAP lid behoort dit ook te weet. Niemand het met die 7 gepraat nie so niemand kan se hulle het niks of iets gese nie. Miskien het jy vergeet hoe werk ondersoeke regtig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.