Mooinooi-vroue: Fout met DNS

Joey (links) en Anisha van Niekerk. Foto: Verskaf

Ná maande se gewag om uitsluitsel te kry of menslike oorskot wat gevind is wel dié van die vermisde Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk van Mooinooi is, moet Joey se familie nou nóg langer wag voor hulle berusting kan vind.

Joey se familie kon op 26 April uiteindelik begin om reëlings vir haar troosdiens te tref toe daar in die Brits-landdroshof aangekondig is dat die langverwagte DNS-uitslae met Joey verbind word. Daar was toe nog geen sekerheid of enige DNS met Anisha verbind kon word nie.

Die beweerde “baasbrein”, sy 21-jarige vrou, sy 29-jarige seun en dié se 18-jarige meisie, twee van sy werkers, Mosambiekse broers van onderskeidelik 18 en 25 jaar oud, en twee ander mans, onderskeidelik 33 en 36 jaar oud, se uitsprake van hul voortslepende borgtogaansoek is op dié dag in die Brits-landdroshof gelewer.

Slegs die twee vroue en die “baasbrein” se seun is borgtog toegestaan.

Hulle het almal onskuldig gepleit op aanklagte van sameswering tot moord, moord, ontvoering, verkragting, roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die doel om te steel.

Joey Burnard, Joey se tannie, het gesê die ondersoekbeampte wat tydens die borgtogaansoeke getuig het, kol. Mojalefa Nkosi, het haar Vrydag met skoknuus gebel.

“Kol. Nkosi het gevra of hy ons persoonlik kan sien, maar ons was nie beskikbaar nie. Hy het my toe oor die telefoon meegedeel dat hy die forensiese verslag verkeerd gelees. Die DNS-uitslae word met Anisha verbind en nie Joey nie. Ek het lam geraak en net gedink hoe ek dit vir Joey se sussie, boetie en ma moet sê,” het Burnard Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Burnard verduidelik dat die fout nie by die forensiese eenheid ingeglip het nie, maar by die polisie wat die verslag nie “reg” gelees het nie.

“Ons is nou terug waar ons begin het. Ons weet nie wat aangaan nie en of daar nog goed is wat getoets moet word nie. Ons het nog niks ontvang nie, maar alles was in die pyplyn. Joey se ma sou nog van Durban af kom om die roudiens by te woon,” het Burnard ontsteld gesê.

Volgens Burnard wou die familie Joey se oorskot gaan haal, haar veras en ʼn roudiens vir haar hou, waarna haar as oor haar pa se graf gestrooi sou word. Joey se pa is die week voor hulle vermis geraak het oorlede. Joey en Anisha was juis op pad na Pretoria om reëlings vir sy begrafnis te finaliseer toe hulle vir die laaste keer lewend gesien is.

Burnard het gesê hoewel Nkosi gesê het hy is baie jammer, is dit onaanvaarbaar en het dit “alles van vooraf oopgekrap”.

Tanya van Niekerk, Anisha se skoonsuster, het Dinsdag aan Maroela Media gesê hulle is deur Burnard ingelig van die fout.

“Dit is absoluut belaglik, hoe maak ʼn mens so ʼn fout? Ons het met kol. Nkozi in verbinding getree sodat ons nou ʼn amptelike doodsertifikaat kan verkry om te begin om die boedel af te handel. Hy het onderneem om dit voor Vrydag te doen,” het sy gesê.

Anisha se familie het reeds in Maart vir haar ʼn roudiens gehou, wetend dat die DNS-uitslae nog nie gereed was nie. Die rede daarvoor was dat Tanya en haar man Schalk, Anisha se jonger broer, Australië toe emigreer. Joey se familie wou egter wag totdat die DNS-uitslae amptelik is.

Ao. Mpeile Talane, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die DNS-uitslae wel aandui dat dit dié van Anisha is.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief wat dit die families aangedoen het. Dit was ʼn fout wat die dag van die uitspraak gemaak is,” het Talane gesê.

Talane kon nie uitbrei of daar nog toetse gedoen word om vas te stel of daar DNS van Joey verwag word nie.

“Die saak is sub judice en daarom mag ons nie verder oor die ondersoek uitbrei nie. Al wat ons kan bevestig is dat die ondersoek steeds voortduur,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Joey en Anisha, wat drie jaar getroud was, is op 10 Desember omstreeks 07:30 die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe gewoon het. Hulle was op pad na Pretoria, maar het nie hul eindbestemming bereik nie.

Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is later in die Magaliesburg-omgewing gevind. Weke later is verbrande beendere gevind wat die polisie vermoed moontlik die oorskot van Anisha en Joey kan wees. Die beendere is vir DNS-toetse gestuur.

Die beskuldigdes moet weer op 25 Mei in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Joey en Anisha van Niekerk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

WAT? Verkeerd gelees…??????????

Welkom in die onbevoegdheid van die nuwe SA..

Sorreeee….BELAGLIK

Hannelie ·

Ek voel ook so Johann dis BELAGLIK. Duidelik moet van hierdie “geleerde” mense ABET klasse bywoon. Sterkte aan die familie wat nou nog nie afsluiting kon kry nie. En dis nie eens ‘n klein fout nie, die ‘n helse GROOT fout!!! Ek sou die een wat die versprei het aankla.

pieter ·

Onbevoeg is nie die woord wat dadelik by my opkom nie ,maar net nog n bewys hoekom misdaad in suid afrika so goed vaar.

Linda van Mosselbaai ·

My hart gaan uit na die naasbestaandes.
Ai, wat gaan aan in ons mooi land – om sulke foute te begaan …………..

Theresa B ·

Goeie hemel tog. Kan daar nie eers net reg gewerk word met DNS toetse nie. Is hier enige iets in die hele land wat reg werk??? Dit maak ‘n mens siek.

White Rhino ·

Ek is nie verbaas nie want onbevoegdheid is aan die orde van die dag.
Jy mag net die werk kry en doen indien jy 100 % onbevoeg is – anders nie.
Ek sal ook nie verbaas wees indien almal onskuldig bevind word nie.

Penelope ·

Die arme familie, wat nou nog? Ons dink steeds aan die families.
Ek hoop regtig daar word opgetree teen die onbevoegde persoon. Hy hoort nie in die beroep nie…. fout of nie, as jy onseker is moet jy vra. En dan moet jy as deel van die publiek nog opkyk na so ‘n ongeskoolde in so ‘n belangrike posisie. Dit gaan my verstand te bowe…

Johan ·

Dis omdat was onbevoegde mense aangestel en bevorder word. Die wittes wat die werk kan doen en weet hoe om verslae behoorlik te kan lees, word maar net nie eenvoudig bevorder nie. Ek weet nie wat om verder te se nie.

PIPPIE LANGKOUS ·

“Julle mag nie verder uitbrei nie, want die saak is nog nie afgehandel nie”!!! Lagwekkend…Dis omdat julle die hele tyd aanmanings maak en nog ‘n forensiese report verkeerd lees ook!!!. Is julle tot enige iets in staat??? Nee, julle is totaal en al onbevoeg om julle werk te verrig!!!

Boeta ·

So lyk regstellende aksie. Geen kyk na ‘n aansoeker se kwalifikasies en ondervinding nie. Ek het dit self ervaar: gedurig is werk van my weerhou oor my ras én oor my 2 universiteitsgrade.
Uiteindelik het ek nie meer my 2 universiteitsgrade op my CV gemeld nie. Ek het in werksonderhoude gelieg in gesê ek was nie suksesvol op universiteit nie. En, baie vreemd, toe kry ek weer ordentlike werk.

Veritas ·

Nou wonder mens instinktief of daar nie fout met die toetse begaan is nie. Wat is moeiliker, om DNS toetse te doen of om te lees? M.a.w., waar is die grootste kans vir ‘n faux pas?

pieter ·

Volgens die hoof van polisie is 40% ongeletterd en kan nie lees of skryf waar val hy in ?

lv ·

Pateties.Toe ek met die begin van hierdie saak gese het basiese speurwerk word nie gedoen nie,was daar heelwat negatiewe kommentaar.As ek die saak so volg en ook hierdie nuutste flater,dan staan ek nog steeds by my standpunt.Wat sou die effek wees as Kol Nkosi hierdie fout in sy getuienis in die hof maak?

kas ·

lv,dit klink miskien soos ‘n klein foutjie maar ek glo dit kan die saak baie nadelig beinvloed as hy so ‘n fout in die hof sou maak en die verdediging sal dit terdee uitbuit.Om die waarheid te se ek glo daar is klaar verwarring geskep.Weet hulle regtig wie se DNS is beskikbaar.

anton ·

Ja gelukkig is daar mense wat van die onbevoegdheid weet sedert 1994.
Party mense glo mos as sekere mense in sekere poste is, moet hulle die pos kan volstaan want hulle het mos n matriek sertifikaat in die hand. Dan praat ons nie eers van n Graad of Diploma nie.
Hoe sê die spreekwoord? In die land van die blindes, is die een oog koning.

kas ·

Is beide oorledenes se beendere gestuur vir DNS toetse.Wat het dan van Joey se uitslae geword of is dit nog nie beskikbaar nie of het dit verlore geraak.Hoe kan ‘n kolonel so ‘n fout begaan en dan bloot net jammer se.As Joey se uitslae dan nie bekend is nie gaan dit die gang van die hofsaak verander of sal omstandigheids getuies genoeg wees om te vervolg.Kan regsgeleerdes hulle kennis met ons deel.

Koos B ·

Ek glo dit was doelbewus om alles te laat uitrek.Ek glo ook as dit nie blanke persone was wat vermoor was sou daar nie so ‘n fout gewees het nie.Is hy ooit aangekla vir die voorval ?

treurgrond ·

You have got to be kidding me – ek praat nou in Engels dit uit – ek is kwaad waar ek hier sit.

Wonder ·

Wonder wat volgende! Wonder by wie en waar kan ons kinders in die toekoms gaan leer om hierdie ding korrek te leer.

Theresa ·

Gaan die “foutjie” afgeskryf word en so gelaat word??? Onbevoegdheid van wie dit ookal moes doen. Hopeloos. Nee, dit is nie ‘n toets vir laerskool nie – wat weer geleer kan word en oorgedoen kan word sonder REPURKUSSIES nie. Wie was die een wat die fout gemaak het? Wat is gedoen daaraan? Mens kan geen vertroue in enige deel van enige “system” meer he nie. Nou rek die lyding van die wat agtergebly het langer uit. Pateties.

Rerig ·

As mens kyk dat die slaagsyfer vir matriek deesdae 30% is, is dit nou nie juis ‘n kuns om matriek te hê. So 70% weet jy NIE, so jy kan nie ‘n verslag reg lees nie, jy kan nie jou werk reg doen nie. As jy net 30% van jou werk doen, het jy mos geslaag. Dis absoluut scary

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.