Mooinooi-vroue glo ure aaneen gemartel

Joey van Niekerk en Anisha van Niekerk. Foto: Via Facebook

Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk, die twee vroue van Mooinooi in Noordwes wat op 10 Desember spoorloos verdwyn het, is glo in ʼn skeepsvraghouer toegesluit en vir ure aaneen gemartel voordat hulle koelbloedig vermoor is.

Wynand van Niekerk, Anisha se broer, het Sondag aan Maroela Media gesê die hele Van Niekerk-gesin het die afgelope week ʼn polisie-voorligtingsessie bygewoon waartydens die polisie die gesin op die hoogte gebring het van die jongste inligting wat die ondersoek tot dusver opgelewer het.

Van Niekerk sê dit was ysingwekkend om aan te hoor hoe die egpaar gemartel is.

Volgens die polisie se voorligtingsessie is die vroue die dag van hul verdwyning uit die werkswinkel op hul kleinhoewe “gelok” voordat hulle oorval en toe ontvoer is. Hulle is daarna glo na ʼn kleinhoewe van een van die verdagtes gevat waar hulle in ʼn skeepsvrag “opgehang is” – vermoedelik deur hul hande na bo vas te bind – en toe gemartel en waarskynlik ook verkrag is.

Die polisie het aan Van Niekerk gesê die dubbelmoord hou vermoedelik verband met ʼn eiendomsgeskil. Een van die sewe verdagtes wat Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn het in verband met die moord op die egpaar, wou glo die grond by hulle koop.

“Al die inligting is nog nie aan ons bekend nie. Wat die polisie aan ons vertel het, is dat hulle in daardie skeepsvraghouer gemartel en gedreig is om ʼn kontrak van die verdagtes te teken wat die grond aan hulle sou bemaak. Die verdagtes het ook tydens dié marteling hul PIN-kodes vir hul bankkaarte by hulle gekry, want een van die verdagtes het daardie aand nog probeer om geld uit Anisha se rekening te onttrek.”

Volgens die voorligtingsessie het een van die verdagtes die dag ná die egpaar se verdwyning gesê dat hy reeds ʼn kontrak met hulle beklink het en dat die grond dus aan hom behoort. Die verdagte het ook ʼn kontrak aan Van Niekerk gewys wat glo deur Anisha onderteken is. Van Niekerk sê kort ná die verdagte in hegtenis geneem is, het hy ʼn dagboek gekry waar Anisha se handtekening geoefen is. Die polisie kon ook nog steeds geen teken van die sogenaamde transaksie opspoor nie.

“Die verdagtes het waarskynlik gedink dat hulle na die polisie sou gaan, en hulle is dus ná die ure lange martelsessie doodgemaak. Volgens die polisie is hul liggame toe na ʼn spruit in die omgewing gesleep waar die verdagtes na bewering hul liggame verbrand het. Die polisie praat wel van beendere wat gevind is, en dis waarskynlik omdat ʼn baie warm vuur nodig is om sekere bene te verbrand, en dís waarskynlik die beendere van Joey en Anisha.”

Aaron Sithole (23), Alex Mudau (36), Moses Rakubu (33), Koos Strydom (53), Vincent Strydom (29), Maruschka Opperman (18) en Jack Mokotedi het op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg verskyn in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Joey en Anisha is op 10 Desember omstreeks 07:30 die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe woon. Hulle was op pad na Pretoria om Joey se pa se roudiens by te woon, maar het nie hul eindbestemming bereik nie en is sedertdien nie weer gewaar nie.

Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is later in die Magaliesburg-omgewing gevind. Vroeër vandeesweek is beendere gevind wat die polisie vermoed moontlik die oorskot van Anisha en Joey kan wees. Die beendere is vir forensiese toetse gestuur om die oorsprong daarvan te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Coreen ·

En so kom die waarheid altyd uit .. maak nie saak hoelank dit neem .. dankie aandie broer om die gebere met MM te deel en met die lesers .. sterkte

honourable member ·

Wat is so belangrik aan die stuk grond dat die arme vrouens op so manier moes sterf.

PJC ·

Daar behoort geen simpatie of genade vir hierdie klomp te wees nie.

KG ·

Hoe lewe jy saam met jouself na jy so iets gedoen het??? Hoe wreed kan mens nie wees nie. Nee aarde man jy kan mos nie ‘n mens wees nie!!! Geen tronkstraf kan ooit geregtigheid laat geskied nie. Hierdie is wreder as wreed!!

Mags ·

Liewe genade ek kry koue rillings. Wat word van ons wereld.
Dis net boosheid wat so iets doen

Helene ·

Ek het nie woorde nie!! Grusaam, om dit sagkens te stel!! Mag hulle nooit vrygelaat word nie. “Evil personified!!

Ada ·

Mariaan ek stem saammet jou
Aan die familie en vriende wil ek sterkte toewens.Ek dink aan julle

Dereck Le Roux. ·

Die leuen het spoed maar die waarheid het uithouvermoe.

Petro ·

So jammer vir die families..ons dink aan julle. Dis onmenslik wreed. Ons huil saam met julle. RIV Joey en Anisha…julle het dit nie verdien nie.

Mariaan ·

Skokkend! Waardeur moes die arme vroue nie gaan nie…ag nee sies man…mag geregtigheid geskied…..sterkte aan die familie wat hierdie tragedie moet verwerk…tragies!

Linda Brandt ·

Dis soos ‘n mafia movie!! genade maar die mense is wreed!!!!

Riette ·

Die hartseerste hartseer, hoe kan die familie hierdeur kom? Net met ons gebede, mag hulle sag rus na die onbeskryflike wat hulle moes deurmaak.
Dankie saps dat julle so vinnig die skuldiges bymekaargemaak het.
Sterkte aan elkeen betrokke by dié afgryslike gebeurtenis.

jannie ·

somtyds wens ek hulle kan die misdadigers straf erger as wat hulle aan andeder gedoen het. Tronkstraf is net te lig

tamboti ·

Ja Jannie en as jy met hul klaar is – dan gee jy my ‘n beurt.
Wanneer die straf erger is as die oortreding word dit eers waarlik ‘n afskrikmiddel!

ELSA ·

WREED,WREED – HUL VERDIEN DIT NIE…STERKTE AAN FAMILIE EN VRIENDE

Elsa ·

Ons gebedes is om die famalies van die 2 vroue, hierdie saak is vinnig opgevolg en daarvoor is ons dankbaar dat die boewe wel aangekeer is , en ook die prys gaan betaal vir hul onmenslikheid teen 2 vroue…

Doodstraf doodstraf doodstraf ·

Net die doodstraf is goed genoeg vir sulke eenvoudige wrede moordenaars. Dat jy regtig nog in vandag se tyd kan dink, jy kan iemand martel, hul ‘n koop dokument laat onderteken en hul dan wil laat verdwyn. Regtig om so brein so groot soos ‘n ertjie te kry, moet jy hom opblaas, daar is boggerol binne. Aan die familie van hierdie pragtige mense, baie sterkte, mag ten minste geregtigheid vir jul dierbares geskied, mens weet dit kan hul nie terugbring, maar hul kan nie so wreed sterf en sulke kriminele kom weg met die wreedheid.

Mari ·

Dis absoluut skokkend! Ek het geen benul hoe ‘n familie sulke trauma moet deurwerk nie. So baie sterkte aan almal wat geraak het deur hul dood.

fm ·

Hierdie is een van die ergste wreedhede wat deur mense gepleeg is wat ek nog gelees het. Rus in vrede Anisha en Joey. Julle het nou nie meer enige marteling, verkragting, angs en vrees nie. Baie sterkte aan hulle familie en geliefdes wat hierdie onbeskryflike trauma moet verwerk – hoe weet ek nie. Ek hoop dat hierdie wreedaards nie sal loskom nie.

Jip ·

Jip en dit is nie die probleem hier nie, hulle was goeie mense, dit is die wrede mishandeling en moord is en dan daarna die wat dit gedoen het en hul grond wat die gemors op die oneerlikste eenvoudigste manier wou bekom.

Molleen ·

Ek wil net weet wat gaan op die beskuldigde se plaas aan dat die werkers hom gehelp het ?? Slawehandel , ..mishandeling,,,,,,, klink soos die Modimolle monster

Niklaas ·

Hierdie sinnelose optrede van besondere wrede mense verstom mens. Daar is nie woorde vir sulke aaklighede weens gulsigheid nie. Hul gun hul medemens niks en wou daai arme dames se besitting , die grond , met marteling afpers en maklik bekom. Dan het vele werkers hul prys en skroom nie om teen betaling te help martel nie. Mag hul straf op aarde nie te lig wees nie.

Mari Vrede ·

Sterkte vir die familie. Ek hoop dat Joey en Anisha in hulle laaste oomblikke vir mekaar kon sterk wees. Ek sal nooit verstaan hoe enige mens se nood vir eiendom en geld so sterk kan wees dat hulle ander mense leed kan aandoen. Shameful shameful!!!

Lion ·

Is die 53 jarige nie getroud nie? waar is die sak of die gelde wat die beskuldige beweer hy reeds aan die slagoffers gegee het. Hier moet meer misdadigers wees. Laat geregtigheid geskied!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.