Mooinooi-vroue: Verdagtes glo aangerand

Ondersteuners van Anisha en Joey buite die hof. Foto: ANA

Drie van die sewe mense wat in hegtenis geneem is in verband met die verdwyning van Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk van Mooinooi, beweer hulle is tydens hul inhegtenisnemings aangerand.

Die verdagtes, ses mans en ʼn 18-jarige vrou, het Woensdag weer in die Brits-landdroshof verskyn. Hulle het aanvanklik tereg gestaan op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg. Hulle name is aanvanklik genoem maar moet nou weerhou word, aangesien daar intussen ook ʼn klag van verkragting ondersoek word en hulle eers in die hof moet pleit.

Die hof was volgepak en belangstellendes het selfs in die gange gestaan. Familielede en belangegroepe het swart T-hemde gedra dra met die woorde “Geregtigheid vir Joey en Anisha” en “Geen Borg”.

Pontsho Raikane, een van die beskuldigdes se regverteenwoordiger, het aan die hof gesê sy een kliënt is erg aangerand en het inwendige beserings opgedoen en kon nie in die aande slaap nie. Dié beskuldigde is die beweerde meesterbrein agter die Van Niekerk-paartjie se verdwyning.

“Hy het ’n gebreekte vinger gehad. Hy was so erg aangerand dat daar bloed in sy urine was. Toe hy voorheen in die hof verskyn het, was die regterkant van sy gesig geswel en hy het ’n rooi oog gehad,” het Raikane gesê.

Raikane het gesê ten spyte van sy kliënt se beserings is die man nooit vir mediese behandeling geneem nie. Hy het bygevoeg een van die ander beskuldigdes, wat hy verteenwoordig, se pinkie is gebreek en ’n ander een is aangerand.

Landdros Semakaleng Thamage het beveel dat die ondersoekbeamptes die beskuldigdes binne twee dae vir mediese behandeling neem.

Die borgtogaansoeke is intussen tot Maandag uitgestel aangesien twee beskuldigdes se regverteenwoordigers nie voorbereid was nie. Die verdagtes bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig Joey en Anisha is op 10 Desember omstreeks 07:30 die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe woon. Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is later in die Magaliesburg-omgewing gevind. Verlede week is beendere gevind wat die polisie vermoed moontlik die oorskot van Anisha en Joey kan wees. Die beendere is vir DNS-toetse gestuur om die oorsprong daarvan te bevestig. Die uitslae van die toetse is nog gereed nie.

Dit het met nadere ondersoek aan die lig gekom dat Joey en Anisha glo ure lank in ʼn skeepsvraghouer gemartel en ook verkrag is. Die motief vir die voorval hou moontlik verband met ʼn eiendomsgeskil. Een van die beweerde moordenaars wou die vroue glo dwing om dokumente te teken wat hul kleinhoewe aan hom oordra.

Hieronder volg foto’s van die skeepsvraghouer waar die gru-dade glo gepleeg is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

PH ·

Ag shame!!!!! Wat moes Anisha en Joey deur gaan. Julle het te lig afgekom. Hulle moes julle nekke gebreek het.

Moeg ·

Die wereld draai, sneeuflokkiemenseregte om kriminele op te piep sal val, en onskuldiges sal beskerm word.

stukgemors ·

mens moet pasop vir wat jy se oor ek wit is…..maar kom ek se jou jy het lig van dit afgekom , sou jy borg kry dink ek jy moet gereeld oor jou skouer loer want jou dae is getel my vriende en vriendin…mag julle brand in hel…nee stadig op vrot en lei did julle voorland…

mag God se genade oor die twee wat moes lei dra…hulle sal julle wel sien ….en hulle gaan laaste lag..
die mans gaan seker ook nou se hulle is onskuldig ook….gee daai man se plot vir die werkers soos ons nuwe president intend to do!!!vir mahala…

Andries ·

Aag shame! nout hulle regte! Hoop daai regter sien deur hulle!!! Nous hulle nie meer so tuf nie, dink net wat daai twee arme vroue moes deurmaak, mister tuf guys!!!

Cor ·

Se eerder hulle is deur hulle medepligtiges aangerand omdat hulle uit gepraat het. Nou word dit gedraai en se ondersoek beamptes het hulle aangerand. Wil altyd net uitdeel , maar as hulle aan die ontvangkant is word hulle tjankbalies en die braafgeit is weg

LC ·

En hulle het die vermetelheid om te kla oor mishandeling na wat hulle aan daardie 2 mense gedoen het! Hoop Mercia het baie inligting….

Ma ·

Gaan my verstand te bowe.Hoe n mens n ander kan martel moor en verbrand en dan aandring op regte? Hulle het geen regte toe daai boeie om hulle voete vas gemaak is.Geen. Dankie!!

E.K. die eerste ·

Gryp na strooihalms. Dink jul gaan genade of simpatie so kry – werk nie so!Julle moes aan die gevolge van jul dade gedink het toe jul die vieslikhede gepleeg het.

Vermeende ·

Julle lewe in n droom, hierdie is SA, die land met die mees liberale konstetusie in die wereld, die enigste land waar n meerderheid teen n minderheid beskerm word, waar kriminele teen wetgahoorsames beskerm word.
Hierdie is Afrika, geregtigheid staan hier nie n kans nie!

Ss ·

Dit is n gegewe dat die SAPD se algehele hantering vd ondersoek in die hof onder die vergrootglas sal kom,dis die verskil tussen n wetstoepasser en n krimineel,eersgenoemde moet ten alle tye profesioneel optree,ongeag die druk en uitdagings

Poot ·

Ss
Daar is ook natuurlik dir kwessie van verset teen arrestasie. Wat natuurlik “profesioneel” oorkom kan word.

Antoinette ·

Hulle moet skuldig wees as dit al is waaroor hulle kla!!!

…..te kort aan slaap…n gebreekte pinkie…?????

Asmain ·

Ag siestog…dis die oudste storie in die boek van slim prokureurs…. het seker gesien daar is nie n manier wat sy kliente gaan loskom nie…

Elsa ·

Te laat heelaas te laat vir verskonings, skuldiges sal die volle prys betaal, nie een uitgesonder, hul planne en leuens draai hul net stywer vas
Die regters het wysheid en kan nie omgekoop word nie, so die bose mense en hul regsverteenwoordigers staan op sand

Lola ·

Snert storie. Die verdagtes het my ouers se bure ook beskuldig van aanranding. Hulle was onwettig op die bure se grond en toe hy hulle wegjaag toe word hy ook vals beskuldig. Hierdie mense is gemors.

Ray ·

Wil nie in die verlede rondhang nie, maar ek dink ons het nodig om te kyk na die doodskis saak waar die 2 mans tronkstraf gekry het en die hoof rede is dat basiese mense regte geskaad is deur iemand in ‘n kis te druk. Ek dink in die geval was dit baie erger om die twee vrou in die stoor te hang en te martel, so voor vonnis sal ek alreeds se hulle moet ten minste 20 jaar kry net daarvoor. Ek hoop die aanklaer oorweeg dit as ‘n voorbeeld.

fm ·

Hierdie is erg ontstellend. Die oorledenes het deur erge hel gegaan en was weerloos uitgelewer aan julle (die beskuldiges) wreedheid en onmenslikheid. Mag julle kry wat julle toekom sonder enige genade. Mense doen nie sulke gruwels aan ander mense nie.

Gesiggie ·

Raak gewoond daar aan… Min slaap en n gebreekte pinkie is nie die laaste vir jou…. daar wag baie meer as dit vir jul almal wat verantwoordlik is vir die marteling en wreede manier hoe jul die twee pragtigge mense se lewe geneem het.. niemand gaan jul bejammer , maak nie saak hoe erg jul gemartel word in die tronk…. om net na die foto’s te kyk onstel my ”’ ek kan net dink wat hul moes deurmaak… laat hul wat skuldig is kry wat hul verdien… sterkte aan die Familie en vriende van Joey en Anisha.. mag God ul dra deur die moelikke tyd.

Britsie ·

Hoe durf die brawe manne kla dat hulle aangerand is, die brawe manne het hulle nie gesteur aan die weerlose vroue se smekings toe hulle die aanrandings, verkragtings en moorde gepleeg het nie!! Kry vir julle, hoop daar kom nog baie meer na julle kant toe!!!!

WP ·

Hulle verdien GEEN genade nie. Suiwer boosheid. Hulle behoort nie in die samelewing nie.

Ek wil nie in vandag se tyd n polisie beampte wees nie. Ek haal my hoed af vir julle wat hart en siel julle taak doen. Moenie dat hierdie skurke wegkom nie asb.

Leeu ·

SHAMEPIES!!! Jul verdien die ergste wat daar is, en ek hoop jul leef tot in jul 90’s dat julle kan suffer viraltyd.

Hannetjie Harvie ·

Mooi so, wie hulle ookal aangerand het verdien n medalje, maak die goed stadig dood. Hulle verdien dit

NICKEY / GAUTENG ·

Nou hoe dan nou? Hulle was sewe mans teenoor twee ongewapende vroue…. toe het hulle nie gedink nie…… Hulle moet maar uit die storte bly,,,, kry vir julle en hou op kerm.
As jy kan uitdeel, moet kan vat wat na jou toe kom. Julle het gemoor….. jare gelede sou julle aan jul nekke geswaai het.

Elvira Bothma ·

Hoekom kry ek nou weer die gevoel dat die verdagtes simpatie soek. Mag hulle doen wat hulle wil ? Solank daar net nie aan hulle menseregte geraak word nie ne? Kriminele het meer regte as slagoffers in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.