Mooinooi-vroue se verdwyning: Polisie soek na dié vrou

Die vrou kan moontlik die polisie bystaan in hul ondersoek.

Die Mooinooi-polisie in Noordwes is op soek na ʼn 21-jarige vrou wat hulle waarskynlik kan bystaan in hul ondersoek na die verdwyning en vermoedelike moord op Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die polisie is op soek na Mercia Witney van Rooi aangesien sy die polisie moontlik kan bystaan met inligting in verband met die saak.

Familielede van Anisha en Joey het ook ʼn beloning van R5 000 uitgeloof vir enigiemand met inligting wat kan help dat Van Rooi opgespoor kan word.

Maroela Media het vroeër berig Joey en Anisha is op 10 Desember omstreeks 07:30 die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe woon. Hulle was op pad na Pretoria om Joey se pa se roudiens by te woon, maar het nie hul eindbestemming bereik nie.

Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is later in die Magaliesburg-omgewing gevind. Verlede week is beendere gevind wat die polisie vermoed moontlik die oorskot van Anisha en Joey kan wees. Die beendere is vir DNS-toetse gestuur om die oorsprong daarvan te bevestig.

Altesaam sewe verdagtes is in verskillende tye in Desember ná die vroue se verdwyning in hegtenis geneem op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg. Persoonlike besittings, waaronder die vroue se bankkaarte, is in van die verdagtes se besit gevind toe hulle in hegtenis geneem is.

Aaron Sithole (23), Alex Mudau (36), Moses Rakubu (33), Koos Strydom (53), Vincent Strydom (29), Maruschka Opperman (18) en Jack Mokotedi het reeds in die Brits-landdroshof verskyn.

Mokotedi se naam is voorheen weerhou omdat daar onsekerheid was of hy minderjarig is of nie, maar die staatsaanklaer in die saak het intussen bevestig dat hy nie minderjarig is nie.

Van die verdagtes gaan na verwagting ook van verkragting aangekla word nadat dit aan die lig gekom het dat Joey en Anisha glo ure lank gemartel en ook verkrag is. Die motief vir die voorval hou moontlik verband met ʼn eiendomsgeskil. Een van die beweerde moordenaars wou die vroue glo dwing om dokumente te teken wat hul kleinhoewe aan hom oordra.

Die sewe verdagtes is steeds in aanhouding en moet Woensdag weer in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Mense met meer inligting oor waar Van Rooi haar moontlik bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Christiaan Robinson, by 082 643 6137 of 014 574 5000 te bel, of andersins die polisie by 082 337 3052 of 082 855 0397.

Lees die vorige berigte oor Joey en Anisha van Niekerk op Maroela Media.

Joey en Anisha van Niekerk (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Chilli ·

Ek verstaan ook nie patrys hoe kan jy iemand net toesluit en martel en verkrag en dan nog veemoor ook, NET mense van die duiwelbesete kan so ietsdoen julle gaan nie hiermee wegkom nie!! Dis verseker julle dink niemand sien nie maar onse God sien en weet bekeeer julle tog mense gryp na jou bybel lees hom leer hom aanbid onse God en Jesus dis die enisgte uitweg om te oorleef

Drikus ·

Maroela Media, dankie dat julle ons op hoogte hou. Laat weet ons asb sodra die nuutste verdagte gevind is. Die skurke behoort nie ruimte gegun word om die SAPD langer aan ‘n lyntjie te hou nie. Ek is seker u lesers sal bydra tot ‘n groter beloning as nog verdagtes gesoek word.

ai ·

stem al ruimte wat hul moet he, is in die buitenste ruimste waar geen suurstof is nie

Elsa ·

Dankbaar dat die saak so vinnig vorder en die gesoekte vrou sal ook aangekeer word, puik werk Polisie…ons gebedes is om die familie van die 2 vroue en soos die verdagtes groei in die saak sal hul die prys betaal vir hierdie gruweldaad…kan nie wegkom , NIEMAND, met sulke onmenslikheid nie

Theresa B ·

Almal het mal geword!! Niemand kan meer rustig sit en redeneer of ‘n saak/probleem bespreek soos normale mense nie. Dis vreeslik.

Veritas ·

Die hele episode klink onmoontlik. Dat soveel siek mense bymekaar kon kom om hierdie gruweldade uit te voer, gaan my verstand te bowe. Diegene wat so teen die doodstraf is, moet deur so’n daad getref word en dan sal ons sien hoe vinnig hulle van opinie verander. Ek ken nie die slagoffers nie maar ek haat die booswigte met ‘n passie as ek moet dink waardeur die meisies moes gaan. Die tyd het aangebreek dat voorstaanders van die doodstraf, ‘n georganiseerde aksie loods om dit weer op die wetboeke te kry.

Frikkie ·

Dit klink my dat die oorsaak van die probleem moontlik die grond onteiening sonder vergoeding kan wees en dat die ANC se politieke ouens wat hierdie gedagtes verbaal uitbraak ook in hegtenis geneem moet word.

Cedric ·

Frikkie, hoe is die traggiese gebeure te doen met ‘land restitution’…

regtig ·

Frikkie vir ‘n rukkie, ek stem saam Cedric -wat het dit met land restitution te doen?

Frikkie ·

Dit klink my dat die oorsaak van die probleem moontlik die grond onteiening sonder vergoeding kan wees en dat die politieke ouens wat hierdie gedagtes verbaal uitbraak ook in hegtenis geneem moet word.

Elma ·

Hoeveel mense was betrokke by die moord. Ongelooflik dat daar nog steeds gesoek word na mense wat betrokke was!!! Dit is seker die moord met die meeste verdagtes betrokke!

Osie ·

Frikkie, dit WIT ‘panelbeater’ was agter die grond aan( volgens berigte) die res het net gehelp met die moord. Nog die Regering of enige politieke party was deel vd afskuwelike daad

Steven ·

Erg, erg hartseer dat 2 sulke mooi jong mense wat baie geliefd was in die omgewing , so hul lewens moes verloor deur gierigheid. ‘n Couple duisend.
RIP Joey & Anisha

Piet ·

Osie ou Frik is dalk vinnig om die lyn te trek tussen grondherverdeling en hierdie moorde. Om egter te se dat die ANC niks met dit tedoen het nie is nie 100% akuraat nie. Mense word openlik aangepor deur die ANC om persone op hoewes en plase aan te val. Natuurlik is dit maklik vir ‘n siek blanke om mense te kry om sulke santans dade uit te voer. Mense op die plotte geniet geen beskerming nie. Die ANC sorg daarvoor.

Elisabeth Kruger ·

Ons Salueer die hele Polisiemag wat hierdie saak ondersoek, julle gee ons moed vir Suid-Afrika. Ek sak my kop in skaamte dat blankes deel hiervan is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.