‘Moontlik gevaarlike misdadiger’ ontsnap uit aanhouding

Argieffoto: ANA.

Die polisie in Haenertsburg in Limpopo is steeds op die spoor van ’n verdagte nadat hy oor die naweek uit aanhouding ontsnap het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die polisie het Sondag omstreeks 17:40 hul rondes in die aanhoudingselle van die plaaslike polisiestasie gedoen toe Ashley Gundani (21) daarin kon slaag om uit die selle te ontsnap.

Gundani is vroeër in hegtenis geneem op aanklagte van huisbraak, verkragting en ontvoering en is tans verhoorafwagtend.

Volgens Ngoepe word Gundani as ’n moontlik gevaarlike misdadiger beskou.

Die omstandighede rakende Gundani se ontsnapping word ondersoek.

Ngoepe het ’n beroep op mense gedoen om enige inligting oor waar Gundani hom dalk bevind by AO Andrew Ngamuni, 082 414 3031, of Stop Misdaad, 08600 10111, aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Moontlik gevaarlik? So wanneer is een NIE gevaarlik nie en BESLIS gevaarlik? Net sodat ons self weet wat ons klasifikasie is as ons bv. nie ‘n masker dra nie?

Persheks Adri ·

Maak plek vir die kaders! Whoop whoop!

Hoe gebeur dit? Genade dis om van mal te raak as jy sien het iemand ontsnap sommer net so. Julle is voorwaar ‘n grap en dit sê ek met BAIE sarkasme. Niks werk in die regering nie nog minder groot hoed se mense eish!

Thea ·

Die berig se opskrif is nie vir my reg nie… Hy moes eerder lees “Gevaarlike misdadiger gedurende die naweek uit aanhouding gehelp”,,, Hy word aangekla van ondermeer verkragting en hy is ‘n MOONLIKE GEVAARLIKE MISDADIGER!!! Ons almal weet al dat die siele nie ontsnap nie, hulle betaal ‘n fooitjie en daar gaan hy! Geen nikse ontsnapping nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.