Mooinooi-vroue: Verhoor begin

Van links is Mercia Strydom, Alex Modau en Koos Strydom tussen die twee Mosambiekse broers wie se identiteite weerhou moet word. Foto: Mia Spies/eNuus

Die verhoor van die vyf mense wat beskuldig word van die opspraakwekkende moord op twee vroue van Mooinooi in Noordwes sal vandag in die hooggeregshof in Pretoria begin.

Koos Strydom (52), sy vrou Mercia Strydom (22), Alex Modau (36) en twee Mosambiekse broers, onderskeidelik 18 en 25 jaar oud, staan tereg op aanklagte van die ontvoering van en moord op Joey (32) en Anisha (30) van Niekerk. Die verhoor is van 11 tot 29 Maart op die hofrol geplaas.

Die twee Mosambiekers staan ook tereg op aanklag van verkragting en hul name kan daarom nie genoem word voordat hulle gepleit het nie. Hulle sal geleentheid gegee word om te pleit wanneer die verhoor begin.

Die Van Niekerk-egpaar het in Desember 2017 spoorloos verdwyn uit die huis waarin hulle gewoon het op ʼn kleinhoewe in die Mooinooi-omgewing. ʼn Soektog na die vroue is van stapel gestuur en ongeveer ʼn week later is die twee vroue se wit Nissan X-trail-sportnutsvoertuig is in die Magaliesburg-omgewing gevind.

Teen daardie tyd was drie mans reeds in verband met die vroue se verdwyning in hegtenis geneem. Daar is uiteindelik agt mense aangekla vir die moord op die Van Niekerk-egpaar, maar aanklagte teen Maroeca Opperman, Moses Rakubu en Vincent Strydom is in Augustus 2018 teruggetrek.

In die akte van beskuldiging voer die staat aan dat Koos Strydom die baasbrein agter die Van Niekerk-egpaar se moord was. Volgens die staat het Koos ʼn winkel op Joey en Anisha se kleinhoewe gehuur. Hy wou die kleinhoewe by die vroue koop en het ʼn koopkontrak laat optrek.

Koos Strydom in die hooggeregshof in Mogwase (18 September 2018). Foto: Landi Slatter

Die staat voer aan Koos het besluit dat Anisha gedwing moes word om die koopkontrak te onderteken. “Die beskuldigde se voorneme was dat albei die oorledenes vermoor sal word nadat die kontrak geteken is. Die beskuldigde het die ander beskuldigdes vir hierdie doel genader om hom te help,” lui die akte.

Op 10 Desember 2017 is Joey en Anisha na Koos se plaas. Hier is Anisha volgens die staat gedwing om die kontrak te teken voordat die twee vroue “brutaal aangerand en uiteindelik vermoor is”.

Die twee Mosambiekse broers, Modau en Koos is tans in aanhouding, terwyl Mercia vroeër op borgtog van R20 000 vrygelaat is.

Koos en een van die Mosambiekse broers staan ook tereg vir die moord op Mandie Jansen van Rensburg, wat in Junie 2014 doodgeskiet is in ʼn voorval wat aanvanklik as ʼn plaasaanval bestempel is. Strydom en sy medebeskuldigde het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Veritas ·

Minstens twee vroue vermoor en die lewe van sy jong vrou verwoes. Dit natuurlik net as hy skuldig is, soos dit blyk uit die weiering van borg. Vir die twee wat vir verkragting aangekla is, moet daar géén genade wees nie.
Hopelik het die staat ‘n ervare, bekwame aanklaer aangestel om hierdie saak te hanteer.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Baie sterkte,aan die oorledenes, se familie ? mag reg en geregtigheid nou uiteindelik geskied…
Planeet aarde,sal inderdaad ñ beter plek sonder dié koelbloedige boosdoeners wees

Oujongvrou ·

Selfs die doodstraf sou n te ligte straf vir sommige mense wees. Die duiwel wil hulle nie eers he nie , so boos is hulle!!!

Gert van Wierdapark ·

Dis jammer dat daar soveel tyd en geld agter beskuldigdes aangegooi moet word! ‘n Mynskag sou ook kon dien of’ n poel vol pirannas!

Heksie ·

Net sy gesig walg my … mag julle die straf kry wat julle verdien!

Frikkie Geld en huis ·

Heksie, hy’s miskien nie die soetste seun in die land nie, maar dis nie nodig om hom persoonlik aan te val nie.

Cherokee ·

Ó.. sy moet hom nie persoonlik aanval nie? Hoekom nie? Indoen hy skuldig is, is dit juis sy persoonlikheid wat dit gedoen het. Hy persoonlik wat dit gedoen het.

Helene Heyns ·

Heksie ek gril as net sy foto sien. Nou Frikkie Geld en Huis hoekom sou jy so vir hom skerm? Sou hy skuldig wees verdien hy die ergste straf wat moontlik is. Selfs die doodstraf sou te lig wees.

linda limbo ·

Dit gaan ‘n swaar en hartseer proses wees, baie baie sterkte vir die vriende & familie.
hoeveel mense het Koos regtig al in sy lewe vermoor, mag die Hof al sy sondes uitbring.

PS graag wil ek net noem, dat dit sulke wreede goed is wat veroorsaak dat die aliens
ons nooit gaan kom red uit Suid Afrika!

Klomp aaklige moordenaars ·

Mag geregtigheid geskied. Nogmaals baie sterkte aan die geliefdes van die oorledene.

Chris ·

Ek sal gladnie verbaas wees as die saak om een of ander simpel rede uitgestel word nie. Dis mos hoe die howe operate deesdae. Intussen word die regsgelui se sakke net voller en voller.

LD ·

@Frikkie Geld en huis – elkeen is geregtig op sy/ haar opinie! En ek stem saam @Heksie, hys voorwaar ñ aaklige mens! Binne en buite! En terloops, het jy gesien wie sy vrou is?? Meng jou met die semels en die varke vreet jou op!! Mag hulle die straf kry wat hulle verdien!!

KaterinaKat ·

Wat het die feit dat sy vrou n kleurling is,daarmee te doen? Waarskynlik is Sy die een wat Haar met n semel gemeng het, hy is baie ouer as sy en moes van beter geweet het!!

Nadia ·

In die eerste plek kan ek nie dink dat die 22 jarige met ‘n gesonde verstand haar lewe so verwoes het nie – die ou toppie se geld het klappe op haar oe gesit.. 2 meisies se lewe is van hulle ontneem. Geld is ‘n probleem in ons land, enige iemand sal enige iets doen vir ‘n paar rand en ‘n stuk grond

MdW ·

stem saam Heksie, Cherokee, LD en Nadia, dit is nie die eerste keer vir Koos nie en as die jong vrou haar huiswerk gedoen het, sou sy van beter geweet het, maar ou bokke soek mos jong blare wat hul laat oorreed, en is hy nie ‘n sening van ‘n bose bok nie

LD ·

KaterinaKat – sy is ook oud genoeg! Maar soos ek gesê het, elkeen het sy/haar eie opinie! En dis my opinie! Net soos jy joune het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.