Mooiplaats-moorde: Niemand nog vas

Die Swanepoel-egpaar se huis is sowat 'n kilometer van die Boschkop-polisiestasie. Foto: Google Street View

Die Swanepoel-egpaar se huis is sowat ‘n kilometer van die Boschkop-polisiestasie. Foto: Google Street View

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die moord op ‘n bejaarde egpaar in hul huis op ‘n kleinhoewe by Mooiplaats, oos van Pretoria.

Maroela Media het gister berig dat Johan Swanepoel Vrydagmiddag op sy ouers se liggame afgekom het. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie, die polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat hulle bewysstukke op die toneel bymekaar gemaak het,” sê kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie.

Swanepoel het sy ma, Sandra (80), se liggaam in die gang naby die agterdeur gevind. Van der Merwe sê sy het ‘n koeëlwond aan haar kop gehad. Louis Swanepoel (82) se liggaam is in die slaapkamer gevind. Van der Merwe sê hy het geen sigbare wonde gehad nie. Die polisie het ‘n vuurwapen in die studeerkamer gevind. Van der Merwe sê niks is gesteel en dat daar geen gedwonge toegang was nie.

Die egpaar se seun het saam met hulle in die huis gewoon. Hy het Vrydag vroegoggend die huis verlaat en omstreeks 12:30 teruggekeer waarna hy op sy ouers se liggame afgekom het. Van der Merwe het vroeër aan Maroela Media gesê die polisie wag op die uitslae van forensiese toetse.

Lees ook:
Seun kom op ouers se liggame af

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.